Christiaan Baartman is terug met ‘n nuwe enkelsnit, ‘My Vrou’

Christiaan Baartman, die talentvolle sanger en liedjieskrywer met sy diep rasperstem, het pas ’n hartroerende nuwe enkelsnit en musiekvideo vrygestel. MY VROU kyk na ’n troudag vanuit die man se perspektief. Dié volwasse kontemporêre snit, uit die pen van Christiaan en Jattie de Beer, is ’n liefdesverklaring van ’n man aan sy vrou. “Dit is[…]

Potchefstroom-sangeres stel eerste oorspronklike enkelsnit vry: ‘Krimineel’

“Die liedjie gaan oor ’n krimineel wat skuldig bevind word daaraan dat hy iemand se liefde gesteel het. Dit beeld ’n oneindige en onverwagte liefde, wat nooit ophou nie, en hoe dit voel om smoorverlief te wees, uit. Dit is amper soos die verhaal van ‘Bonnie en Clyde’… ’n liefde so sterk soos hulle sin,”[…]

Duo, Victor Bravo, vier hul herkoms met nuwe enkelsnit, ‘Suiderkruis’

“Daar is baie Suid-Afrikaners wat groener weivelde gaan soek in ’n ander land. Ek was self een in my vroeë twintigs. Maar ons land en sy kultuur is deel van ons DNS en as jy eerlik is, sal jy erken dat jy dit mis,” verduidelik Weco van Basten, Victor Bravo se hoofsanger en liedjieskrywer, oor[…]

Dozi is terug met ‘n nuwe enkelsnit, ‘Partykeer somtyds’

Wanneer jy die naam Dozi hoor, dink jy onwillekeurig aan treffers soos Grassade in die Wind, Ou Ryperd, Tussen Jou  en My en meer en sien jy in jou geestesoog ’n prentjie van dié sagmoedige reus wat oor die afgelope twee dekades diep spore in Suid-Afrikaanse musiekharte kom trap het. Nadat hy homself vir die[…]

Kirsten Richard is terug met ‘n 2de enkelsnit, ‘Ons Is Groot’

Kirsten Richard plaas verhoudings en die dood onder die soeklig Kirsten Richards se nuwe enkelsnit Ons is Groot plaas die soeklig op verhoudings en die impak wat die dood op verhoudings het. Dié enkelsnit uit Kirsten se eie pen is uit die oogpunt van iemand wat oorlede is en wat terugkyk na die lewe en[…]

%d bloggers like this: