Veertig Hits Volume 2 – Al die grootste ranglysgunstelinge op 1 album! – Musical Venture Radio

Veertig Hits Volume 2 – Al die grootste ranglysgunstelinge op 1 album!

image004Is ‘n rare verskynsel om ‘n album te ontdek wat jy bloot in ‘n speler kan sit, play kan druk en tot op die heel laaste

noot kan geniet, maar “Veertig Hits Volume 2” is een van hulle – van voor tot agter stampvol gelaai met eersteklas treffers!

 Hierdie album sal enige platejoggie se regterhand wees en perfek aard by enige iets van lekker skoffel en losdans, tot ‘n lang padvat, tot rustig oor ‘n glasie iets sit en kuier, met nagenoeg twee en ‘n half ure se plaaslike en internasionale gunstelinge.

Oorspronklike snitte van kunstenaar soos Nathan Sykes, Karen Zoid & Francois van Coke, Alan Walker, Nicholis Louw, Ben Haenow, Adam Tas, Daughtry, Andriëtte, Kelly Clarkson, Riana Nel, Olly Murs & Demi Levato, Brendan Peyper, Avicii en tonne meer sorg vir ‘n baie diverse en aansteeklike musikale bederf.

Treffers soos “Faded”, “Second hand heart”, “Kaalvoet sokkie”, “Over and over”, “The sound of silence”, “Hardekole”, “Die perfekte een vir my”, “Piece by piece”, “Gooi jou liefde op my neer”, “Steal my girl”, “Toe vind ek jou”, “Locked away”, “The nights” en ‘n hele rits ander maak seker dat, watookal jou musieksmaak of bui, daar sommer ‘n klomp snitte sal wees wat jou hart vuurwarm sal laat klop!

“Veertig Hits Volume 2” is ‘n lekkerkry-album sonder remme, op al die regte maniere!

Die album is nou landswyd beskikbaar.

 

Leave a Reply

%d bloggers like this: