April 2018 – Musical Venture Radio

Burgerd Botha se eerste solo-album is hier!

Burgerd Botha het beslis geen bekendstelling nodig nie. Hierdie talentvolle kunstenaar, met sy sielvolle stem, was nie net vir sewe jaar betrokke by die bekroonde groep Romanz nie, maar tree ook gereeld op by van die land se grootste feeste en konserte. Sy langverwagte debuut solo-album is pas vrygestel en beloof om aanhangers se asems[…]

André Schwartz reik splinternuwe enkelsnit uit!

“… maar ek het dit nooit verwag, want hier staan ek weer. Dans dieselfde dans, maar voel soveel meer. Kry ’n tweede kans op ’n eerste keer met jou. Die eerste keer met jou…” is maar net ’n paar treffende lirieke uit die splinternuwe enkelsnit, TWEEDE KANS, deur een van Suid-Afrika se mees veelsydige kunstenaars,[…]

Angel is terug met ‘n nuwe enkelsnit. ‘Ek huil oor jou’

Angel de Lange se nuwe album, “Vat my terug”, haar eerste onder die Select-vaandel, is oorgehaal om een van die grootste country-rock bederwe van 2018 te wees! Hierdie fenomenale talent van die Ooste van Johannesburg se lae register-stem herinner aan die van die legendariese Bonnie Tyler, en met dié album – waar liedjieskrywers soos Rudi[…]

Dalene Matthee se TOORBOS kry lewe op die silwerskerm!

Die bekende roman, TOORBOS, uit die pen van bekroonde skrywer, Dalene Matthee, gaan binnekort lewe kry op die silwerskerm met gesoute vervaardiger, André Scholtz, aan die stuur van dié besonderse rolprent.  Hierdie romantiese drama is gebaseer op die 2003-topverkoper met dieselfde naam, wat deel uitmaak van die oorlede skrywer se arsenaal van suksesvolle bosverhale. Dit[…]

Marcato met ‘n nuwe enkelsnit, ‘Jy’s die een’

Marcato, bestaan uit: Pieter Smit (Sang & kitaar), Ben van Zyl (Sang, kitaar, mondfluitjie & klavier), Euan Nel (Tromspeler), Jerry Spangenberg (Elekriese kitaar) en Erik Swart (Elektriese baskitaar). Hulle een van Suid-Afrika se belowendste musiekgroepe, het diep in gehore se harte gekruip met hulle interessante vermenging van musiekstyle soos folk, country, bluegrass en akoestiese rock.[…]

Martin Bester met ‘n nuwe enkelsnit, ‘Ek Het Geweet’

Martin Bester wil graag hê almal moet weet hoe ernstig hy oor sy sangloopbaan is… Hy is ’n man van vele talente, maar musiek vloei deur sy bloed. Hy is nie net ’n bekroonde radio-omroeper, televisieaanbieder, akteur en seremoniemeester nie, maar ook ’n musikant in murg en been. Sy nuwe enkelsnit is pas vrygestel en[…]

%d bloggers like this: