Shaun Tait en Nicky de Kock met hul nuwe enkelsnit – ‘Nuwe Generasie’

WORD DEEL VAN DIE NUWE GENERASIE IN AFRIKAANSE MUSIEK
met die nuutste vrystelling van “Supersterre” wenner Shaun Tait tesame met jong opkomende sangeres en aktrise (Vir Altyd) Nicky de Kock – NUWE GENERASIE

Hierdie liedjie is vars, opgewek en positief!
Presies wat die Afrikaanse musiekbedryf nou nodig het.

Die liedjie, geskryf en getoonset deur Shaun Tait, praat nie net van ’n nuwe generasie wat ontwaak nie, dit gee ook hoop en ’n positiewe boodskap aan die jeug daarbuite.

Wees net jouself, as jy dit regkry sal jy nie kan verloor nie” is maar een van die lesse wat in die lirieke verskuil is.

Die produksie is puik en bring ’n vars klank na die Afrikaanse musiekmark. Shaun en Nicky se stemme werk ook baie goed saam en die liedjie is vol verassings.

Die liedjie is egter nie net vir jongmense nie en mense van alle ouderdomme sal dit geniet en lekker saamsing en selfs dans. As jy wil weet waar die toekoms van goeie Afrikaanse musiek vandaan gaan kom, kliek gerus hier om na ’n kort voorsmakie van die liedjie te luister:

http://bit.ly/2v8p4NM

VIR ENIGE VERDERE NAVRAE IVM BESPREKINGS ENS. VAN SHAUN TAIT OF NICKY DE KOCK, KONTAK GERUS VIR LOUIS VAN DEN BERG BY 0824727786

Leave a Reply


Strict Standards: Only variables should be passed by reference in /home1/musicalv/public_html/wp-content/plugins/custom-javascript-editor/custom-javascript-editor.php on line 181
%d bloggers like this: