2ndLife is terug met ‘n nuwe enkelsnit, ‘Reënboog’ – Musical Venture Radio

2ndLife is terug met ‘n nuwe enkelsnit, ‘Reënboog’

Reënboog is geskryf deur die man- en vrou-duo, Boon en Liezel, en is ’n emosionele liedjie wat inpas in die tyd waarin ons almal ons bevind. Dit is die smagting van elke Suid-Afrikaner. Ons word daagliks vasgebind in die tragedie en seer van die mense in ons land. Sosialemedia en die nuus van die dag basuin dit uit.Die liedjie is nie polities nie en dit maak nie seer nie. Dit spreek van hoop, ’n droom vir JOU, Suid-Afrika!

Luister dit hier: https://soundcloud.com/liezel-schlebusch/reenboog-2ndlife

Die hoofsanger, Boon sê: Reënboog gaan oor die roeping vir ons as Suid Afrikaners om saam te staan en ’n land van hoop te skep. Wanneer ons vriende die land verlaat vir ’n beter toekoms hou ons vas aan dit waarvoor ons voorgeslagte geveg het. Ons is verlief op ons land en wil net hier bly. Die pyn en lyding van ons mense raak ons diep en ons kan nie langer stilstaan en net toekyk nie. Ons moet Op kyk, vir verlossing.  Die land het soveel potensiaal en Goddelike skoonheid.”

2ndLife se musiek is uniek omdat van die nuutste elektroniese klanke gemeng word met woorde uit die hart en eeu oue snaar instrumente soos banjo, mandolien, kitare, klaviere en viole. Die musiek is diep emosionele woorde wat luisteraars se lewensvrae beantwoord. Die luisteraar put inspirasie vanuit die hart tot in die siel en dit is soos ’n stukkie klei wat gevorm word volgens God se hand en reguit tot die hart spreek.

“Ons hoop om die pad van hoop en liefde vir ons medemens te skep. Mag nostalgie ons hoop versterk!” – Boon

2ndLife se eerste Afrikaanse enkelsnit, LEWE, is gedurende 2017 uitgereik en baie goed ontvang.  Die liedjie kan gereeld op radiostasies landswyd gehoor word en beklee steeds ’n plek op die trefferparades van sommige radiostasies.

Hulle doelwit is om mense te inspireer met hulle musiek en boodskap. Die alternatiewe benadering en sielvolle vertolking van die liedjies op hulle nuwe album en Boon se unieke stem, is die perfekte bestanddele vir ’n eindproduk wat nie net ’n omwenteling gaan veroorsaak in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf nie, maar ook vir hulle ’n permanente plek besorg op elke musiekliefhebber se speellysie.

Reënboog is ook op iTunes beskikbaar:  https://itunes.apple.com/za/album/reenboog-single/1352640137

 

SOSIALEMEDIASKAKEL

Facebook: https://www.facebook.com/2ndlifeband   

Twitter: @2ndlifeband

Instagram: @2ndlife band

YouTube: https://www.youtube.com/user/The2ndlifeband

Webblad: www.2ndlifeband.com

 

NAVRAE EN ALBUMBESTELLINGS

Liezel Boonzaier

Sel: 083 647 4112

E-pos: liezel@2ndlifeband.com

Leave a Reply

%d bloggers like this: