‘Sneeukoningin 2’ spog met ‘n splinternuwe temalied deur die bekroonde Leah!

sneeukoninging-2

Die verhaal van Die Sneeukoningin (The Snow Queen ) is gebaseer op die oorspronklike klassieke sprokie wat deur Hans Christian Andersen geskryf en in 1845 vir die eerste keer gepubliseer is. Die verhaal handel oor die stryd tussen die goeie en die slegte wat ’n klein seuntjie en dogtertjie – Gerda en haar broertjie Kai – aanpak.

In Die Sneeukoningin 2 word die storie verder gevoer. Na hulle oorwinning oor die Sneeukoningin het die trolle ’n smaak vir vryheid ontwikkel. In hierdie opwindende en gevaarlike avontuur leer Orm dat ’n mens nie vriende, geluk en ware liefde deur middel van bedrog kan bekom nie.

Ghoema wenner Leah sing ’n nuwe oorspronklike liedjie vir die rolprent en is ook die stem van die film se heldin Gerda.  In 2016 het Leah een Ghoema- en drie Huisgenoot Tempo-toekennings verwerf as Beste Nuweling, Beste Liedjie en Beste Musiekvideo vir haar debuutalbum “Wonderwerk”.  Leah het ook pas nog ‘n toekenning vir “Beste Vroulike Kunstenaar” by die onlangse Bokkie toekennings wat jaarliks deur Bok Radio in die Wes-Kaap aangebied word ontvang.

‘Maak My Dag’ geskryf deur Johan Vorster en Christoph Kotze is n splinternuwe enkelsnit wat middel Oktober 2016 op Leah se nuwe Deluxe Album sal wees en ook as die temalied van Die Sneeukoningin 2 verskyn. 

leah-photo-small

Bekende liedjieboer Vorster was medeskrywer van die musiek vir die plaaslik vervaardigde musiekblyspele, Ons vir Jou, Jock of the Bushveld en Shaka Zulu –  The  Musical. Hy het ook die grootste deel van die musiek vir die Suid-Afrikaanse rolprent, Platteland, gekomponeer.

Die Deluxe weergawe van Leah se album ‘Wonderwerk’ sal vanaf Oktober in winkels en daarna aannlyn beskikbaar wees.

Ander Afrikaanse stemme word vertolk deur Pierre Breytenbach (Orm), Christine Voorendyk (Alfida) en Richard van der Westhuizen is Generaal Arrog.  Die stemregie vir Die Sneeukoningin 2 is behartig deur Rina Nienaber wat ook die eerste film se Afrikaanse stemme geredigeer het. Ander bekende stemme sluit Lochner De Kock,  Heidi Mollentze, Leila Etsebeth en Anton Dekker in.

Die musiek in die film is deur Mark Willott , ’n Emmy-bekroonde komponis uit die Middelande van die Verenigde Koninkryk behartig.

Die film sal vanaf 25 November in teaters landswyd vertoon en word deur Indigenous Film Distribution in Suid-Afrika uitgereik.

Die Sneeukoningin 2 is vervaardig deur Wizart Animation en die Bazelevs Groep.

Amptelike lokprent:

Volg Die Sneeukoningin 2 hier op Facebook:       https://www.facebook.com/sneeukoningin/?fref=ts&ref=br_tf

Vir enige medianavrae, moet asb. nie huiwer om my direk te kontak nie.

Vriendelike groete

Alishia van Deventer
alishia@starburstmusic.co.za

Starburst Promotions
Office: 083 635 4717

 

Leave a Reply

%d bloggers like this: