Juan Boucher laat Afrikaanse harte warm klop met nuwe album. Hier is die 2de enkelsnit, ‘Ek mis maar net jou hart’.

Na twaalf suksesvolle jare in die Suid-Afrikaanse vermaakbedryf, het Juan Boucher beslis geen bekendstelling nodig nie. Hierdie bekroonde Vaaldriehoeker, met sy growwe stem, lekkerluister-lirieke, ritmiese musiek en vermaaklike verhoogpersoonlikheid, het oor die jare diep in sy ondersteuners se harte kom nesskop. Vandag is dié Gebore Om By Jou Te Wees-sanger ’n gevestigde naam, met ses[…]

Juan Boucher en Neil Somers se nuwe enkelspeler, ‘In Die Bosveld’ gaan Suid-Afrikaners de harte diep raak.

Wat gebeur wanneer twee gewilde sangers en liedjieskrywers kragte saamspan om oor een van hulle grootste gedeelde passies te sing? ’n Hoendervleismooi liedjie kry lewe, wat Suid-Afrikaanse harte net so diep sal raak soos die ongerepte natuurskoon van die bosveld. IN DIE BOSVELD pas Juan Boucher en Neil Somers se diep storievertellerstemme soos ’n handskoen[…]

Ruhan du Toit se nuwe enkelsnit, ‘onumentaal’ – Groot lied werp nuwe lig op Afrikaner se monumentale oomblikke

Na bykans 2 000 km en 5 dae se reis oor Suid-Afrika is die Afrikaner-monumente vasgevang soos nog nooit tevore nie. Dít vir die Afrikaanse sanger Ruhan du Toit se nuwe musiekvideo en snit, Monumentaal, wat ’n terugblik gee op die Afrikaner se geskiedenis. Ruhan, voorheen lid van Touch of Class, het die land aan[…]

Lefra bring hulde aan Lance James met ‘n ‘Kelderkonsert’ op Sondag, 14 Junie 2020

Lefra se gewilde Country Legendes- en Country Legendes en Vriende-konserte het musiekaanhangers deur die jare vermaak en was jaarliks by Carnival City aangebied onder die leiding van die “Big Daddy” van Suid-Afrikaanse countrymusiek, Lance James.  Maar op 2 Maart vanjaar word Lance se stem vir altyd stil.  Lefra se Kelderkonserte bring nou hulde aan Lance[…]

Manie Jackson is terug met ‘n nuwe album, ‘My Beste en meer’

Manie Jackson se vokale vernuf en vermoë om met woorde te toor het oor jare heen van hom ‘n gróót gunsteling op die SuidAfrikaanse musiektoneel gemaak. Met sy nuutste vrystelling, “My beste en meer”, lewer hy ‘n terugblik op sy mees suksesvolle snitte en verras met kraakvars nuutskeppings wat jou ore sal laat hunker na[…]

Maroela Media spog nou met eie liedjie!

Nuus is, net soos musiek, iets wat nooit uit die mode gaan nie. Dit trek aandag, lok belangstelling en is altyd relevant. Daarom is dit net gepas dat ’n reuse-nuusbron, soos MAROELA MEDIA, wat Afrikaanssprekendes daagliks op hoogte hou van plaaslike en internasionale gebeure, bederf word met ’n liedjie wat vasvang hoe hierdie platform ons[…]

Rudi Claase span sy seile

Die talentvolle liedjieskrywer, sanger en musikant, Rudi Claase, voel vir die eerste keer in sy lewe of hy homself gevind het. Sy eerste solo-enkelsnit in sewe jaar word vandag landwyd vrygestel en soos ál die woorde wat die afgelope paar jare uit sy pen gevloei het, beloof “Seile” – wat ’n stukkie van sy hart[…]

Len Muller vier sewe suksesvolle jare in die musiekbedryf met ‘n nuwe kortspeelplaat (EP)

Len Muller is ’n veelsydige en talentvolle musikant, wat bekend is vir sy hoendervleismooi musiek, wat direk met die hart te praat. Sy nuwe kortspeelplaat (EP) is vandag bekendgestel en die sanger is baie opgewonde hieroor omdat dit hom die geleentheid gegee het om ’n meer organiese produk, wat nie oorvervaardig is nie, op die[…]

André Schwartz met sy nuwe enkelsnit, ‘Ek sal wag’

’n Superster word beskryf as ’n persoon of vermaaklikheidspersoonlikheid wat gevier word vir sy uitsonderlike talent en veelsydigheid. Alhoewel daar baie begaafde kunstenaars in Suid-Afrika is, geniet slegs ’n handjievol werklik superster-status, en André Schwartz is een van hulle. Dié bekroonde sanger, liedjieskrywer, verhoogkunstenaar, akteur (Sterlopers, 7de Laan) en televisieaanbieder, wat beskou word as een van die land[…]

Sky Ocean sing oor haar Retrospek Van Liefde

Die gewilde sangeres, Sky Ocean, het pas haar nuwe enkelsnit, Retrospek Van Liefde, bekendgestel. Die liedjie volg op die hakke van haar eerste twee enkelsnitte, Blackholes in my Head en Vlekke, wat steeds baie gewild onder luisteraars is. “Wanneer jy verlore raak in jou eie denke of vir ’n oomblik terugdink aan jou liefdeslewe –[…]