Wesna se debuutsnit enkelsnit, ‘Tuis’, bring ‘n gevoel van veiligheid

In haar debuutsnit, TUIS, sing Wesna oor die één plek waar jy veilig voel – daardie spesiale tuiste. Dié ballade en musiekvideo word nou vrygestel en sal dadelik aanklank vind by elke persoon wat ‘n veilige hawe het of daarna strewe.

In my enkelsnit, TUIS, is die veilige plek by ’n persoon en dit word ook so in die musiekvideo uitgebeeld,” het Wesna vertel.

Die plek waar ék veilig voel is so naby soos ’n gebed en niks sal my van die veilige hawe kan skei nie,” het sy bygevoeg.

TUIS is deur William Wolf geskryf wat ook self opslae maak met vele treffers uit sy pen.

Die liedjie het ’n besonderse plek in my hart juis omdat ek reeds dié gevoel ervaar het,” het Wesna gesê.

Dis ‘n voorreg om iewers tuis te kan voel – daar waar jy net jouself kan wees en jy aanvaar word deur die goeie en slegte tye,” het sy bygevoeg.

Volgens haar het die lirieke dadelik met haar gepraat en kon sy ook vereenselwig met die boodskap wat die liedjie oordra.

Wesna het vertel dat sy glo luisteraars op verskillende maniere met die liedjie kan vereenselwig; mense wat reeds dié veilige tuiste ervaar het en die liedjie sal die gevoel bekragtig of diegene wat sal hunker na dié plek – ‘n veilige tuiste vir jou en jou hart.

In die musiekvideo, waarin Wesna self teenoor die akteur Arno Greeff verskyn, word die storie van ’n paartjie wat krapperig uitmekaar gaan wanneer die manlike figuur moet weggaan vir werk, uitgebeeld. Dit speel alles af in die paartjie se huis – wat dan die veilige tuiste is wanneer altwee daar is.

“In die musiekvideo dink die vroulike karakter (ek) dan terug aan al die goeie tye en hoe baie sy hom mis. Sy word elke keer teruggeruk na die realiteit tot hy vroeg terugkom en haar verras,” het Wesna oor die storielyn vertel.

Wesna se musiekloopbaan het op die ouderdom van 8 jaar afgeskop. Sy is gebore en getoë op die platteland en haar drome is uitgeleef met ’n haarborsel, haar ouers se bed as verhoog en Nádine se treffers.

Sy het vertel sy beplan nog meer liedjies en sal graag wil deel wees van groter konserte.

“Ek wil ook ’n voetspoor en klank nalaat,” het sy gesê.

Die Afrikaanse musiekindustrie is volop gesaai met suksesvolle kunstenaars en Wesna het vertel dat dit veral Juanita du Plessis, Riana Nel en Jo Black is wat haar inspireer en saam met wie sy ook op die verhoog mee sal wil skouers skuur.

Omdat ek ook so lief is vir die taal Afrikaans, sal ek beslis in die Afrikaanse musiekindustrie tuis wees want ek kan myself sovel beter uitdruk in dié mooi taal van ons,” het sy vertel.

Liedjies met mooi lirieke en stories inspireer my en laat my tuis voel.”

 

Facebook: Wesna | Facebook

 

Luister gereeld na jou gunsteling stasie:

Musical Venture Radio

Leave a Reply