Almarie du Preez met die enkelsnit, ‘Jy vir my’

Almarie du Preez, met haar strelende fluweelstem, het beslis geen bekendstelling nodig in musiek- of vermaakkringe nie. Dié voormalige JAM-aanbieder het oor die afgelope sewe jaar nie net naam gemaak as sangeres, liedjieskrywer, omroeper en verhoogkunstenaar nie, maar ook as aktrise, skrywer en TV-aanbieder. Haar eerste Afrikaanse enkelsnit, Jy Vir My, is pas vrygestel. Dit[…]

Hemelse harmonië met Rudi & Charné se “Miljoene Stemme”

Die samesmelting van ‘n klokhelder mans en vrouestem in duet hou ‘n eiesoortige, magiese bekoring in – iets wat Lieflinge, Rudi Claase en Charné Hugo, se splinternuwe album uitstekend beklemtoon met vokale swier en styl! Die twee het in 2015 ‘n blinknuwe Lieflingeblaadjie omgeslaan met die vrystelling van “Asemrowend” – hulle eerste album saam. Die[…]

Die lokprent van die bekroonde plaaslike film, KROTOA, is gister, 30 Mei 2017, vrygestel!

  Die lokprent van die bekroonde plaaslike film, KROTOA, is gister, 30 Mei 2017, vrygestel! Gaan kyk dit hier: Hierdie merkwaardige drama vertel die storie van ‘n vurige elfjarige Khoi-prinses (Charis Williams), wat van haar stam weggeskeur word om vir Jan van Riebeeck (die eerste goewerneur van die Kaapse Kolonie en haar oom se handelsvennoot)[…]

RymStoff met ‘n nuwe enkelsnit, ‘Gaan nie ophou probeer nie’

Die nuwe groep, RymStoff (Christoff de Beer en Raymond Ray) se eerste enkelsnit, Hartvlinders, het groot opslae gemaak toe dit vroeër vanjaar vrygestel is. Dit het al op die Top20 van verskeie radiostasies se treffersparades – waaronder Bok Radio, Groot FM en East Rand Stereo – gepronk en is tans ook te sien op kykNET[…]

Ruan Wepener se nuwe enkelsnit, ‘Vreemdeling’

  JUNIE 2017 – (PRETORIA, GAUTENG) – ‘Vreemdeling’ is ‘n splinternuwe liedjie wat vrygestel word deur Ruan Wepener.  Vreemdeling is ‘n “hybrid lied” waar mense se stemme meeste van die agtergrond musiek doen wat jy gaan hoor!  Om hierdie te kon regkry het Ruan die acapella groep, The Royal Madness, ingekry!  Hierdie talentvolle groep het[…]

Sharoney se nuwe musiekvideo uitgereik!

Sharoney se splinternuwe musiekvideo is pas die afgelope naweek op Jukebox kykNET bekendgestel.  Die musiekvideo van die liedjie SKYN, wat ook die titelsnit vanaf haar splinternuwe album is, is deur Fathom Media vervaardig en geskryf deur Hugo Ludik en Vaughan Gardiner. “Hierdie liedjie is inpirasie om nie toe te laat dat die dinge van die[…]

Ghoema Musiektoekennings 2017 – Beste ligte Klassieke Album

Con Grazia – Kosmos Ghoema wenner 2017 Anders, dinamies, veelsydig, grasieus en elegant. Dit is die stempel van die trio Con Grazia! Dié –susterstrio – Marchelle, Syntiche en Sharon – se vaardigheid het al op driejarige ouderdom begin toe hulle hul harmonieuse styl begin blink slyp het. Die susters se inspirasie en aanmoediging het by[…]

Lance James – ’60 Goue Jare’

DIE VETERAAN-KUNSTENAAR LANCE “BIG DADDY”JAMES VIER SESTIG GOUE JARE IN DIE SUID-AFRIKAANSE MUSIEKBEDRYF MET NOG ʼn ROERENDE TWEETALIGE COUNTRY-ALBUM Lance James het bekendheid verwerf vir onder meer die treffers Dankie en Vicki en vir Bloedrooi die rose en Bymekaar in duet saam met Min Shaw en After the Fire is Gone en Somewhere Between saam[…]

Rina Hugo is terug met ‘n nuwe album: ‘Sy naam is Jesus’

Ná ‘n album-stilswye van ses jaar, bied die gewilde en bekroonde sopraan Rina Hugo musiekliefhebbers ‘n splinternuwe tweetalige album in die geestelike genre: Sy naam is Jesus. Dit is Rina se vyfde gospel-CD; die jongste in ‘n roemryke loopbaan met ‘n diskografie van 31 albums. Rina tree steeds onverpoosd by verskillende kerke regdeur die land[…]

Nuwe Bouwer Bosch musiekvideo ‘n pleidooi vir aanvaarding

PLEIDOOI is die tweede enkelsnit vanaf sy splinternuwe solo-album, Hopelik. Hierdie alternatiewe popliedjie – ’n gesamentlike poging deur Bouwer, Almero Welgemoed, William Loots, Matthieu Auriacombe en Peach van Pletzen – is ’n mengsel van rou hartslirieke en interessante elektroniese elemente, wat die luisteraar onmiddellik boei. “Die liedjie gaan oor daardie een persoon wie se liefde[…]

Plaaslike rolprent ‘Krotoa’, ‘n treffer by internasionale filmfeeste!  

Die film, Krotoa, doen beslis haar indrukwekkende naamgenoot gestand en het uit die staanspoor die harte van kykers en kritici, regoor die wêreld, verower. Dit gebeur selde dat ’n rolprent soveel trefkrag het dat dit, selfs voor die bekendstelling aan die Suid-Afrikaanse publiek, kan spog met ses amptelike benoemings deur internasionale rolprentfeeste, soos die Internasionale[…]

Zandre releases a new single, ‘Chase the Sun’

Zandre is a South African artist with a passion for people and music! With Embracing Africa being her 4th album released in a variety of markets, Zandre is looking forward to bringing all types of cultures together with one message of hope, love and a passion for entertainment. ‘Zandre’ (2008), ‘Somer Soene’ (2010), ‘Alice in[…]

Henry van Dyk met ‘n nuwe enkelsnit, ‘Ek Hou Van Jou’

Henry van Dyk het op die platteland in die Noordwes provinsie grootgeword en het van kleins af ‘n baie spesiale liefde vir musiek gehad. Hy het dan ook op ‘n jeugdige ouderdom reeds betrokke geraak in die musiekwêreld… In 2002 was Henry die algehele wenner vir volwassenes van die Beeld Eisteddfod (afdeling ligte musiek) en[…]

‘n Boodskap teen Boelies: ‘Saam staan soos een’

Boelies is een van die grootste sosiale probleme waarmee mense op ’n daaglikse basis gekonfronteer word en dit raak nie net sommige kinders op skool nie. Die probleem strek oor die hele sosiale spektrum, van skole, werksplekke en selfs ook deesdae via sosiale media en oral op die internet. Ons sien gereeld van nuwe voorvalle[…]

Brendan Peyper se pad na nóg groter suksesse oop met sy splinternuwe album, “Hy loop oop”!

Brendan Peyper wys waarom hy een van Suid-Afrika se mees in-aanvraag kunstenaars is met sy blinknuwe album, “Hy loop oop” – ‘n album wat pols met lekkerkry en hom deur niks sal laat stuit nie! Brendan het landswyd opslae gemaak en aanhangers oorgewen met ‘n stem wat knieë lam kan sing, energiebelaaide ritmes en ‘n[…]

Instrumentele musiekgroep laat musiekharte warm klop!

Die splinternuwe musiekgroep, DECA, se treffende snaarverwerkings het sommer uit die staanspoor harte, regoor die land, verower. Die vars, moderne en sjarmante manier waarop hulle nuwe en ou gunstelinge verwerk en interpreteer, is die sleutelbestanddeel agter hulle kitssukses en laat hulle musiek aanklank vind by jonk en oud. Hulle debuutalbum, Black Sails, bou voort op[…]

‘n Nuwe musiekvideo vir Len Muller!

Die musiekvideo van Len Muller se gewilde enkelsnit, EK GLO, is pas bekendgestel. Dit neem die kyker op ’n liefdesreis vol deernisvolle oomblikke, wat die hart net soveel sal raak soos die lirieke en sielvolle vertolking van hierdie kitstreffer. Kyk die video hier: Len, wat bekendheid verwerf het vir sy aangrypende lirieke en strelende stem,[…]

Liezel Pieters se lankverwagte debuutalbum nou op die rakke!

Liezel Pieters is ‘n sangsensasie wat ‘n geruime tyd reeds gehore verstom met haar fenominale vernuf en veelsydigheid. Nou is dié Krone- en 4Werke-gunsteling se debuutalbum uiteindelik hier! “Sing my hart uit” is ‘n album wat in 15 snitte van pure bederf die allerbeste van een van Suid-Afrika se mees opwindende nuwe talente ten toon[…]

%d bloggers like this: