Notice: Function _load_textdomain_just_in_time was called incorrectly. Translation loading for the radio-station domain was triggered too early. This is usually an indicator for some code in the plugin or theme running too early. Translations should be loaded at the init action or later. Please see Debugging in WordPress for more information. (This message was added in version 6.7.0.) in /home/lksjumsw/public_html/wp-includes/functions.php on line 6114
News – Musical Venture Radio

CHEREÉ IS TERUG IN DIE KOLLIG MET DIE EERSTE ENKELSNIT VAN HAAR NUWE ALBUM, ANOTHER DAY

Chereé, een van Suid-Afrika se mees geliefde vroulike kunstenaars, is terug in die kollig met die uitreiking van ’n splinternuwe enkelsnit, ANOTHER DAY; die eerste vrystelling vanaf haar langverwagte album met dieselfde naam. Hierdie lied dui nie net op ’n nuwe hoofstuk in Chereé se loopbaan nie, maar is ook ’n persoonlike reis terug na[…]

Wentzel wag vir Annabel se oproep!

  Wentzel het groot golwe gemaak met sy vorige enkelsnit “Meisie wat kan vasdans” maar wag nou in spanning vir ‘Annabel‘ se oproep op 27 September 2024! Net wanneer jy dink jy kan gou asem skep op die dansvloer, gaan Wentzel se nuwe enkelsnit “Annabel” jou terug trek vir nog ‘n rondte. “My Annabel, my Anna, wanneer[…]

Legendariese minnesanger, Engelbert Humperdinck stel bekend ‘The Last Waltz’Farewell Tour’, 2024 in Suid-Afrika

  Britse musieklegende, Engelbert Humperdinck bekoor al dekades lank sygehore,met sy tydlose klassieke treffers en charismatiese optredes. Nou, na ‘n majesteuse loopbaan wat oor ses dekades gestrek het, het hy sy laaste wals aangekondig.Met ‘The Last Waltz’ Farewell Tour’, is hy slaggereed om een laaste keer die Kaapstad enGauteng gehore met romanse van hul voete[…]

Wynand Strydom keer terug na sy hart met sy nuwe enkelsnit

Wynand Strydom is ‘n Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer wat al jare lank ‘n standvastige plek in die harte van Suid-Afrikaners het. Met sy unieke styl en emosionele musiek het hy vir homself ‘n plek in die Afrikaanse musiekbedryf verwerf. Sy nuutste enkelsnit, “Terug Na Jou,” is ‘n liedjie wat beslis ‘n blywende indruk sal maak[…]

Saarkie is terug met nuwe rnkelsnit – ‘Rondomtalie’

SAARKIE, Suid-Afrika se gunsteling-rockgroep, het al diep spore in die musiekbedryf getrap, en hierdie Vrouemaand het dié musikante meer as een rede om fees te vier. Nie net kan hulle weer vrylik voor groot gehore optree en het hulle skoonskip gemaak by die onlangse Afri-Indie Onafhanklike Kunstenaartoekennings nie, maar hulle nuutste enkelsnit en musiekvideo is[…]

Victor Bravo moedig luisteraars aan om nie moed op te gee nie – ‘Solank die liefde bly’

Die wêreld het die afgelope paar jaar donker tye beleef waarin dit moeilik was om positief te bly. Tye waarin geliefdes gesterf het, huwelike verbrokkel het, werke en inkomstes verloor is en baie mense lus was om op te gee. Met genade van bo, het die meeste van ons heel aan die ander kant uitgekom[…]

Jacques en Liezel moedig luisteraars aan om op God te vertrou met hul hartroerende lied, ‘Vashou’.

“Om in alle tye en omstandighede op te kyk na God en vas te hou aan waar ons hulp vandaan kom,” sê Jacques en Liezel oor die inspirasie en betekenis agter hulle nuwe enkelsnit, VASHOU. Volgens dié talentvolle duo, wat vanjaar vir vyf Afri-Indie Onafhanklike Musiektoekennings benoem is, is hierdie kontemporêre geestelike snit geskryf om[…]

Sanet Lambrechts moedig luisteraars aan om net hulself te wees in nuwe enkelsnit, ‘Binne En Buite’.

Sanet Lambrechts is ’n gesoute sanger en liedjieskrywer van Namibië wat sedert 2013 al diep spore in die Afrikaanse musiekbedryf getrap het. Op ses-en-veertig spog sy reeds met drie ATKV-toekennings, vier suksesvolle albums, treffers op Suid-Afrikaanse, Namibiese, Japanese en Amerikaanse radiostasies en ’n temalied vir die kykNET-program, Sing in Harmonie. Sy is doelgerig om mense[…]

Mia is terug met ‘n nuwe enkelsnit, ‘Waterval’, inspireer oud en jonk!

Met die vrystelling van haar debuut-enkelsnit en musiekvideo, Krimineel, het Mia sommer diep in plaaslike musiekharte kom kruip. Om die nuwe jaar te vier, is hierdie talentvolle sangeres (oorspronklik van Potchefstroom) terug in die kollig met ’n splinternuwe enkelsnit wat vir haar nóg meer bewonderaars gaan inpalm. WATERVAL, uit die pen van Emil Paul, kan[…]

‘Wonder Van Kersfees’, deur Jacques & Liezel gaan verseker ‘n gunsteling wees op almal se Kersmusiek-speellys.

Sedert hulle in November vanjaar hul debuut gemaak het gaan die splinternuwe duo, Jacques en Liezel, net van krag-tot-krag. Daarom het hulle besluit om musiekharte warm te laat klop hierdie feesseisoen met die vrystelling van hulle tweede enkelsnit, WONDER VAN KERSFEES, wat beslis ’n gunsteling gaan wees op almal se Kersmusiekspeellys. Volgens die musiekpaar, gaan[…]

DIE KUIER VAN DIE JAAR

Refentse sluit die jaar op ‘n hoogtepunt af met ‘n eksklusiewe partytjie-uitnodiging vir jou om sy gas by ‘n ‘Boerebal’ te wees. ‘Boerebal’ is ‘n Afrikaanse Glansgeleentheid gevul met biltong, Klippies & Coke, goeie musiek en ‘n sokkie-jol van formaat. Refentse het vir homself ‘n unieke plek in die Afrikaanse folklore uitgekap en is opgewonde[…]

Posduif is terug met ‘n nuwe enkelsnit, ‘Niks Vergelyk’. Daarmee vier hul die geskenk van vriendskap.

POSDUIF het nou maar een maal die unieke gawe om hulle gedagtes en gevoelens op ’n manier weer te gee, wat so lekker is om na te luister, dat almal daarby aanklank vind. Hulle nuutste enkelsnit, NIKS VERGELYK, is geen uitsondering nie. In tipiese POSDUIF-styl, kry hierdie liedjie dit reg om iets te vier wat[…]

Frans-Kanadese sanger Marc Devigne sing ‘n spesiale weergawe van ‘Ek wil vir jou’ in Frans.

Terwyl daar COVID 19 verligting vir baie lande gekom het, is Suid-Afrika weer onder strenger maatreëls geplaas. Marc Devigne, ‘n Frans-Kanadese sanger het ware “ubuntu” betoon deur ‘n bekende Afrikaanse lied in Frans te vertaal en dit op te dra aan die Kunstebedryf wat tans op sy knieë is. Marc is n sanger, liedjieskrywer en[…]

ELANDRÉ SE NUWE ALBUM – ‘N RUGSAK PROPVOL LEWENSLES… EN LEWENSLUS!

Sy eerste album het binne ‘n oogwink platinumstatus bereik, sy eerste enkelsnit van sy tweede, goue album, dubbel-platinumstatus en met sy splinternuwe derde album, Rugsak, is Elandré sak-en-pak op pad na die volgende bergpiek. Sommer so uit die staanspoor is een ding duidelik: Hierdie is nié ‘n album wat homself steur aan norme en konformiteit[…]

Christiaan Baartman se nuwe enkelsnit, ‘Voor die kerk’, is ‘n buitegewone liefdesverhaal!

In 2020 het die uiters talentvolle sanger, Christiaan Baartman, twee enkelsnitte, naamlik My Vrou en Die Beste Deel, vrygestel. Beide hierdie liedjies is uiters goed deur radiostasies ontvang en pronk steeds landswyd op verskeie trefferparades. Nou volg dié liedjieskrywer dit op met sy volgende enkelsnit, VOOR DIE KERK, ‘n buitengewone liefdesverhaal vir daardie spesiale persoon[…]