Legendariese minnesanger, Engelbert Humperdinck stel bekend ‘The Last Waltz’Farewell Tour’, 2024 in Suid-Afrika

 

Britse musieklegende, Engelbert Humperdinck bekoor al dekades lank sygehore,met sy tydlose klassieke treffers en charismatiese optredes. Nou, na ‘n majesteuse loopbaan wat oor ses dekades gestrek het, het hy sy laaste wals aangekondig.Met ‘The Last Waltz’ Farewell Tour’, is hy slaggereed om een laaste keer die Kaapstad enGauteng gehore met romanse van hul voete af te sweep.

Engelbert Humperdinck, gebore Gerry Dorsey, het tot internasionale faam gestyg in 1965, en gehore betower met sy romantiese melodieë. Met treffers soos ‘Release Me’, ‘A Man Without Love’ en ‘The Last Waltz’, het hy meer as 150 miljoen albums wêreldwyd verkoop en vele prestasies ingepalm, insluitend vier Grammy nominasies, ‘n Golden Globe vir Vermaaklikheidster van die Jaar, en hy is ook een van ‘n handjievol kunstenaars wat ‘n ster op beide die Hollywood Walk of Fame en die Las Vegas Walk of Fame het.

In ‘n onlangse onderhoud, het Engelbert sy kreatiewe metodes beskryf wanneer dit by musiek kom. “Ek het nog altyd my musiek met ‘n tikkie romanse benader, en dit soveel geniet om wonderlike lirieke oor die liefde te sing. Ek dink romanse laat die wêreld draai.”Dis hierdie onblusbare passie vir musiek wat gedurig aanklank vind by gehore.

As hy terugkyk op sy pad tot hier, dink Engelbert graag aan sy kinderjare in die voormalige Madras, Indië, waar sy liefde vir musiek geblom het, binne sy familiekring. Ten spyte van vroeër struikelblokke in sy loopbaan, het hy uithouvermoë gewys en uiteindelik sukses behaal met liedjies soos “Release Me”wat die koers van sy lewe en loopbaan vir altyd verander het.Engelbert se invloed het veel wyer as net musiek gestrek, en dit het gelei tot vriendskappe met Elvis Presley en Dean Martin, asook Tony Bennet, Jerry Lewis en Sammy Davis Jr.,wat elkeen permanente invloede op hom gehad het.

Die toer sal twee gesogte venues in Suid-Afrika besoek, naamlik die SunBet Arena by Time Square Casino in Pretoria op Vrydag 12 Julie 2024, om 8 nm, gevolg deur ‘n optrede by die Grand Arena by Grand West Casino in Kaapstad op Sondag, 14
Julie 2024, om 4 nm-en kaartjies is nou te koop byWebtickets.co.za.Konserte in
die Verenigde Koninkryk en Australië het binne enkele dae uitverkoop, so wees verseker om joune vinnig te boek.

Moenie die kans misloop om ‘n musiek ikoon in styl vaarwel te roep nie. Gehore kan ‘n onvergeetlike aand verwag, vol tydlose klassieke treffers en hartroerende opvoerings terwyl Engelbert Humperdinck hul op ‘n merkwaardige toer neem deur sy legendariese musiekloopbaan.

Belangrike skakels:
https://www.webtickets.co.za/v2/event.aspx?itemid=1546943785
https://www.engelbert.com/tour

 

Leave a Reply