As jy van Calendar Girls en The Full Monty gehou het gaan jy mal wees oor Military Wives!

As flieks soos Calendar Girls en The Full Monty op jou lys van gunstelinge is, gaan jy beslis mal wees oor regisseur Peter Cattaneo se nuutste film, MILITARY WIVES, wat binnekort op plaaslike skerms te sien is. Met dié projek het hy dit weereens reggekry om die ware verhaal van gewone vroue – wat onverwags bekendheid verwerf – te omskep in ’n[…]

Jezelle stel uiteindelik lankverwagte enkelsnit vry – ‘Plekkie In Die Son’

Hierdie is een van daardie uitsonderlike vrystellings waarvoor die publiek lank gewag het. Na die onverwagte sukses van haar trefferlied getiteld ‘Suidwes’ byna drie jaar gelede het die navrae nie ophou instroom nie. Jezelle het met die onmiddelike publieke belangstelling in die werk uit haar musiekpen gewys dat hier merkwaardige en vermaaklike musiek oppad is.[…]

Sharoney is terug met ‘n nuwe enkelsnit, ’21 Vir Ewig’

Die talentvolle ster, met haar borrelende verhoogpersoonliheid en onblusbare energie, SHARONEY, is terug met die eerste enkelsnit en musiekvideo vanaf haar komende album wat beslis op elke musiekspeellys gaan koning kraai. 21 VIR EWIG spog met ’n splinternuwe volwasse klank en is ’n unieke Pop-nommertjie, wat hemelsbreed verskil van dít waaraan aanhangers gewoond is. “Hierdie[…]

Manie Jackson is terug met ‘n nuwe album, ‘My Beste en meer’

Manie Jackson se vokale vernuf en vermoë om met woorde te toor het oor jare heen van hom ‘n gróót gunsteling op die SuidAfrikaanse musiektoneel gemaak. Met sy nuutste vrystelling, “My beste en meer”, lewer hy ‘n terugblik op sy mees suksesvolle snitte en verras met kraakvars nuutskeppings wat jou ore sal laat hunker na[…]

Maroela Media spog nou met eie liedjie!

Nuus is, net soos musiek, iets wat nooit uit die mode gaan nie. Dit trek aandag, lok belangstelling en is altyd relevant. Daarom is dit net gepas dat ’n reuse-nuusbron, soos MAROELA MEDIA, wat Afrikaanssprekendes daagliks op hoogte hou van plaaslike en internasionale gebeure, bederf word met ’n liedjie wat vasvang hoe hierdie platform ons[…]

Abel Knobel: Musiek ’n ‘refleksie’ van sy eie kronkelpaaie

Jy het hom leer ken as die energieke en aantreklike blondekopsanger in die mannegroep NRG. En nou – ná ’n kort stilte, ’n verskyning op The Voice en ’n draai in Spanje – is Abel Knobel terug met ’n knal – en gereed om harte met sy sielvolle musiek te verower . . . Met die[…]

Rudi Claase span sy seile

Die talentvolle liedjieskrywer, sanger en musikant, Rudi Claase, voel vir die eerste keer in sy lewe of hy homself gevind het. Sy eerste solo-enkelsnit in sewe jaar word vandag landwyd vrygestel en soos ál die woorde wat die afgelope paar jare uit sy pen gevloei het, beloof “Seile” – wat ’n stukkie van sy hart[…]

André Schwartz vier sy pad na sukses met nuwe album, enkelsnit & vertoning.

“Elkeen van ons het ’n pad wat ons in die lewe moet stap. Soms is daar kronkels en draaie, wat ons voete seermaak en selfs laat bloei. Ander kere raak die las wat ons moet dra so swaar, dat dit ons breek. Maar ’n mens staan altyd weer op. Hoop en geloof is wat ons[…]

Len Muller vier sewe suksesvolle jare in die musiekbedryf met ‘n nuwe kortspeelplaat (EP)

Len Muller is ’n veelsydige en talentvolle musikant, wat bekend is vir sy hoendervleismooi musiek, wat direk met die hart te praat. Sy nuwe kortspeelplaat (EP) is vandag bekendgestel en die sanger is baie opgewonde hieroor omdat dit hom die geleentheid gegee het om ’n meer organiese produk, wat nie oorvervaardig is nie, op die[…]

Geliefde SA Country-Sangeres, Chereé, se nuwe musiekvideo is pas bekendgestel!

Chereé het pas haar langverwagte album, WILDE WATERS, vrygestel en nou volg die Country-ster se pragtige musiekvideo van die titelsnit. Die album het pas die rak getref het reeds die nommer 1 posisie op iTunes behaal. Die album bestaan uit 13 snitte wat deur die kunstenaar self, asook ander gesoute liedjieskrywers soos Rudi Claase, Vaughan[…]

Louis Geldenhuys wen harte met debuut-album!

Louis Geldenhuys se eerste enkelsnit, Harte in die Lug, is onlangs vrygestel en is baie hartlik deur die publiek ontvang, veral by die KKNK en Jamrock-teater in die Kaap, en kan gereeld oor die radio gehoor word. Nou is dié talentvolle ster terug in die kollig met sy debuut-album, met dieselfde naam, wat beloof om[…]

André Schwartz met sy nuwe enkelsnit, ‘Ek sal wag’

’n Superster word beskryf as ’n persoon of vermaaklikheidspersoonlikheid wat gevier word vir sy uitsonderlike talent en veelsydigheid. Alhoewel daar baie begaafde kunstenaars in Suid-Afrika is, geniet slegs ’n handjievol werklik superster-status, en André Schwartz is een van hulle. Dié bekroonde sanger, liedjieskrywer, verhoogkunstenaar, akteur (Sterlopers, 7de Laan) en televisieaanbieder, wat beskou word as een van die land[…]

Louis Geldenhuys se enkelsnit, ‘Harte In Die Lug’

Die opgewekte, meesleurende wysie en vrolike liefdeslirieke van die sanger Louis Geldenhuys se nuwe liedjie, HARTE IN DIE LUG, gaan beslis binnekort ’n gunsteling wees op al wat ’n dansvloer en speellys is. Hierdie enkelsnit is pas vrygestel en het ook reeds ’n draai by die KKNK gaan maak. HARTE IN DIE LUG is geskryf[…]

Sky Ocean sing oor haar Retrospek Van Liefde

Die gewilde sangeres, Sky Ocean, het pas haar nuwe enkelsnit, Retrospek Van Liefde, bekendgestel. Die liedjie volg op die hakke van haar eerste twee enkelsnitte, Blackholes in my Head en Vlekke, wat steeds baie gewild onder luisteraars is. “Wanneer jy verlore raak in jou eie denke of vir ’n oomblik terugdink aan jou liefdeslewe –[…]

Binnelanders se Ramey Short en sy nuwe enkelsnit!

Ramey Short, alombekend vir sy rol as Dr. Quinton Meyer in die daaglikse drama BINNELANDERS (weeksaande op kykNET om 19:30), se nuutste projek gaan aanhangers van die akteur se voete behoorlik laat jeuk van plesier – asook hul harte raak. Short stel eersdaags sy solo-album aan die wêreld bekend, maar intussen kan musiekliefhebbers hul ore[…]

Nuwe Afrikaanse duo, SKEMER, met hul 1ste enkelsnit, ‘Sê Dit Harder’

SKEMER, ‘n nuwe Afrikaanse man- en vrou-duo, het pas hulle heel eerste enkelsnit vrygestel en hulle gaan verseker Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers is in rep en roer hê.  SÊ DIT HARDER, wat beskryf kan word as ’n moderne Country-liedjie met ’n pop-aanslag, is soos ’n vars briesie in die bedryf en gaan beslis die radiogolwe oorneem. SÊ[…]

Deon Groot se nuutste enkelsnit, ‘Wyn’

Ons lewe in moeilike tye, met soveel probleme en bekommernisse en dis dikwels moeilik om net te laat gaan en die lewe te geniet. Maar Deon Groot se nuwe enkelsnit en musiekvideo, WYN, herinner ons om presies dit te doen! Die musiekvideo is pas hierdie afgelope naweek op sosiale media platforms asook op die kykNET[…]

Chris Duvenage vertel sy ‘stories’ met liedjies

Die sanger en liedjieskrywer, Chris Duvenage, se eerste enkelsnit vanaf sy debuut-album, Stories #1, is onlangs vrygestel en sal aanklank vind by die wat al afskeid moes neem van hul geliefde. Tydelik, uit Chris se eie pen, handel oor die proses waar iemand hul geliefde verloor. Dit gaan oor die punt wat die persoon bereik[…]

Hugo Nieuwoudt en Lianie May laat ‘ou gevoelens’ weer opvlam.

Die sanger Hugo Nieuwoudt, wat verlede jaar sy splinternuwe album, Net soos die sneeu vrygestel het is terug met ’n nuwe enkelsnit wat beloof om ‘ou gevoelens’ weer te laat opvlam.Ou Gevoelens, Hugo se deut met die pragtige Lianie May, is ’n kontemporêre-popliejie uit die pen van Werner Beukes en vertel hoe al die ou[…]

Arno Jordaan verklaar ’n ‘derde wêreldoorlog’

Met meer as een miljoen trefslae op YouTube, nommer een treffers op verskeie radiostasies, goue- en platinum-albums, Ghoema-benoemings en verskynings op Huisgenoot Skouspel en Afrikaans is Groot, is Arno Jordaan geen vreemdeling nie. Dié sanger, wat reeds veertien jaar bedrywig is in die musiekwêreld, se splinternuwe enkelsnit, Derde Wêreldoorlog is pas vrygestel. Derde Wêreldoorlog, uit[…]

Samantha Leonard met haar eerste enkelsnit, ‘Jou hart sal heel raak’

Die gewilde sangeres, Samantha Leonard (wat 3de in die eerste seisoen van The Voice SA geeindig het) het pas haar nuwe enkelsnit Jou Hart Sal Heel Raak, vrygestel.  Die musiekvideo vir hierdie treffende lied sal ook binnekort die lig sien. “Die liedjie is oorspronklik deur  Vaughan en Nerine Gardiner geskryf. Toe ek hierdie liedjie vir[…]

Armand Steenkamp met ‘n nuwe enkelsnit: ‘Lekker Mens’

Wat het Armand Steenkamp met wyle soos Worsie Visser, Zirk Bergh en Zak van Niekerk in gemeen? Hulle was almal LEKKER MENSE en se musiek lig jou gemoed! Vir die eerste keer in ‘n lang tyd verskyn daar ‘n lekker album, vol lekker liedjies, wat jou laat lekker voel. Selfs al gaan van die lirieke[…]

Jo Black se nuwe Enkelsnit is hier! ‘Voel Jy Die Genade’

Met meer as 8 miljoen YouTube kyke, 7 Ghoema toekennings, honderde vertonings en ‘n naam wat geen bekendstelling nodig het nie, kondig JO BLACK die vrystelling van sy nuwe album, VOEL JY DIE GENADE, aan. VOEL JY DIE GENADE is ook die titel van die eerste enkelsnit vanaf Jo se opkomende album en eg aan[…]

DECA stel ‘n nuwe album bekend: ‘Naturally’

Net soos die album se naam (Naturally) getuig, bring die populêre instrumentale duo, DECA, ’n splinternuwe album en stuur dit hulle repertoire in ’n meer natuurlike en organiese rigting. Douw Steyn en Herman Steyn, is weer aan die stuur van die viool– en kitaarpligte. DECA se eerste album, Black Sails, was taamlik organies, maar met[…]

%d bloggers like this: