MeZZo met ‘n nuwe enkelsnit, ‘Die Muur’

‘n Skrywer wat ‘n impak maak deur sy liedjies!

Alhoewel MeZZo grootgeword het op ‘n dieet van Soul R&B (die glorieryke era van Motown en Philadelphia Soul), was sy vroegste Afrikaanse invloede: Sonja Herholdt se “Ek verlang na jou”, Ge Korsten se “Liefling” en Johannes Kerkorrel se “Hillbrow”.

Hy het saam met Ralph Rabie (Kerkorrel) in die middel-tagtigerjare in Die Burger se nagkantoor as subredakteur gewerk. “Kerkorrel se ongelooflike vermoe om iets skeppends en oorspronklik uit enige onderwerp op te dis, sal my vir ewig bybly.” Se hy.

MeZZo se musiekreis het begin met die sielkundige snit, ‘Blame it on Yourself‘, waar hy alles en almal vra, insluitende homself, om verantwoordelikheid vir ons lewenskeuses te neem.

‘n Britse musiekresesent Chris Dillon het geskryf: ‘For me, the most impressive example of MeZZo’s lyrical ability is ‘Blame it on Yourself’. What appears by the title to be a self-critical and damning song is actually one of the most encouraging tracks I’ve ever heard. His wisdom is simply flawless.’

MeZZo het eers sy vokale vaardigheid onder die arend-oë-perfeksionis, en musikoloog-vervaardiger, sanger, en nou Idols-mentor, RJ Benjamin, geslyp.

“Ek beskou myself eers as ‘n Suid-Afrikaner, en nie in kleurverband nie – vandaar die vermenging van tale in my liedjies ‘She’s So Cheeky’ en ‘Ungo Wam’ (Jy’s Myne) asook ‘I’m Missing Home.” Se hy.

Resesent Dillon stem saam en sê: ‘They don’t call South Africa the Rainbow Nation for nothing… and MeZZo is as colourful as it gets.’

Hierdie bekroonde joernalis plaas ‘n groot premie op humanitêre en jeugbevordering in sy gedagtegangskatalogus. Liedjies soos ‘Let Humanity Reign’, ‘Do It Now’, ‘Children of Hope’ en meer onlangs, sy lied wat met die nasie praat, ‘Togetha As 1’ word hierby ingesluit.

Sy liedjie ‘Real Love’ het ook die halfeindronde van die “International Songwriting Competition” in 2016 gehaal, uit die 16 000 inskrywings het slegs 1 600 die wereldwye halfeindronde gehaal.

Sy diskografie sluit ‘n 16-snit album, ‘No Color‘, twee EP’s –‘Ungo Wam’ en ‘Children of Hope’, en twee enkelsnitte ‘Togetha As 1’ en sy nuwe afrikaanse liedjie ‘Die Muur’ in.

Sy nuwe enkelsnit, ‘Die Muur’ is pas vrygestel en dit is sy eerste liedjie wat totaal in Afrikaans geskryf is.

Sy liedjies speel ook reeds oor kulturele en taalplatforms – vanaf Heart FM tot Radio Sonder Grense na SA FM tot Kofifi FM.

MeZZo werk reeds aan sy volgende Afrikaanse liedjie wat ‘n opvolg op ‘Die Muur’ sal wees genaamd ‘Staan op uit die As‘, maar vir nou wil hy eers die luisteraars inspireer om hulle mure af te breek!

Vir meer inligting, kontak

MALVORY ADAMS by 078 269 2959.
Email: mezzosoundz54@gmail.com
Facebook: @mezzosounds
Twitter: @mezzobeats

Leave a Reply

%d bloggers like this: