Rider met sy eerste enkelsnit, ‘Plaas Spore’ – Musical Venture Radio

Rider met sy eerste enkelsnit, ‘Plaas Spore’

Ek is Rider!

‘n 22 Jarige boerseun met ń twist , gebore en getoë in die Noordwestelike dele van Suid Afrika, en is tans permanent gevestig in die Kaap.

My lewe in die musiek bedryf het begin toe ek as jong seun instrumente begin speel het naamlik klavier en kitaar, hieruit het ek ook self begin om my eie liedjies te skryf wat goed ontvang was deur die publiek en my laat besef het ek het iets hier beet!

Vandat ek kan onthou was ek geheg aan liedjies skryf oor enige soort emosie en fisiese gebeurtenisse wat in en om my eie lewe plaasgevind het, en daarby gepas was, en hierdeur is my debuut album “Grondpaaie” gebore wat deur Underdog Records vrygestel word in 2018.

Ek was nog altyd vreeslik passievol teenoor my mense en om hulle lewens gehalte beter te maak in enige opsig wat ek kon, so ook dan deur my musiek en lirieke!

Oor die jare heen het my eie lewenspad op en af gegaan , goed en sleg, maar met dit alles saam het my liedjie skryf materiaal net versterk in so mate dat dit nou tot op ‘n punt gekom het waar mense nie net my musiek geniet nie, maar ook werklik na die woorde luister en dit ter harte neem en hulle eie maak.

My debuut album getiteld “Grondpaaie” bevat baie emosies en lewenslesse van die moeilike pad wat ek as mens, kunstenaar en liedjieskrywer moes deurgaan en beleef het, en om dit dan alles saam te kon gooi onder een musikale produk om my storie te kan vertel”, vanaf hartseer na vreugde , vanaf plaas na stad en vanaf teleurstelling na liefde, glo ek hiermee dat elke luisteraar wat hierna luister dit saam my sal kan beleef, en my pad sal kan aanvoel!

Plaas Spore” is my grootste opskop lied op die album, en bedien dit ‘n sterk klem gerig op “die een wat weggeglip het “.

Ek voel dat mense wat hierna luister die snit naby hulle eie harte sal hou omrede dit een van die algemeenste hartbreuk gebeurtenisse is, en met “Plaas Spore” sal dit myself asook my gehore nader aan mekaar bring met die rustigheid om te weet ….”jy is nie alleen nie”.

Ek streef altyd daarna om net myself te wees en musiek te maak wat iemand se lewe tot verandering bring, sodat wanneer hulle moedeloos en of hartseer raak,” ek dalk net daai een persoon kan wees wat hulle weer die lig laat sien deur my musiek”.

Ek het ń fantastiese span mense wat saam my werk aan die album wat beplan word om in Augustus 2018 vrygestel te word deur UnderDog Records.

Konsert Besprekings:

Maverix Musiek

Tel: 012 753 2242

Epos: events@maverix.co.za

Leave a Reply

%d bloggers like this: