1925Band – Stel nuwe enkelsnit ‘Gedig op jou arm’ bekend! – Musical Venture Radio

1925Band – Stel nuwe enkelsnit ‘Gedig op jou arm’ bekend!

‘Gedig op jou arm’ is geskryf deur een van die lede in die groep, David-Lee Gericke. “Dit het begin deur ‘n droom wat ek gekry het toe ek sestien jaar oud was. In die droom het ‘n engel met my kom praat en my aangemoeidg om ‘n liefdeslied vir die Here te skryf. Ek het wakker geword en binne ‘n kort rukkie was die lirieke geskryf en die liedjie getoonset. Ons speel die liedjie gereeld by ons vertonings en oral waar ons kom word mense aangeraak deur die lied. Die liedjie beteken ongelooflik baie vir ons en ons is bevoorreg dat die publiek nou die liedjie gaan hoor”, sê David.

1925Band bestaan uit drie musikale broers, Reno, Jeff en David-Lee Gericke, wat in 2010 besluit het om professioneel te begin musiekmaak. Hulle styl kan hoofsaaklik as akoestiese folk beskryf word en die harmonieuse manier waarop hulle stemme by mekaar inskakel, asook die gevoel wat in elke liedjie na vore kom, is juis wat hulle musiek so lekker maak om na te luister. Ons skryf musiek met baie emosie in die lirieke en melodieë en ons wil hê dat elkeen wat daarna luister dit moet voel. Dit is immers wat van liedjies treffers maak en waarmee luisteraars kan identifiseer,” vertel Reno, die ouboet van die groep. “David en Jeff skryf die meeste van die liedjies en word gewoonlik geïnspireer deur alledaagse gebeurtenisse, verhoudings en ervaringe van ons self en ander mense.”

Alhoewel 1925Band nog nie ’n amptelike CD op die rak het nie, spog hulle met ’n privaat album, Horizon, wat nie minder nie as agt oorspronklike snitte bevat. “Ons gunsteling liedjies is Gedig Op Jou Arm en Eintlik Nogal Baie, omdat dit lekker is om na te luister en vir ons spesiale betekenis het. Die paar kort videos wat ons self opgeneem het, is ook baie positief deur die publiek ontvang.”

Hulle liedjie, Eintlik Nogal Baie, was die tema-lied van die gelyknamig fliek wat in November 2016 uitgereik is. Gedig op jou arm kan ook in die fliek gehoor word en dié fliek sal vanaf 24 Februarie 2017 op DSTV Box Office en DVD beskikbaar wees.

Die fliek is gebaseer op ’n draaiboek met die naam Ally. Jarrod de Jong, mede-skrywer en vervaardiger, het die karakters geskep en die storie is gelaai is met ’n goeie balans van romanse, komedie, aksie, spanning en tragedie.“Die storie gaan oor Jay van Niekerk (André Lötter), ’n aantreklike, maar teruggetrokke strokiesboek-illustreeder wat sy lewe baie deeglik onder beheer het. Hy kom egter voor ’n kruispad te staan en wanneer hy vir Ally (Marisa Drummond) ontmoet, met haar oorbeskermde pa en haar eks-kêrel, word sy lewe vir altyd verander op die mees dramatiese manier. Kykers moet definitief genoeg sneesdoekies byderhand hou wanneer hulle die film kyk,” vertel De Jong.

Eintlik Nogal Baie is vervaardig in samewerking met The National Film and Video Foundation en The DTI, word deur Times Media Films versprei en die regie is behartig deur Jacques Brand (The Blanket, Die Laaste Ure).

 Kyk die lokprent hier:

SOSIALE MEDIA SKAKELS

1925BAND

Webblad: www.1925band.co.za

Facebook: https://www.facebook.com/1925band

Twitter: @1925band

Leave a Reply

%d bloggers like this: