Jacques en Liezel moedig luisteraars aan om op God te vertrou met hul hartroerende lied, ‘Vashou’.

“Om in alle tye en omstandighede op te kyk na God en vas te hou aan waar ons hulp vandaan kom,” sê Jacques en Liezel oor die inspirasie en betekenis agter hulle nuwe enkelsnit, VASHOU. Volgens dié talentvolle duo, wat vanjaar vir vyf Afri-Indie Onafhanklike Musiektoekennings benoem is, is hierdie kontemporêre geestelike snit geskryf om[…]