Stiaan Reynierse in terug met nuwe enkelnit, maar wie is Stiaan?

Met talent wat jou in jou spore laat stop, sing Stiaan Reynierse behoorlik die verhoë aan die brand met sy rasperstem. Hy’s ‘n woordsmous en Rocker.

Stiaan is eksentriek en uniek. Sy musiek – meesterlik en meerdimensioneel. Hy is vreesloos en vindingryk. Sy snare sny deur jou siel en sy stem skeur stukke uit jou borskas.

Dis asof die aarde vir ‘n paar oomblikke ophou draai wanneer Stiaan Reynierse en die groot liefde van sy lewe – sy kitaar, saam op die verhoog verskyn.  Vanaf die openingsnote, dwarsdeur die vertolking van sy intense storielyne, tot by die sluitklanke van sy liedjies, resoneer sy unieke stem deur jou murg, lank nadat die gordyne gesak het.

Gebore en getoë in Middelburg, Mpumalanga, bruis die musiek reeds van kleintyd af deur Stiaan se are. As jongeling wat by sy oupa leer kitaar speel het, was Stiaan Reynierse deel van die Mpumalanga Prestige koor-en-orkes.  Hy het later sy buiging op die land se grootste verhoë gemaak en is onderskeidelik genomineer vir Sama, Huisgenoot-Tempo en Ghoema-toekennings in verskeie kategorieë en selfs ‘n nominasie vanuit Amerika vir een van sy enkelsnitte.

Stiaan is reeds gevestig in die musiek-industrie en het groot opskudding veroorsaak en die land behoorlik aan sy voete gehad met sy debuut-album “Sonde”, waarvoor hy in 2016 genomineer is vir bogemelde toekennings in verskeie kategorieë.

Sy unieke weergawe van “Voshaarnooi” in die fliek Ballade vir ʼn enkeling, het jan-publiek verder aan die gons gehad.

Met rolmodelle soos  Johnny Cash, Pearl-Jam, Kings of Leon, Bob Dylan, Leonard Cohen en andere het die teater uit sy nate gebars tydens Stiaan se huldeblyk-vertoning van Pearl Jam, in 2018.

Reynierse se nuutste enkelsnit, IEWERS IN AFRIKA, beloof om  verder opskudding te veroorsaak onder musiekliefhebbers.  Dit is die eerste van ‘n reeks radikale enkelsnitte wat binnekort vrygestel word.

In noue samewerking met die musiekvervaardigings-reus, Theo Crous, het nóg enkelsnitte wat behoorlik vónk die lig gesien uit Bellville Studio’s.

 

“They say a good sense of humor, an intruiging mind and a beautiful and humble heart is a dangerous combination.  Add a free spirit; the golden voice of a muso and the mischief of an artist to the mix, it becomes a deadly one!”

Stiaan Reynierse is een van die bes-bewaarde geheime en dodelikste kombinasies in die musiek-industrie en verdien almal se volle aandag.

Facebook: Stiaan Reynierse | Facebook

 

Leave a Reply