Jennifer Zamudio se nuwe enkelsnit, ‘DALK’

Met twee suksevolle duet vrystellings in 2020 – saam met Henri Alant en Riaan Grobler, staan Jennifer Zamudio slaggereed met ‘n splinternuwe solo enkelsnit. Die liedjieskrywer Tertius BC Pretorius wat verantwoordelik was vir haar Nommer 1 treffer, Altyd Myne wat ingesluit is op Jennifer se album “Goud is my woorde” het weereens dit reggekry om[…]

‘Diep Binne My’, Reynardt Hugo se 2de enkelsnit, bring hoop!

Die veelsydige akteur en kunstenaar, Reynardt Hugo het vroeër in 2020 sy eerste solo-enkelsnit, Die Rivier, vrygestel, en dit het almal en ook sy eie stoutste verwagtinge oortref!  Sy volgende enkelsnit, Diep Binne My, is pas vrygestel en almal is reeds aan die gons oor dìe inspirerende pop-snit. “Die liedjie gaan oor twee mense wat[…]

Juan Boucher laat Afrikaanse harte warm klop met nuwe album. Hier is die 2de enkelsnit, ‘Ek mis maar net jou hart’.

Na twaalf suksesvolle jare in die Suid-Afrikaanse vermaakbedryf, het Juan Boucher beslis geen bekendstelling nodig nie. Hierdie bekroonde Vaaldriehoeker, met sy growwe stem, lekkerluister-lirieke, ritmiese musiek en vermaaklike verhoogpersoonlikheid, het oor die jare diep in sy ondersteuners se harte kom nesskop. Vandag is dié Gebore Om By Jou Te Wees-sanger ’n gevestigde naam, met ses[…]

Juan Boucher en Neil Somers se nuwe enkelspeler, ‘In Die Bosveld’ gaan Suid-Afrikaners de harte diep raak.

Wat gebeur wanneer twee gewilde sangers en liedjieskrywers kragte saamspan om oor een van hulle grootste gedeelde passies te sing? ’n Hoendervleismooi liedjie kry lewe, wat Suid-Afrikaanse harte net so diep sal raak soos die ongerepte natuurskoon van die bosveld. IN DIE BOSVELD pas Juan Boucher en Neil Somers se diep storievertellerstemme soos ’n handskoen[…]

Ruhan du Toit se nuwe enkelsnit, ‘onumentaal’ – Groot lied werp nuwe lig op Afrikaner se monumentale oomblikke

Na bykans 2 000 km en 5 dae se reis oor Suid-Afrika is die Afrikaner-monumente vasgevang soos nog nooit tevore nie. Dít vir die Afrikaanse sanger Ruhan du Toit se nuwe musiekvideo en snit, Monumentaal, wat ’n terugblik gee op die Afrikaner se geskiedenis. Ruhan, voorheen lid van Touch of Class, het die land aan[…]

Rinel Day oorkom die seer van haar verlede met die nuwe enkelsnit, ‘Ek het opgestaan’

“Die liedjie is spesiaal geskryf vir enigiemand wat al ooit seer beleef het en iewers dalk ’n tree terug moes vat in die lewe, om hulleself weer op te tel en te vind,” sê Rinel Day oor die betekenis agter die titelsnit van haar langverwagte album wat pas vrygestel is. Ses jaar na haar vorige[…]

William Wolf stel nuwe enkelsnit, ‘Droom’ beskikbaar en loods ook ‘n kompetisie vir Junie 2020

Willam Wolf glo dat almal moet droom en dit is iets wat hy nooit wil ophou doen nie. DROOM, sy nuutste enkelsnit, kom uit sy eie pen en is vervaardig deur Ewald JV Rensburg van PopKult. “Ons almal het verskillende drome, maar ek dink baie min van ons bewaarheid dit omdat ons ons eie grootste[…]

Lefra bring hulde aan Lance James met ‘n ‘Kelderkonsert’ op Sondag, 14 Junie 2020

Lefra se gewilde Country Legendes- en Country Legendes en Vriende-konserte het musiekaanhangers deur die jare vermaak en was jaarliks by Carnival City aangebied onder die leiding van die “Big Daddy” van Suid-Afrikaanse countrymusiek, Lance James.  Maar op 2 Maart vanjaar word Lance se stem vir altyd stil.  Lefra se Kelderkonserte bring nou hulde aan Lance[…]

Dozi vier meer as twee dekades in die musiekbedryf met nuwe album, ‘Vrede’

DOZI se splinternuwe album, VREDE is pas bekendgestel en dit is ’n versameling snitte wat jou nie net nostalgies sal laat verlang na die verlede nie, maar ook met hoop sal vul vir die toekoms en met waarderende oë sal laat kyk na die hede. Hierdie akoestiese-verwerking gaan voortbou op die wenresep waarvoor dié sanger[…]

Christiaan Baartman is terug met ‘n nuwe enkelsnit, ‘My Vrou’

Christiaan Baartman, die talentvolle sanger en liedjieskrywer met sy diep rasperstem, het pas ’n hartroerende nuwe enkelsnit en musiekvideo vrygestel. MY VROU kyk na ’n troudag vanuit die man se perspektief. Dié volwasse kontemporêre snit, uit die pen van Christiaan en Jattie de Beer, is ’n liefdesverklaring van ’n man aan sy vrou. “Dit is[…]

Potchefstroom-sangeres stel eerste oorspronklike enkelsnit vry: ‘Krimineel’

“Die liedjie gaan oor ’n krimineel wat skuldig bevind word daaraan dat hy iemand se liefde gesteel het. Dit beeld ’n oneindige en onverwagte liefde, wat nooit ophou nie, en hoe dit voel om smoorverlief te wees, uit. Dit is amper soos die verhaal van ‘Bonnie en Clyde’… ’n liefde so sterk soos hulle sin,”[…]

Duo, Victor Bravo, vier hul herkoms met nuwe enkelsnit, ‘Suiderkruis’

“Daar is baie Suid-Afrikaners wat groener weivelde gaan soek in ’n ander land. Ek was self een in my vroeë twintigs. Maar ons land en sy kultuur is deel van ons DNS en as jy eerlik is, sal jy erken dat jy dit mis,” verduidelik Weco van Basten, Victor Bravo se hoofsanger en liedjieskrywer, oor[…]

Dozi is terug met ‘n nuwe enkelsnit, ‘Partykeer somtyds’

Wanneer jy die naam Dozi hoor, dink jy onwillekeurig aan treffers soos Grassade in die Wind, Ou Ryperd, Tussen Jou  en My en meer en sien jy in jou geestesoog ’n prentjie van dié sagmoedige reus wat oor die afgelope twee dekades diep spore in Suid-Afrikaanse musiekharte kom trap het. Nadat hy homself vir die[…]

Kirsten Richard is terug met ‘n 2de enkelsnit, ‘Ons Is Groot’

Kirsten Richard plaas verhoudings en die dood onder die soeklig Kirsten Richards se nuwe enkelsnit Ons is Groot plaas die soeklig op verhoudings en die impak wat die dood op verhoudings het. Dié enkelsnit uit Kirsten se eie pen is uit die oogpunt van iemand wat oorlede is en wat terugkyk na die lewe en[…]

Groot SA Country Legende Oorlede…

Dit is met groot hartseer dat ons die nuus moet deel dat ons “Big Daddy” en Country legende, Lance James vanoggend na ‘n lang siekbed in die hospitaal oorlede is. Lance het vredevol gesterf met sy familie by hom. Lance James is ‘n paar weke terug opgeneem in die hospitaal nadat hy hartprobleme ondervind het.[…]

%d bloggers like this: