June 10, 2020

Eensgesind KLANKLÊERS

Show Info

Hosted by: Eengesind
Produced by: admin

Show Times

Timezone: SAST [UTC+2]
Wed:
7:00 pm - 7:59 pm
[ - ]
Fri:
3:00 pm - 3:59 pm *
[ - ]
* Encore Presentation

About the Show


By Eensgesind glo ons in die waarde van kollektiewe intellektuele kapitaal. Ons is verbind tot die uitruil van kennis en die waarde van ‘n samehangende gesprek. Ons glo in leersame en stimulerende inhoud. Ons put waarde uit die ervaring van diegene wat voor ons gekom het en wil ʼn bydrae lewer tot die besprekinge en moontlike oplossings vir die vraagstukke van vandag en môre.

Eensgesind is ‘n sosiale herlewingsinisiatief wat daarop gerig is om aan individue ’n platform te bied waarbinne hulle nie net intellektueel kan verryk nie maar ook blootgestel kan word aan inspirerende skrywers, kommentators en bronne wat hul nie sou teëkom in hul alledaagse lewe nie. Eensgesind wil aktuele, relevante en interessante programinhoud by wyse van klanklêers sowel as geskrewe inhoud voorhou. Ons bied aan verbruikers eietydse en pasgemaakte media wat hul in sogenaamde vrye tyd kan inneem. Eensgesind hoop om deur opbouende en konstruktiewe inhoud, op te hef, te bemagtig en te inspireer.

Besoek ons op Facebook en ons webtuiste

Show Host


Show Producer