Wynand Strydom keer terug na sy hart met sy nuwe enkelsnit

Wynand Strydom is ‘n Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer wat al jare lank ‘n standvastige plek in die harte van Suid-Afrikaners het. Met sy unieke styl en emosionele musiek het hy vir homself ‘n plek in die Afrikaanse musiekbedryf verwerf. Sy nuutste enkelsnit, “Terug Na Jou,” is ‘n liedjie wat beslis ‘n blywende indruk sal maak[…]

Saarkie is terug met nuwe rnkelsnit – ‘Rondomtalie’

SAARKIE, Suid-Afrika se gunsteling-rockgroep, het al diep spore in die musiekbedryf getrap, en hierdie Vrouemaand het dié musikante meer as een rede om fees te vier. Nie net kan hulle weer vrylik voor groot gehore optree en het hulle skoonskip gemaak by die onlangse Afri-Indie Onafhanklike Kunstenaartoekennings nie, maar hulle nuutste enkelsnit en musiekvideo is[…]

Victor Bravo moedig luisteraars aan om nie moed op te gee nie – ‘Solank die liefde bly’

Die wêreld het die afgelope paar jaar donker tye beleef waarin dit moeilik was om positief te bly. Tye waarin geliefdes gesterf het, huwelike verbrokkel het, werke en inkomstes verloor is en baie mense lus was om op te gee. Met genade van bo, het die meeste van ons heel aan die ander kant uitgekom[…]

Fransien Scott met nuwe enkelnit – ‘Die Wind Het Kom Waai’

“Dit gaan oor die ongelooflike ommekeer en oomblik waar ’n hart kon losmaak van iemand wat eens baie spesiaal was, maar so desperaat was vir bevryding daarvan,” verklap Fransien Scott oor die betekenis agter haar nuutste ballade wat pas vrygestel is. WIND HET KOM WAAI, wat deur dié musikant self geskryf en deur Helmut Meijer[…]

Stiaan Reynierse in terug met nuwe enkelnit, maar wie is Stiaan?

Met talent wat jou in jou spore laat stop, sing Stiaan Reynierse behoorlik die verhoë aan die brand met sy rasperstem. Hy’s ‘n woordsmous en Rocker. Stiaan is eksentriek en uniek. Sy musiek – meesterlik en meerdimensioneel. Hy is vreesloos en vindingryk. Sy snare sny deur jou siel en sy stem skeur stukke uit jou[…]

Jacques en Liezel moedig luisteraars aan om op God te vertrou met hul hartroerende lied, ‘Vashou’.

“Om in alle tye en omstandighede op te kyk na God en vas te hou aan waar ons hulp vandaan kom,” sê Jacques en Liezel oor die inspirasie en betekenis agter hulle nuwe enkelsnit, VASHOU. Volgens dié talentvolle duo, wat vanjaar vir vyf Afri-Indie Onafhanklike Musiektoekennings benoem is, is hierdie kontemporêre geestelike snit geskryf om[…]

Sanet Lambrechts moedig luisteraars aan om net hulself te wees in nuwe enkelsnit, ‘Binne En Buite’.

Sanet Lambrechts is ’n gesoute sanger en liedjieskrywer van Namibië wat sedert 2013 al diep spore in die Afrikaanse musiekbedryf getrap het. Op ses-en-veertig spog sy reeds met drie ATKV-toekennings, vier suksesvolle albums, treffers op Suid-Afrikaanse, Namibiese, Japanese en Amerikaanse radiostasies en ’n temalied vir die kykNET-program, Sing in Harmonie. Sy is doelgerig om mense[…]

Ray Dylan vier Theuns Jordaan en die liefde met ‘n nuwe enkelsnit uit sy pen!

“Ek het hierdie liedjie vir ’n groot mentor in my lewe, Theuns Jordaan, geskryf om op te neem wat hy nooit kans gekry het om te doen nie. Omdat dit goeie reaksie uitgelok het op konserte, het ek dit voor sy afsterwe opgeneem en om dit nou te kan vrystel, beteken vir my ontsettend baie.[…]

Mia is terug met ‘n nuwe enkelsnit, ‘Waterval’, inspireer oud en jonk!

Met die vrystelling van haar debuut-enkelsnit en musiekvideo, Krimineel, het Mia sommer diep in plaaslike musiekharte kom kruip. Om die nuwe jaar te vier, is hierdie talentvolle sangeres (oorspronklik van Potchefstroom) terug in die kollig met ’n splinternuwe enkelsnit wat vir haar nóg meer bewonderaars gaan inpalm. WATERVAL, uit die pen van Emil Paul, kan[…]

‘Wonder Van Kersfees’, deur Jacques & Liezel gaan verseker ‘n gunsteling wees op almal se Kersmusiek-speellys.

Sedert hulle in November vanjaar hul debuut gemaak het gaan die splinternuwe duo, Jacques en Liezel, net van krag-tot-krag. Daarom het hulle besluit om musiekharte warm te laat klop hierdie feesseisoen met die vrystelling van hulle tweede enkelsnit, WONDER VAN KERSFEES, wat beslis ’n gunsteling gaan wees op almal se Kersmusiekspeellys. Volgens die musiekpaar, gaan[…]

DIE KUIER VAN DIE JAAR

Refentse sluit die jaar op ‘n hoogtepunt af met ‘n eksklusiewe partytjie-uitnodiging vir jou om sy gas by ‘n ‘Boerebal’ te wees. ‘Boerebal’ is ‘n Afrikaanse Glansgeleentheid gevul met biltong, Klippies & Coke, goeie musiek en ‘n sokkie-jol van formaat. Refentse het vir homself ‘n unieke plek in die Afrikaanse folklore uitgekap en is opgewonde[…]

Logan Pietersen is ‘n vars nuwe talent om dop te hou!

Die nege-en-twintig-jarige musikant, Logan Pietersen, van Naboomspruit werk al vir ’n dekade in die musiekbedryf, maar het pas eers sy debuut-enkeslnit, 3 WEKE, bekendgestel. Hierdie liedjie, wat net so lekker luister op die langpad as op die dansvloer, plaas hom stewig in die kollig en maak van hom ’n vars nuwe talent om verseker dop[…]

Wesna se debuutsnit enkelsnit, ‘Tuis’, bring ‘n gevoel van veiligheid

In haar debuutsnit, TUIS, sing Wesna oor die één plek waar jy veilig voel – daardie spesiale tuiste. Dié ballade en musiekvideo word nou vrygestel en sal dadelik aanklank vind by elke persoon wat ‘n veilige hawe het of daarna strewe. “In my enkelsnit, TUIS, is die veilige plek by ’n persoon en dit word[…]

Posduif is terug met ‘n nuwe enkelsnit, ‘Niks Vergelyk’. Daarmee vier hul die geskenk van vriendskap.

POSDUIF het nou maar een maal die unieke gawe om hulle gedagtes en gevoelens op ’n manier weer te gee, wat so lekker is om na te luister, dat almal daarby aanklank vind. Hulle nuutste enkelsnit, NIKS VERGELYK, is geen uitsondering nie. In tipiese POSDUIF-styl, kry hierdie liedjie dit reg om iets te vier wat[…]

Jan Blohm vertel ons meer van ‘Jenny’ se verhaal met sy nuwe enkelsnit: ‘Nonnie’

Daar is min musikante wat dit regkry om met die hart te praat soos Jan Blohm. In 2020 het hy ’n konsep-album vrygestel, met die naam Jenny, waarmee hy graag die verhaal wou vertel van twee tieners wat in die 1980’s in die klein konserwatiewe spoorwegdorpie, De Aar, woon en sedertdien geniet bewonderaars om te[…]

Frans-Kanadese sanger Marc Devigne sing ‘n spesiale weergawe van ‘Ek wil vir jou’ in Frans.

Terwyl daar COVID 19 verligting vir baie lande gekom het, is Suid-Afrika weer onder strenger maatreëls geplaas. Marc Devigne, ‘n Frans-Kanadese sanger het ware “ubuntu” betoon deur ‘n bekende Afrikaanse lied in Frans te vertaal en dit op te dra aan die Kunstebedryf wat tans op sy knieë is. Marc is n sanger, liedjieskrywer en[…]

Jan Jan Jan is terug met ‘n nuwe enkelnit/treffer, ‘Die RSA in my DNA’

  Saam met Jan Jan Jan het jy nou al vleis gewys, mielies gegooi en boer gebly en dit is duidelik dat daar geen keer is aan hierdie groep soos wat een video na die ander ‘n miljoen views wegslaan nie! Maar nou is dit alle grappies op ‘n stokkie soos die manne vir ‘n[…]

ELANDRÉ SE NUWE ALBUM – ‘N RUGSAK PROPVOL LEWENSLES… EN LEWENSLUS!

Sy eerste album het binne ‘n oogwink platinumstatus bereik, sy eerste enkelsnit van sy tweede, goue album, dubbel-platinumstatus en met sy splinternuwe derde album, Rugsak, is Elandré sak-en-pak op pad na die volgende bergpiek. Sommer so uit die staanspoor is een ding duidelik: Hierdie is nié ‘n album wat homself steur aan norme en konformiteit[…]

Christiaan Baartman se nuwe enkelsnit, ‘Voor die kerk’, is ‘n buitegewone liefdesverhaal!

In 2020 het die uiters talentvolle sanger, Christiaan Baartman, twee enkelsnitte, naamlik My Vrou en Die Beste Deel, vrygestel. Beide hierdie liedjies is uiters goed deur radiostasies ontvang en pronk steeds landswyd op verskeie trefferparades. Nou volg dié liedjieskrywer dit op met sy volgende enkelsnit, VOOR DIE KERK, ‘n buitengewone liefdesverhaal vir daardie spesiale persoon[…]

Rita Li is terug met ‘n splinternuwe enkelsnit, ‘Iemand Anders’

Sy is optimisties, energiek en positief.  Opregtheid straal uit haar uit en wanneer jy vir die eerste keer in daardie potblou oë van haar kyk kan jy nie anders as om die deernis en omgee vir  ander  in  haar  raak  te  sien  nie.  Dít is  RITA LI, die blonde sangeres wat al sedert die vrystelling[…]

Henri Arlant is terug met ‘n nuwe enkelsnit, ‘Rose’

DIS ‘N UITGEMAAKTE SAAK… JY GAAN JOU HART OP “ROSE” VERLOOR! Henri Alant staan verseker uit as energiek, optimisties en altyd positief, maak nie saak deur waste skaduwees hy beweeg nie, daar sal altyd lig aan die einde van die tonnel wees, asook ‘n boodskap van hoop om uit te dra buite toe. Henri noem[…]

Stefan Jansen met sy eerste enkelsnit, ‘Verdienste en Genade’

Spits jou ore, want die Pretorianer, Stefan Jansen se eerste enkelsnit, VERDIENSTE EN GENADE, is beslis nie iets wat jy wil mis nie. Die liedjie is pas vrygestel en reg om die radiogolwe oor te neem. Dit spog met ’n verfrissende kontemporêre klank en opregte hartslirieke waarby luisteraars aanklank vind. Dié sangsensasie se dinamiese lekkerluister-stem[…]

Jennifer Zamudio se nuwe enkelsnit, ‘DALK’

Met twee suksevolle duet vrystellings in 2020 – saam met Henri Alant en Riaan Grobler, staan Jennifer Zamudio slaggereed met ‘n splinternuwe solo enkelsnit. Die liedjieskrywer Tertius BC Pretorius wat verantwoordelik was vir haar Nommer 1 treffer, Altyd Myne wat ingesluit is op Jennifer se album “Goud is my woorde” het weereens dit reggekry om[…]

‘Diep Binne My’, Reynardt Hugo se 2de enkelsnit, bring hoop!

Die veelsydige akteur en kunstenaar, Reynardt Hugo het vroeër in 2020 sy eerste solo-enkelsnit, Die Rivier, vrygestel, en dit het almal en ook sy eie stoutste verwagtinge oortref!  Sy volgende enkelsnit, Diep Binne My, is pas vrygestel en almal is reeds aan die gons oor dìe inspirerende pop-snit. “Die liedjie gaan oor twee mense wat[…]

%d bloggers like this: