Notice: Undefined index: post_type in /home/lksjumsw/public_html/wp-content/plugins/radio-station/includes/data-feeds.php on line 1372

Warning: Cannot modify header information - headers already sent by (output started at /home/lksjumsw/public_html/wp-content/plugins/radio-station/includes/data-feeds.php:1372) in /home/lksjumsw/public_html/wp-includes/feed-rss2.php on line 8
admin – Musical Venture Radio https://musicalventureradio.com Music makes the world go round.......... Fri, 28 Feb 2020 02:51:54 +0000 en-US hourly 1 https://wordpress.org/?v=6.5.2 https://i0.wp.com/musicalventureradio.com/wp-content/uploads/2016/08/ezgif.com-optimize.gif?fit=32%2C26&ssl=1 admin – Musical Venture Radio https://musicalventureradio.com 32 32 As jy van Calendar Girls en The Full Monty gehou het gaan jy mal wees oor Military Wives! https://musicalventureradio.com/index.php/2020/02/19/as-jy-van-calendar-girls-en-the-full-monty-gehou-het-gaan-jy-mal-wees-oor-military-wives/ https://musicalventureradio.com/index.php/2020/02/19/as-jy-van-calendar-girls-en-the-full-monty-gehou-het-gaan-jy-mal-wees-oor-military-wives/#respond Wed, 19 Feb 2020 03:01:02 +0000 http://musicalventureradio.com/?p=3402 [...]]]> As flieks soos Calendar Girls en The Full Monty op jou lys van gunstelinge is, gaan jy beslis mal wees oor regisseur Peter Cattaneo se nuutste film, MILITARY WIVES, wat binnekort op plaaslike skerms te sien is.

Met dié projek het hy dit weereens reggekry om die ware verhaal van gewone vroue – wat onverwags bekendheid verwerf – te omskep in ’n warm, humoristiese en inspirerende rolprent.

MILITARY WIVES vertel die storie van ’n groep vroue wat ’n reuse sukses maak van dit wat veronderstel was om ’n terapeutiese stokperdjie te wees. Die draaiboek, wat deur Rosanne Flynn en Rachel Tunnard geskryf is om hulde te bring aan vroue wat saamstaan, draai om die pogings van soldate se vroue om hulle gemoedere te lig wanneer hulle mans gaan oorlog maak.

“Daar is baie oorlogflieks, maar jy sien nooit wat met die gesinne gebeur wat agterbly nie,” verduidelik Cattaneo. “Hierdie rolprent bring hulde aan die vroue en meisies wat agtergelaat word. Wanneer die lewe moeilik raak, het ’n mens soms nodig om saam te lag om te oorleef. Hierdie is ’n eerlike verhaal oor mense wat daarvan hou om mekaar te laat lag. Dit gaan oor menslikheid en mense kan baie snaaks wees.” 

MILITARY WIVES is gebaseer om die ware verhaal van die koormeester, Gareth Malone, wat in 2011 ’n groep vroue onder sy vlerk geneem het terwyl hy besig was om aan die BBC-program, The Choir, te werk. Navorsing het getoon dat koorsing help om stres te verminder en eensaamheid, angs en depressie te bekamp. Malone se doel was om die vroue en meisies van soldate te help om hulle gevoelens weer te gee deur middel van musiek. Wat begin het as ’n stokperdjie, het aansienlik gegroei oor die afgelope dekade – daar is nou meer as 2 300 vroue met weermagverbintenisse in 75 kore regoor Brittanje en oorsee.

Met Kristin Scott Thomas en Sharon Horgan in die hoofrolle, plaas MILITARY WIVES klem op hoe diegene wat agterbly wanneer die manne oorlog toe gaan in ’n roetine verval, terwyl hulle wag vir hulle geliefdes om terug te keer en hoop om nooit slegte tyding te kry nie.

Kate (Scott Thomas) is netjies en georganiseerd, terwyl Lisa (Horgan) meer gemaklik en onkonvensioneel is. Saam vorm hulle ’n onverwagse vennootskap wat lei tot die eerste koor vir soldate se vroue. Hierdie koor help nie net dié vroue deur van die moeilikste oomblikke in hulle lewens nie, maar word ook mediasensasie wat die weg baan vir soortgelyke pogings regoor die wêreld.

“Dit was baie opwindend om lewe te gee aan ’n kontemporêre millitêre basis deur hierdie verhaal van gewone vroue in ongelooflike moeilike omstandighede, wat die genesende krag van saamsing gebruik om mekaar te bemoedig,” sê Cattaneo.

“Kate en Lisa se verhouding is die emosionele ruggraat van die prent en dit was ’n plesier om saam met hulle te werk. Hulle is albei talentvolle akteurs en net so gemaklik in snaakse as ernstige rolle. Alhoewel hulle hemelsbreed van mekaar verskil – wat voorkoms, agtergrond en energie aanbetref – vul hulle mekaar tog ook perfek aan.”

Greg WiseJason FlemyngEmma LowndesGaby FrenchLara RossiAmy James-Kelly en India Ria Amarteifio is ook in die fliek te sien.

“Ek hoop dat fliekgangers saam met die karakters in MILITARY WIVES sal lag en huil, dat hulle geïnspireerd sal voel deur hierdie vroue se dapperheid en dat hulle die ou musiektreffers sal geniet,” sê Cattaneo.

MILITARY WIVES is ’n inspirerende goedvoel rolprent oor vriendskap, liefde en ondersteuning binne ’n gemeenskap. Die fliek word plaaslik versprei deur Filmfinity (Edms) Bpk. en sal vanaf 20 Maart 2020 in bioskope te sien wees.

Kyk die lokprent hier: https://www.youtube.com/watch?v=KLPBiYXsKPQ

 INTERNASIONALE SKAKELS

Facebook: @militarywivesmovie

Nuts About Movies: https://www.facebook.com/NutsAboutMovies/

 

]]>
https://musicalventureradio.com/index.php/2020/02/19/as-jy-van-calendar-girls-en-the-full-monty-gehou-het-gaan-jy-mal-wees-oor-military-wives/feed/ 0
Jezelle stel uiteindelik lankverwagte enkelsnit vry – ‘Plekkie In Die Son’ https://musicalventureradio.com/index.php/2020/01/29/jezelle-stel-uiteindelik-lankverwagte-enkelsnit-vry-plekkie-in-die-son/ https://musicalventureradio.com/index.php/2020/01/29/jezelle-stel-uiteindelik-lankverwagte-enkelsnit-vry-plekkie-in-die-son/#respond Wed, 29 Jan 2020 00:20:50 +0000 http://musicalventureradio.com/?p=3333 [...]]]> Hierdie is een van daardie uitsonderlike vrystellings waarvoor die publiek lank gewag het. Na die onverwagte sukses van haar trefferlied getiteld ‘Suidwes’ byna drie jaar gelede het die navrae nie ophou instroom nie. Jezelle het met die onmiddelike publieke belangstelling in die werk uit haar musiekpen gewys dat hier merkwaardige en vermaaklike musiek oppad is. Dit was ‘n lang wag maar uiteindelik is die volgende enkelsnit hier en beloof om nie teleur te stel nie.

Die nuwe enkelsnit getiteld ‘Plekkie in die son’ behou Jezelle se opregte uitkyk in die lewe en vang weer die aardsheid vas wat ‘n mens in Jezelle se werk verwag en waardeer. Die lied praat op die man af met die luisteraar en vra jou reguit oor jou doel in die lewe, jou plekkie in die son, en breek dan deur met opbouende lewenswysheid wat nie doekies om draai nie.

Plekkie in die son’ is nou op alle aanlyn musiekplatvorms beskikbaar en beslis ‘n ‘moet luiter’ vir die Afrikaanse musiekliefhebber.

Daar is te min sulke liedjies daar buite“, sê Jezelle terwyl sy met trots vertel hoe hierdie opwindende liedjie ontstaan het. Jezelle vertel dat sy besig was om te ry in Namibië tussen Swakopmund en Walvisbaai. Die mense wat daardie stuk pad ken sal weet hoe spesiale stukkie aarde daardie is want aan jou linkerkant lê die enorme duine van die oudste woestyn ter wêreld, die Namibwoestyn, terwyl die uitgestrekte koue Atlantiese oseaan aan jou regterkant lê. Woestyn en see kom daar bymekaar. Jezelle besef toe dat daardie reuse duin uit ontsettende fyn sandkorreltjies bestaan. Elke sandkorreltjie is op sy eie niks, maar saam vorm dit die indrukwekkendste duin. Dieselfde met waterdruppels en die uitgestrekte oseaan. Parallel daaraan voel ‘n individuele persoon dikwels maar minderwaardig alhoewel jy deel van ‘n baie groter en belangrike prentjie vorm.

Hierdie lied maak deel uit van ‘n baie besonderse album wat binnekort vrygestel sal word. ‘Plekkie in die son’ is ‘n lied wat opwindend is, met die hart van elke individu praat, en ‘n positiewe antwoord gee op die vrae van duisende daar buite. Die besluit om ‘Plekkie is die son’ op die nuwe album in te sluit was voor die hand liggend, sê Jezelle. “Sommige liedjies word gebore op die regte tyd om op die regte album die regte mense te bereik,” verduidelik sy.

Byna drie jaar gelede het Jezelle behoorlik die internet aan die gons gehad toe ‘n onvoltooide weergawe van haar liedjie getiteld ‘Suidwes’ uitgelek het en soos ‘n veldbrand begin versprei het. Binne enkele ure het meer as 150,000 mense die video begin kyk. Die res is geskiedenis. Van daar af het die video soortgelyke kyke behaal op verskeie platforms en het gesamentlik al meer as ‘n miljoen kyke sonder dat die liedjie al op ‘n album verkyn het of enigsins bemark is.

Jezelle toer Suid-Afrika en Namibië plat en is uiters populêr op veral feeste. Haar musiek is opreg uit haar hart. In haar eie woorde sê sy haar musiek is “vir ons mense“. Daarom behoort dit ook die komende album se titel te wees. Die aardsheid en opregtheid van haar musiek maak haar geliefd onder aanhangers wat reeds haar musiek gehoor het.

Dit is belangrik om nie doekies om te draai nie. Daar is nog baie waar hierdie een van kom, maar ek stel hierdie liedjie vry omdat ek die mense wat my so getrou ondersteun wil beloon met ‘n nuwe liedjie met ‘n positiewe boodskap.”, vertel Jezelle.
Jezelle het in Namibië grootgeword maar woon in Pretoria. Sy skryf al haar musiek en lerieke self en is baie nou betrokke by die vervaardiging van haar musiek in die ateljee. Sy het verlede jaar ma geword en pa en baba toer en vlieg oral saam. “Sy is sommer van kleins af ‘n regte Jetsetter“, lag Jezelle as sy oor ma-wees en haar besige skedule praat.

Plekkie in die son’ is nou op alle digitale newerke soos iTunes, Google Play en so meer beskikbaar:
https://store.cdbaby.com/cd/jezelle5
https://music.apple.com/za/album/plekkie-in-die-son-single/1496319087
https://play.google.com/store/music/album?id=Bflzxnff3hwasvm4i3f5zi2jx7a&tid=song-Tr6gzcyqdamq2ozblt4r2dhtz6u

Sosiale Media:
Facebookhttps://www.facebook.com/jezellemusiek/
Webbladhttp://www.jezelle.co.za/

Ander musiekvideos:
‘Suidwes’:

Vir ons mense‘:

 

Skakel gereeld in om na jou gunsteling liedjies te luister.

Musical Venture Radio

 

]]>
https://musicalventureradio.com/index.php/2020/01/29/jezelle-stel-uiteindelik-lankverwagte-enkelsnit-vry-plekkie-in-die-son/feed/ 0
Sharoney is terug met ‘n nuwe enkelsnit, ’21 Vir Ewig’ https://musicalventureradio.com/index.php/2020/01/24/sharoney-is-terug-met-n-nuwe-enkelsnit-21-vir-ewig/ https://musicalventureradio.com/index.php/2020/01/24/sharoney-is-terug-met-n-nuwe-enkelsnit-21-vir-ewig/#respond Fri, 24 Jan 2020 21:29:44 +0000 http://musicalventureradio.com/?p=3323 [...]]]> Die talentvolle ster, met haar borrelende verhoogpersoonliheid en onblusbare energie, SHARONEY, is terug met die eerste enkelsnit en musiekvideo vanaf haar komende album wat beslis op elke musiekspeellys gaan koning kraai.

21 VIR EWIG spog met ’n splinternuwe volwasse klank en is ’n unieke Pop-nommertjie, wat hemelsbreed verskil van dít waaraan aanhangers gewoond is. “Hierdie snit val lekker op die oor en is ’n saamsingtreffer, wat jou voete sal laat jeuk om te dans. Dit is daardie tipe liedjie wat jy orals sal wil luister – in jou motor, by partytjies, om die braaivleisvuur en selfs by die gym en dit gaan verseker maak dat jy vir ewig 21 gaan wil bly,” gesels sy oor dié langverwagte vrystelling.

 Dié liedjie, uit die pen van Douvoordag se Jattie de Beer, het ’n baie positiewe boodskap en gaan daaroor dat die menslike gees nooit werklik verouder nie. Dat jy spontaan moet leef en die beste moet maak van elke oomblik, want op die ou einde van die dag is jy net so oud soos wat jy voel.

“Ek onthou my een-en-twintigste so goed soos gister, want ek bestempel dit as die ouderdom waarop jy regtig ’n volwassene word. Dan is jy jonk genoeg om dié tyd van jou lewe te geniet, maar oud genoeg om die herinneringe vir altyd te koester. Soms wens ek dat ek net vir ’n dag die horlosie kon terugdraai om weer so te voel. Toe ek 21 VIR EWIG vir die eerste keer hoor, het ek net geweet dit moet deel wees van my volgende album, want die tema is van toepassing op elkeen van ons… jonk en oud,” deel SHARONEY wat baie opgewonde is om haar nuwe musiek met die wêreld te deel.

Fathom Media, saam met wie sy al ’n hele paar projekte aangepak het, was die kreatiewe brein agter die musiekvideo wat vanoggend om 10h00 eksklusief deur Jacaranda FM aanlyn bekendgestel is.  Die video sal ook vanaand om 20h30 op VIA TV se Klink Soos Naweek vir die eerste keer op die kassie te sien wees. Die video spog met ’n vars, moderne aanslag en wys vir kykers ’n hele nuwe kant van die sangeres. SHARONEY was nog altyd gewillig om nuwe dinge te probeer en ek glo dat hierdie ’n groot tree vorentoe gaan wees vir haar en haar loopbaan. Hierdie is net die begin,” sê Fathom Media se Jay Loots.

Kyk die video hier:

 

Volgens SHARONEY was die doelwit van hierdie video om iets in Afrikaans te doen wat nog nie voorheen gesien is nie. Daarom het hulle besluit op ’n dansmusiekvideo wat voldoen aan internasionale standaarde. “Ons sien nie gereeld Afrikaanse musiekvideos wat maande se oefening, doelgemaakte kledingstukke en choreografie met ander dansers insluit nie, wat hierdie een dus baie uniek maak,” sê Jay.

Park Bench Studio was die perfekte plek om lewe te gee aan hierdie idee en SHARONEY en haar vier dansers kwyt hulle skitterend van hulle taak om die kyker deel te maak van die prettige atmosfeer op die skerm. Die enigste boodskap wat hierdie musiekvideo inhou, is om die lewe te geniet en volluit te leef. Om nie een oomblik terug te staan nie, kanse te vat en dapper te wees. Alles word natuurlik uitgebeeld met die gebruik van baie helder kleure en teksture,” verduidelik die kunstenaar.

SHARONEY het beslis geen bekendstelling nodig in die Afrikaanse musiekbedryf nie. Oor die afgelope vyf jaar, het sy nie net diep in die harte van musiekliefhebbers kom kruip nie, maar ook twee Ghoema- en Huisgenoot Tempo-benoemde albums en sewe groot radiotreffers uitgereik.

21 VIR EWIG volg op haar vorige gewilde vrystelling, Crush, wat baie goed deur die publiek ontvang is en steeds gereeld oor die radio gehoor kan word. Die musiekvideo het reeds meer as 40 000 trefslae op YouTube gehad en is baie gewild onder die jongklomp.

Crush was die derde snit vanaf haar album, Skyn, wat in 2018 benoem is vir ’n Ghoema-toekenning vir Beste Popalbum Deur ’n Vroulike Kunstenaar. Die titelsnit het ook die nommer 1-posisie op Lekker FM se treffersparade beklee. Verder was dit ook verskeie weke onder die top 10 op Bosveldstereo se Afrikaanse Top 20, die kykNET Top 20 en VCR se Baanbrekers. Die musiekvideo kan steeds gereeld op die kassie gesien word.

SHARONEY het in 2014 die musiekwêreld amptelik betree toe haar eerste enkelsnit, Een Keer, wat deur ADAM se Hugo Ludik en Reynardt Hugo geskryf is, binne enkele dae die trefferleer begin klim het en sommer vir lank bo-aan, al wat ’n treffersparade is, gekuier het.

Kort daarna is haar debuutalbum, In Ons Fairytale, vrygestel en dit was ook ’n kitssukses wat aan haar in 2015 twee Ghoema-nominasies (Nuweling van die Jaar en Beste Pop-Album deur ’n Vroulike Kunstenaar), asook ’n benoeming vir ’n Huisgenoot Tempo-toekenning (Nuweling van die Jaar) besorg het. Prinses, haar tweede enkelsnit uit die pen van Hugo Ludik en Reynardt Hugo, was ook baie gewild en het dadelik lugtyd gekry oor die radio en ook op televisie. Die derde en vierde enkelsnitte, Fairytale en Wees My Held, het kort daarna gevolg en haar plek in die harte van Suid-Afrikaners verstewig en voortgebou op die sukses wat sy reeds bereik het.

Wanneer sy nie op die verhoog is nie, is sy baie betrokke by liefdadigheidswerk. Verder is sy ’n gereeld gesig by funksies en feeste regoor die land. Tans is sy hard aan die werk met die opname van haar nuwe album, wat in 2020 vrygestel word, en is sy dankbaar vir elke geleentheid en hoogtepunt in hierdie hoofstuk van haar loopbaan.

Alhoewel 21 VIR EWIG ’n sorgvrye tema en ’n moderne aanslag het, getuig dit ook van hoeveel SHARONEY en haar musiek oor die jare gegroei het en dien dit as die perfekte lusmaker van die nuwe en opwindende rigting waarin haar loopbaan beweeg.

Die liedjie is beskikbaar op alle digitale platforms hier:

http://itunes.apple.com/album/id1494695147?ls=1&app=itunes

http://itunes.apple.com/album/id/1494695147

 

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook: https://www.facebook.com/www.sharoney.co.za

Twitter: @Sharoneymedia

Instagram: @sharoney01

Webblad: www.sharoney.co.za

 

Luister gereeld na jou gunsteling stasie

Musical Venture Radio

 

]]>
https://musicalventureradio.com/index.php/2020/01/24/sharoney-is-terug-met-n-nuwe-enkelsnit-21-vir-ewig/feed/ 0
Manie Jackson is terug met ‘n nuwe album, ‘My Beste en meer’ https://musicalventureradio.com/index.php/2019/10/24/manie-jackson-is-terug-met-n-nuwe-album-my-beste-en-meer/ https://musicalventureradio.com/index.php/2019/10/24/manie-jackson-is-terug-met-n-nuwe-album-my-beste-en-meer/#respond Thu, 24 Oct 2019 02:51:37 +0000 http://musicalventureradio.com/?p=3284 [...]]]> Manie Jackson se vokale vernuf en vermoë om met woorde te toor het oor jare heen van hom ‘n gróót gunsteling op die SuidAfrikaanse musiektoneel gemaak. Met sy nuutste vrystelling, “My beste en meer”, lewer hy ‘n terugblik op sy mees suksesvolle snitte en verras met kraakvars nuutskeppings wat jou ore sal laat hunker na meer!

Die album beslaan 20 snitte – nagenoeg ‘n uur en ‘n half se ouditiewe bederf – en plaas Manie se uitsonderlike, klassiekkontemporêre stem in ‘n vertoonkas van juwele wat in ‘n ryke verskeidenheid uiteenlopende, dog uitstekend
komplementerende, kleure pronk.

Momente van diep, treffende monoloë en solo-instrument word uitstekend afgewissel met dié van vol orkes, simfonie, stem en agtergrondharmonie. Hierdie twee uiterstes, en die ryke mengsel van klanke tussenin, sorg vir ‘n luisterryke ervaring – enige iets van goeie Afrikaanse sokkie met polsende ritmes en techno-invloede, ‘n tiksel country, ‘n bietjie jodel en ‘n ballade of twee, tot meer geestelike werke en selfs ‘n wals met ‘n knypie Griekeland in sy hart.

Vir ‘n voet wat sy lyf danser wil hou is daar snitte soos “Waarom het jy nie nee gesê”, “Liefde en genade” en “Julia”, ‘n lekker jive met “Onthou se jodel”, twee meevoerende walse, “Sê nou” en “Bring die sterre nader”, sowel as effens rustiger snitte soos “Onthou my” en “Palms van my hande” wat ruimte maak vir bietjie asem skep.

“Die Hemel weet” – ‘n immergroen en alombekende gunsteling – maak ook sy verskyning op die album.

Manie neem ‘n oomblik om ‘n prag huldeblyk te bring aan legendes van gister wat ons vooruit gegaan het met “Ek, Bles en Gé” – ‘n roerende werk waar ‘n volkleurbeeld van groot name in die musiekbedryf in hul Ewige Woning met musiek geskets word.

Snitte met diepe lewenswysheid, soos “Dorings vir Ma” en “Loop net langs my spore”, sowel as geestelike werke soos “Engele”, “Fire within me” en ‘n pragtig herwerkte weergawe van die Onse Vader – op wysie van die ou bekende Auld lang syne – is ook op die album ingesluit.

Die album lewer presies wat dit belowe en soveel meer. Dis die hoogtepunte van alles Manie Jackson en ‘n pronkstuk van musikale diversiteit vir enige musiekversameling!

Die album is nou landswyd beskikbaar.

Volg hom op Facebookhttps://www.facebook.com/Manie-Jackson-Blad-143626159033190/

 

Skakel ook in na: Musical Venture Radio

om na die lied te luister.

]]>
https://musicalventureradio.com/index.php/2019/10/24/manie-jackson-is-terug-met-n-nuwe-album-my-beste-en-meer/feed/ 0
Maroela Media spog nou met eie liedjie! https://musicalventureradio.com/index.php/2019/10/04/maroela-media-spog-nou-met-eie-liedjie/ https://musicalventureradio.com/index.php/2019/10/04/maroela-media-spog-nou-met-eie-liedjie/#respond Fri, 04 Oct 2019 04:34:05 +0000 http://musicalventureradio.com/?p=3279 [...]]]> Nuus is, net soos musiek, iets wat nooit uit die mode gaan nie. Dit trek aandag, lok belangstelling en is altyd relevant. Daarom is dit net gepas dat ’n reuse-nuusbron, soos MAROELA MEDIA, wat Afrikaanssprekendes daagliks op hoogte hou van plaaslike en internasionale gebeure, bederf word met ’n liedjie wat vasvang hoe hierdie platform ons mense met mekaar verbind.

PLATTELANDERS, uit die pen van Muller Brandt en Michael van der Walt, is geskep toe dié nuusreus op soek was na temamusiek vir hulle vervolgverhaal met dieselfde naam. “Die klank moes eg Afrikaans wees, maar ook spreek tot ’n mark wat wyer is as net die platteland. Iets tong-in-die-kies, positief en vrolik, wat boeretrooskuiers en samesyn versinnebeeld,” verduidelik Susan Lombaard, uitvoerende hoof van MAROELA MEDIA. “Michael en Muller is albei baie talentvolle musikante wat graag saam werk. Hulle klank is eg Afrikaans en hulle het ’n goeie sin vir humor. Daarom was hulle die perfekte kunstenaars om dié liedjie se lirieke en musiek te hanteer en hulle stel beslis nie teleur nie.”

Volgens die sangers, wat ook die liedjie vervaardig het, het hulle ’n tipiese prentjie probeer skep van hoe dinge op ’n plattelandse dorpie sou verloop – met die hoop dat almal wat al in ’n stadium op ’n kleindorpie gewoon (of gekuier) het, daarby aanklank sal vind. Die eindresultaat is ’n opgewekte lekkerluister-dansnommertjie wat, met die gebruik van verskeie instrumente soos die mondfluitjie, dit regkry om die wel en weë van die Afrikaanse gemeenskap perfek vas te vang. Dit herinner ook dat alhoewel die lewe gebeur en nuus nie altyd positief is nie, tragedie die Afrikaanse gemeenskap dikwels nader aan mekaar bring.

“Dis vir ons regtig ’n groot eer en voorreg om deel te wees van hierdie projek. Ons hou baie van MAROELA MEDIA se mense en dit waarvoor hulle staan, want ons deel ook hulle liefde vir Afrikaans, mense en die Here,” sê Muller en Michael oor dié goue geleentheid wat hulle te beurt geval het. “Ons albei werk hard om ons musiekloopbane te bevorder en hopelik sal die bekendstelling van dié lied help om ons te vestig as liedjieskrywers. Om meer liedjies te skryf is een van ons hoof-mikpunte en ons is tans besig om te werk aan ’n paar nuwe idees.”

PLATTELANDERS word op 3 Oktober 2019 aan radio landswyd vrygestel en is ook die temalied van MAROELA MEDIA se nuwe digitale inisiatief, Maroela-fontein, wat aan die einde van die jaar bekend gestel word en waar lesers as’t ware kan deel word van dié digitale dorpie.

Lombaard sê verder: “Afrikaans is veel meer as ’n taal. Dis ’n identiteit waarmee miljoene mense in ons land vereenselwig. Met PLATTELANDERS wou ons met klank en lirieke ’n prentjie skep van wie ons is. Ons glo dat elke Afrikaanssprekende iets van hom- of haarself in die liedjie sal vind. Ons hart klop Afrikaans en met hierdie liedjie neem ons ons droom, om ’n Afrikaanssprekende gemeenskap uit verskillende agtergronde saam te bind en te laat tuis voel, nog ’n treetjie verder. Ons wil hulle weer laat saamsing en -lag en hulle met nostalgie herinner aan waar hulle vandaan kom. Ons wil vir hulle hoop skep deur ’n liedjie wat uit die gemeenskap vir die gemeenskap is.”

 

DIE MANNE AGTER DIE MUSIEK

Muller Brandt is ’n Afrikaanse sanger en liedjieskrywer wat glo dat hy en ander kunstenaars ’n stem van hoop in die land moet wees. Dié Pretorianer kom uit ’n musikale familie en het ná skool sy musiekdiploma aan die Kampus van Uitvoerende Kunste (COPA) verwerf. Sedertdien het hy al saam met van die land se grootste vervaardigers gewerk en verskeie enkelsnitte, waaronder “Ballades wat resoneer” en “Jy is”, uitgereik wat speeltyd op die Top-20 van verskeie radiostasies se treffersparades geniet het.

Muller put graag inspirasie uit die musiek van internasionale sterre soos Ed SheeranJohn MayerBon Jovi en Chris Tomlin, en uit plaaslike kunstenaars soos Theuns Jordaan, Matthew Mole, Joshua na die Reën, Len Muller en Kaleidoskoop. Hy hoop hy om binnekort ook sy eie CD ook vry te stel, te gaan toer en vir ander kunstenaars musiek te skryf.

Michael van der Walt is al van skooltyd af besig met musiek, maar dit het eers in sy matriekjaar regtig in sy hart begin leef toe hy homself geleer kitaarspeel het. Kort daarna het hy betrokke geraak by die kerk se musiekspan en sommer gou die jeugmusiekbediening gelei.

Nadat hy ’n talentkompetisie gewen het met een van sy oorspronklike liedjies, het hy ’n musiekgroep begin wat later opgebreek het soos wat die lewe met elkeen van hulle gebeur het. In 2016 het hy die groep, ’n Pel Van My, begin saam met Muller Brandt en begin sing by troues, feeste en funksies.

Hy beplan om binnekort ’n splinternuwe projek aan te pak, waarmee hy oorspronklike musiek onder die naam – Mighael van der Walt – gaan vrystel.

PLATTELANDERS getuig nie net van hierdie twee musikante se ongelooflike talent nie, maar ook van die passie en liefde van ’n Afrikaanse gemeenskap wat, ten spyte van geskille, altyd daar sal wees vir mekaar.

Die liedjie sal vanaf 3 Oktober 2019 op Joox beskikbaar wees en binnekort op alle ander digitale platforms. Dit is ook reeds op Maroela se winkel, die Koöperasie by www.maroelawinkel.co.za beskikbaar, so as jy daarvan hou kan jy dit nou dadelik daar gaan aanskaf!

SOSIALEMEDIASKAKELS

MAROELA MEDIA

Facebook: https://www.facebook.com/MaroelaMedia/

Instagram: @maroela_media

Twitter: @maroelamedia

Webblad: www.maroelamedia.co.za

 

MULLER BRANDT

Facebook: https://www.facebook.com/mullerbrandtmusiek/

Instagram: @christiaan_mullerbrandt

Webblad: www.mullerbrandt.co.za

 

MICHAEL VAN DER WALT

Facebook: https://www.facebook.com/mighaelvdw/

Instragram: @mighaelvanderwalt

]]>
https://musicalventureradio.com/index.php/2019/10/04/maroela-media-spog-nou-met-eie-liedjie/feed/ 0
Abel Knobel: Musiek ’n ‘refleksie’ van sy eie kronkelpaaie https://musicalventureradio.com/index.php/2019/10/02/abel-knobel-musiek-n-refleksie-van-sy-eie-kronkelpaaie/ https://musicalventureradio.com/index.php/2019/10/02/abel-knobel-musiek-n-refleksie-van-sy-eie-kronkelpaaie/#respond Wed, 02 Oct 2019 02:13:33 +0000 http://musicalventureradio.com/?p=3271 [...]]]>

Jy het hom leer ken as die energieke en aantreklike blondekopsanger in die mannegroep NRG. En nou – ná ’n kort stilte, ’n verskyning op The Voice en ’n draai in Spanje – is Abel Knobel terug met ’n knal – en gereed om harte met sy sielvolle musiek te verower . . .

Met die eerste oogopslag val dit jou by: Iets aan die aantreklike blondekopman herinner jou aan iemand wat jy al voorheen gesien het . . .

Dalk is dit sy stoppelbaard; of dalk selfs daardie sjiek blonde kuif wat altyd perfek stileer en na regs gekam is.

Skielik besef jy: Dis die baard en die kuif, ja, maar eintlik is dit daardie strelende melodieuse stem van Abel Knobel – dieselfde stem wat vir vier jaar lank as ’n lid van die elektropop-mannegroep NRG (Energie) die een na die ander treffer uitgereik het.

Drie jaar lank was aanhangers optimisties afwagtend vir die sanger se volgende skuif; en nadat hy as ’n spanlid van Bobby van Jaarsveld ’n draai op The Voice (Suid-Afrika) gemaak het, stel hy nou amptelik sy debuut solo-album – én die eerste enkelsnit daarop – bekend.

Die album is getiteld Refleksies – en die musiek vertel stories van hoop; liefde en selfaanvaarding.

En ja, hy én sy musiek het in die laaste jare meer volwasse geword, vertel die sanger tergend.

My debuutalbum is ’n ander genre as waaraan aanhangers met NRG gewoond was. ’n Mens sou kon sê ek het groot geword . . . My klank is meer volwasse – en dis definitief iets wat die publiek nog nie gehoor het nie,” vertel hy.

Waar hy voorheen vir ’n elektropopklank bekend was – en as baskitaar- en klawerbordspeler vir die mannegroep – het sy debuutalbum eerder ’n volwasse temporêre klank. En ja, natuurlik ook effens pop- rock . . .

Sy eerste enkelsnit – getiteld Die Wildernis – vertel van hoop en liefde – ’n tema wat soos ’n goue draad deur die album loop.

Ek beskryf die snit as ’n feel good song. Dit gaan oor die avonture van die lewe; dat jy altyd meer kan bereik en meer kan leer as daar iemand is wat hierdie avontuur saam met jou ervaar. Die betekenis is eenvoudig: Om te verdwaal in Die Wildernis – wat ook al jou eie wildernis mag wees – is om jouself werklik te vind.

Die liedjie het ’n tydlose gevoel – en al die instrumente daarop is live en sonder elektroniese byklanke.

Dis nie net dié snit wat ’n dieperliggende betekenis het nie: Refleksies is soos ’n venster na die binnekamers van sy hart . . . Die lirieke van elke snit reflekteer op die verlede, en soms op die hede, en is ’n blik op sy lewensreise – op paaie wat soms gekronkel het; soms vol duwweltjies was en nie altyd maklik was nie.

Elke snit is ’n reis in sy lewe wat op welke wyse ook al ’n impak op hom gelaat het en hom gevorm het in die mens wie hy vandag in die spieël sien – en elke verhaal word op so ’n wyse vertel dat die luisteraar homself daarmee kan vereenselwig.

Dís die doel van die musiek: Storieliedjies wat jou aan jou eie reise herinner.

Die snitte vertel verhale wat met jonk én oud sal praat, en die tydlose elemente; die opgewekte elektroniese klanke; betekenisvolle lirieke en vervaardiging van die album mik ook na ’n breër gehoor.

As ’n jong sanger wat homself nou as solo-kunstenaar vestig het ek baie om te sê,” vertel Abel.

Daar is baie positiewe boodskappe in die album vasgevang. Dis nie moeilik om die temas van hoop, liefde en selfaanvaarding te sien nie. Hierdie is elkeen elemente wat in my persoonlike lewe weergaloos is. Ek wil hê die luisteraar moet weet: Daar is mense wat dieselfde pyn en worstelinge as jy ervaar – en dit ís moontlik om jouself te bevry.

Refleksies bestaan uit 17 snitte. Elkeen is deur Abel en Sean Butler – vervaardiger van die album – geskryf.

Vir hom is net een ding belangrik: Om ’n enkele lewe – of dalk meer – aan te raak.

Ek weet dinge gaan moeilik in die musiekbedryf. Daarom het hoop ek net een ding: Dat die album ’n verskil kan maak. As ek net tien mense se lewens verander, was dit vir my die moeite werd.

Die aantreklike sanger het nog ’n verrassing: Hy maak eersdaags ’n verskyning in die gewilde SABC2- sepie 7de Laan. En aanhangers sal maar moet wag om te sien watter kattekwaad hy op die kassie aanjaag . . .

Volg hom op sosiale media:

FacebookAbel Knobel

Twitter@ABknobel

Instagram: abelknobel

]]>
https://musicalventureradio.com/index.php/2019/10/02/abel-knobel-musiek-n-refleksie-van-sy-eie-kronkelpaaie/feed/ 0
Rudi Claase span sy seile https://musicalventureradio.com/index.php/2019/10/01/rudi-claase-span-sy-seile/ https://musicalventureradio.com/index.php/2019/10/01/rudi-claase-span-sy-seile/#respond Tue, 01 Oct 2019 00:17:53 +0000 http://musicalventureradio.com/?p=3266 [...]]]> Die talentvolle liedjieskrywer, sanger en musikant, Rudi Claase, voel vir die eerste keer in sy lewe of hy homself gevind het. Sy eerste solo-enkelsnit in sewe jaar word vandag landwyd vrygestel en soos ál die woorde wat die afgelope paar jare uit sy pen gevloei het, beloof “Seile” – wat ’n stukkie van sy hart oordra – om die egte Rudi Claase-stempel af te druk.

Elke liriek is noukeurig gekies, elke noot is sorgvuldig gespeel en elke emosie is besonders vasgevang.

Claase kan nie ophou praat oor “Seile” nie. “Ek dink die metafoor is ook gepas omdat ek nou, vir die eerste maal in jare, gereed is om op te staan vir myself en vir wie en wat ek is,” vertel dié bekroonde liedjieskrywer met ’n breë glimlag. “Seile” is nie net nóg ’n toevoeging tot sy skatkis van liedjies wat hy oor die jare geskryf het nie, maar Claase glo dat dit hoop sal bring vir elke mens wat daarna luister. “My droom is dat mense met die lied sal vereenselwig en opnuut krag sal kry om hul eie seile te span teen die wind. Elkeen moet besef dat daar lig in elke donker situasie is en dat hy/sy sterker is as wat hulle besef wanneer die lewe soos ’n golf oor hulle gemoed breek. Ek bid dat “Seile” in menigte harte sal inkruip en dat die lied hul lewens-temalied kan word,” vertel ’n emosiebelaaide Claase.

Dié kranige liedjieskrywer – wat sélf al in menigte harte ingekruip het – huiwer nie om te erken dat hy aan bipolêre depressie ly nie, maar hy glo dat hy hierdie gemoedsversteuring daagliks aanpak en oorwin.

Claase het al ’n mandjie vol pragliedere vir vele Suid-Afrikaanse sangers geskryf, waarvan die meeste groot treffers geword het. Meer as 700 van die liedjies uit Claase se pen het ’n plek in duisende musiekliefhebbers se harte waarvan die lirieke in hul geheue-kabinet gestoor is, en “Seile” behoort óók ’n spesiale bêre-plek te kry.

Hierdie keer hoop Claase dat dié lied – omdat dit vir hom soveel betekenis het – vir die hele, wye wêreld sal wys wie hy werklik is. Hy lê homself in “Seile” bloot en wys ’n rou stukkie van homself. “My stem is my eie en ek weet presies wat ek wil sê. Elke lied behoort vir my aan iemand en ek gee dit met liefde weg. Daardie kunstenaar se loopbaan word verryk deur iets waarvoor ek ’n talent van God gekry het. Dis die grootste eer. Oor die jare het ek myself ontgin en nóú weet ek wie ek is. Daarom het ek “Seile” vir myself geskryf, maar ook vir elkeen wat die lewe se donkerder kant ken en dalk moet hoor hoe om weer ’n kers aan te steek, sodat hulle harte weer warm lig kan uitstraal.

Die ATKV het Claase onlangs bekroon met ’n Afrikoontoekenning vir sy bydrae tot die Afrikaanse taal en musiek. Hierdie toekenning het vir Claase baie beteken en net nóg hoop en krag gegee om te doen wat hy die beste doen en dít is om te skryf en sing. Hy tree gereeld regoor Suid-Afrika op en staan reeds vir jare bekend as een van Suid-Afrika se Lieflinge. Met hierdie samewerkingskonsep het Claase ou liedjies afgestof en dit saam met ’n duetmaat aan gehore herbekendgestel. “Die Lieflinge” het gou ’n gewilde handelsnaam geword in elke huishouding wat die praglirieke en -stemme nostalgies waardeer. Claase is steeds passievol oor sy sangmaat, Charné Hugo en “Die Lieflinge” staan sterk. “Elke kunstenaar kan in ‘n groep welslae behaal en terselfdertyd sy/haar solo-drome najaag. Ek waardeer Charné só baie dat die nodige woorde ontbreek.”

Seile” se melodie en lirieke neem die luisteraar op ’n reis, ’n selfondersoekende reis. Claase glo dat dit harte diep sal raak en dat dit hartseer harte se vonkies sal terugbring. “Die tyd is nou my eie en ek respekteer eintlik myself uit God se genade dat ek hierdie stap kon doen. “Seile” is vir my bevrydend en veilig.

As ek my seile span teen die wind kan ek voel hoe die liefde my kry”, en dít is presies wat dit is: Die liefde het vir Rudi Claase gekry.

Volg Rudi op sosiale media:

Facebook: Rudi Claase

Twitter: @RudiClaase

Instagram: rudi_claase

 

 

]]>
https://musicalventureradio.com/index.php/2019/10/01/rudi-claase-span-sy-seile/feed/ 0
André Schwartz vier sy pad na sukses met nuwe album, enkelsnit & vertoning. https://musicalventureradio.com/index.php/2019/07/20/andre-schwartz-vier-sy-pad-na-sukses-met-nuwe-album-enkelsnit-vertoning/ https://musicalventureradio.com/index.php/2019/07/20/andre-schwartz-vier-sy-pad-na-sukses-met-nuwe-album-enkelsnit-vertoning/#respond Fri, 19 Jul 2019 23:38:22 +0000 http://musicalventureradio.com/?p=3260 [...]]]> “Elkeen van ons het ’n pad wat ons in die lewe moet stap. Soms is daar kronkels en draaie, wat ons voete seermaak en selfs laat bloei. Ander kere raak die las wat ons moet dra so swaar, dat dit ons breek. Maar ’n mens staan altyd weer op. Hoop en geloof is wat ons dra,” verklap Suid-Afrika se grootste vermaaklikheidskunstenaar, André Schwartz, oor die betekenis agter die titelsnit van sy langverwagte nuwe album, DIE PAD.

Hierdie hoendervleismooi Pop-ballade, uit die pen van Roux Cloete, is die derde vrystelling vanaf die nuwe album en is een van daardie liedjies wat direk met die siel praat, omdat gehore van alle ouderdomme by die boodskap kan aanklank vind.

“Almal van ons het al struikelblokke beleef en daarom dink ek dat mense van die liedjie sal hou. Dit is ’n pragtige produksie deur Christi Schutte wat ek vreeslik geniet om te sing, so ek hoop dat mense dit net soveel sal geniet om daarna te luister,” sê hy.

DIE PAD volg in die suksesvolle voetspore van Tweede Kans en Ek sal Wag wat beide baie goed ontvang is en bo-aan die treffersparades van verskeie groot radiostasies gepronk het. Albei enkelsnitte is saam met treffende musiekvideos uitgereik, wat al deur ’n paar duisend mense op YouTube gekyk en ook steeds op die kassie te sien is.

Kyk Ek Sal Wag se video hier:

André, wat onlangs met ’n Ghoema-musiektoekenning vereer is vir sy lewenslange bydrae tot Suid-Afrikaanse musiek, is baie opgewonde om sy album uiteindelik met aanhangers te deel en beskryf dit as ’n vars Afrikaanse Pop-album, wat nuwe klanke met elemente van sy vorige werk kombineer.

Die CD bestaan uit tien oorspronklike snitte wat deur verskeie liedjieskrywers geskep is, asook vier bonussnitte wat verwerkings is van bestaande gunstelinge soos Piano Man, Lief Vir Alles Hier en meer. I Dare To Dream, ’n hartroerende duet saam met Yvonne Chaka Chaka, vorm ook deel van dié indrukwekkende speellys.

“Die hoofinspirasie agter die nuwe vrystelling was om meer op die verhoog te wees. Optredes is my pitkos. Daar het so baie mense aan hierdie album gewerk en dit is wonderlik hoe ’n klomp verskillende style en klanke so mooi kon saamsmelt om ’n beeldskone eindproduk te lewer,” deel hy. “Wat die album so besonders maak, is dat elke liedjie ’n ander storie het om te vertel.”

As jy vir hom vra watter liedjies hom na aan die hart lê, verklap die sanger dat Negentien September – waarvan die musiek deur Christa Steyn geskryf is vir PG du Plessis se rolprent met dieselfde naam – vir hom baie spesiaal is, aangesien hy self ’n groot aanhanger van du Plessis is. Hy is ook mal oor Perfek Vir My se lirieke, omdat hy meen dat dit ’n eerlike en pragtige manier is om vir iemand te sê hoe wonderlik hulle is.

 Sy nuwe albumvrystelling loop hand-aan-hand met ’n konsertreeks met dieselfde naam wat spesiaal deur die veelsydige ster vir gehore saamgestel is. Dié multimedia-vertoning word beskryf as ’n vreugdevolle en nostalgiese reis deur die lewe van hierdie ongelooflike musikant. Dit bied ’n kombinasie van musiek, staaltjies uit André se verlede en hede en stel sy fenomenale opera-stem ten toon. Die regie word behartig deur Casper de Vries.

“Die Pad is daarop gemik om almal te herinner om die lewe te waardeer en die stories wat ek deel is gevul met humor en positiewe gedagtes. Dit is vir my belangrik dat mense weet dat ek regtig nog soveel musiek wil maak as moontlik,” verklap hy.

André is al van jongs af doenig met musiek en het op veertien sy televisiedebuut gemaak. Hy het klassieke musiekopleiding gehad en is net so gemaklik agter die klavier as agter die mikrofoon.

Dié veelsydige superster is nie net ’n uitstaande sanger, liedjieskrywer, verhoogkunstenaar, akteur (Sterlopers7de Laan) en televisieaanbieder nie; maar ook ’n besigheidsman van formaat, wat alles in die lewe met passie en presiesheid aanpak.

Daar is veertien solo-albums op sy kerfstok, waarvan byna almal goue verkoopstatus bereik het en verskeie liedjies deur hom self geskryf is. Verder is hy bekend vir verskeie radiotreffers soos Ek wil jou nooit weer sien en Lief Vir Alles Hier. Hy het ook ’n besonderse manier om gehore vir ure lank te bekoor met sy aangrypende en sjarmante verhoogpersoonlikheid.

Hy is ook ’n uiters talentvolle teaterster, wat bekendheid verwerf het vir kragtige hoofrolvertolkings in verskeie musiekblyspele soos Joseph and the Amazing Technicolour Dreamcoat, Jesus Christ Superstar, Pirates of Penzance en The Phantom of the Opera. Vir laasgenoemde het hy talle toekennings ontvang en word hy beskryf as een van die beste ‘Phantoms’ ter wêreld en dra hy Andrew Lloyd Webber se stempel van goedkeuring.

 André Schwartz se nuwe enkelsnit en album was beslis die wag werd en getuig van DIE PAD wat hy deur sy suksesvolle loopbaan moes stap om te wees waar hy vandag is. Nie net stel elke liedjie op sy nuwe vrystelling sy uitsonderlike talent en kreatiwiteit as musikant ten toon nie, maar bewys dit ook weereens hoekom hy een van die mees geliefde kunstenaars in die land is.

 

 LYS VAN SNITTE

Die Pad

Tweede Kans

Trap in my Spore

Negentien September

Perfek vir My

Ek Sal Wag

Roep My

Stukke Optel

I Dare To Dream (met Yvonne Chaka Chaka)

Ek Kom Huistoe

Bonussnitte

Lief Vir Alles Hier

Ek wil jou nooit weer sien/ Met Jou In My Lewe Medley

Hello

Piano Man

 

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook: https://www.facebook.com/AndreSchwartzOfficial/

Twitter: @Andre_Schwartz

Instagram: @andreschwartzsa

YouTube: https://www.youtube.com/user/AndreSchwartzVideos

Webblad: www.andreschwartz.co.za

 

ALBUMNAVRAE

Christien De Klerk

E-pos: christien.deklerk@umusic.com

]]>
https://musicalventureradio.com/index.php/2019/07/20/andre-schwartz-vier-sy-pad-na-sukses-met-nuwe-album-enkelsnit-vertoning/feed/ 0
Len Muller vier sewe suksesvolle jare in die musiekbedryf met ‘n nuwe kortspeelplaat (EP) https://musicalventureradio.com/index.php/2019/07/01/len-muller-vier-sewe-suksesvolle-jare-in-die-musiekbedryf-met-n-nuwe-kortspeelplaat-ep/ https://musicalventureradio.com/index.php/2019/07/01/len-muller-vier-sewe-suksesvolle-jare-in-die-musiekbedryf-met-n-nuwe-kortspeelplaat-ep/#respond Mon, 01 Jul 2019 04:50:57 +0000 http://musicalventureradio.com/?p=3254 [...]]]> Len Muller is ’n veelsydige en talentvolle musikant, wat bekend is vir sy hoendervleismooi musiek, wat direk met die hart te praat.

Sy nuwe kortspeelplaat (EP) is vandag bekendgestel en die sanger is baie opgewonde hieroor omdat dit hom die geleentheid gegee het om ’n meer organiese produk, wat nie oorvervaardig is nie, op die rak te sit. Die album bestaan uit vyf van sy bestaande treffers, waarvan sy nuutste hartroerende enkelsnit – Oorgenoeg – een is. “Ek wou al baie lank van my musiek lewendig en akoesties laat opneem, met net die regte instrumente soos die tjello, banjo, ukelele, akoestiese kitaar ensovoorts,” vertel hy. “Hulle sê dat masjiene musiek in die toekoms perfek gaan maak en dat mense nie meer sal nodig wees nie. Maar ek voel dat menslikheid en emosie in musiek dit juis besonders maak, al breek daar ’n snaar êrens in die middel – want net soos wat ons foute maak, is daar ook foute in musiek.”

Hy deel verder: “Dis nou sewe jaar vandat ek die besluit gemaak het om voltyds in musiekbedryf te werk. Twee solo-albums later, weet ek nogsteeds nie altyd of dit die regte besluit was nie. Wat ek wel glo, is dat hierdie deel van my passie en roeping is. Om musiek te maak om in die kommersiële mark te pas werk nie vir my nie, want ek kom agter dat luisteraars my eie werk en styl meer waardeer. Ek wil nie voel dat ek met ander kunstenaars moet meeding vir die spreekwoordelike kollig nie. Elkeen moet tog ’n plekkie hê sonder om in kompetisie te wees, omdat dit nie eintlik oor die individu gaan nie. Ek wil help bou aan die onderstebo-koningkryk waar die laaste eerste is, die kleinste die grootste of belangrikste is en wie die minste het eintlik die meeste het… In hierdie koningkryk het almal ‘oorgenoeg’.”

Oorgenoeg, dié blondekopster se nuutste enkelsnit en musiekvideo wat spesifiek vir sy kortspeelplaat opgeneem is en gedurende Mei 2019 uitgereik is, is ’n treffende Afrikaans-Akoestiese verwerking wat sy vaardighede as liedjieskrywer en sanger behoorlik ten toonstel en selfs die kieskeurigste luisteraar tevrede sal stel.  Hierdie enkelsnit kan reeds gereeld oor die klankgolwe van radiostasies landswyd gehoor word!

Die snit kan beskryf word as rou en eerlik en kom uit ’n baie spesiale plek in die sanger se hart uit. “Vandat ek baie klein was, het ek ’n diep hartseer oor die armoede in ons land en het baie gehuil oor mense wat op straat moet bly. Ek kon nog nooit vertaan hoekom ’n sekere groep mense meer het as wat hulle nodig het, terwyl ander doodgaan van die honger nie. Die liedjie het dus ontstaan uit hierdie frustrasie met geldgierigheid”, verduidelik Len. “Ek het gevoel dat ek self nie veel finansieel kan doen om ’n verskil te maak nie, maar wat ek wel het is musiek. As ek een persoon kan kry om anders te dink of meer mededeelsaam te leef, dan is dit die moeite werd. Die lirieke is baie rou en eerlik en dit is seker een van die eenvoudigste liedjies wat ek al geskryf het, maar tog die naaste aan my hart.”

Oorgenoeg, wat deur Theo Crous van Bellville Studios vervaardig is, is ook die eerste liedjie wat hy saam met sy sussie, Miemie Blaauw, opneem en haar stem vul syne perfek aan in die laaste koorgedeelte van die enkelsnit. “Sy het my laat huil in die ateljee. Dit was baie spesiaal,” deel hy.

Volgens Len is die musiekvideo geskep om vir die liedjie ’n platform te skep en agtergrond te bied van wat agter-die-skerms by die ateljee gebeur. “Die idee was om meer te deel oor die skeppingsproses en nie noodwendig om ’n storie te probeer vertel nie. Hierdie enkelsnit praat vir hom self en die video ondersteun dit,” vertel hy. “Ons wou graag mooi visuele elemente afneem terwyl ek die lied sing, in oop spasies.” 

 Kyk die video hier:

 

Die beeldmateriaal is by die Voortrekkermonument verfilm, kort na Len se vertoning by Park Acoustics waar hy die liedjie vir die eerste keer lewendig opgevoer het. Reghardt, Werner en Nelis Botha van Blimp Films het die video opgeneem en vervaardig.

Die kunstenaar was ook, saam met Joshua na die Reën, Kaleidoskoop, Leon Gropp, Lizandra Winter en Liani Reynolds, deel van die betowerende reeks musiekkonserte, Musiek Soos Grond, wat in Mei 2019 by Villa Avianto in Bloemfontein en The Big Red Barn in Pretoria plaasgevind het. Hierdie reeks is die eerste van sy soort in Suid-Afrika en is daarop gemik om vir kontemporêre kunstenaars ’n platform te gee om hulle hoendervleismooi lirieke, ware lewensverhale en veelsydigheid op die verhoog te deel. Die konsep is ongelooflik goed ontvang en daar word reeds nog ’n vertoning in Potchefstroom beplan vir 18 Julie 2019. Lugballon, ’n enkelsnit en musiekvideo deur al die kunstenaars wat deel was van die konsert om dit te bemark, kan tans op verskeie gewilde platforms gesien en gehoor word.

Len Muller se nuwe kortspeelplaat bewys nie net hoe talentvol dié musikant regtig is nie, maar bewys ook weereens hoe innoverend en veelsydig hy is. Kry die kortspeelplaat nou hier:  http://ditto.fm/akoesties

Kyk gerus die EPK hier:

 

LIEDJIES OP DIE KORTSPEELPLAAT

  1. Nuwe Horison (Akoesties)
  2. Oorgenoeg (Radioweergawe)
  3. Ek Glo (Akoesties)
  4. Sing vir Sente (Akoesties)
  5. Verdwyn

 

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook: https://www.facebook.com/lenmuller1/?fref=ts

Twitter: @lenniemuller

Instagram: @lennie.muller

Webblad: www.lenmuller.co.za

YouTube: www.youtube.com/lenniemuller

SoundCloud: www.soundcloud.com/lenmuller

 

BESPREKINGS

E-pos: bookings@lenmuller.co.za  / len@lenmuller.co.za

]]>
https://musicalventureradio.com/index.php/2019/07/01/len-muller-vier-sewe-suksesvolle-jare-in-die-musiekbedryf-met-n-nuwe-kortspeelplaat-ep/feed/ 0
Geliefde SA Country-Sangeres, Chereé, se nuwe musiekvideo is pas bekendgestel! https://musicalventureradio.com/index.php/2019/06/28/geliefde-sa-country-sangeres-cheree-se-nuwe-musiekvideo-is-pas-bekendgestel/ https://musicalventureradio.com/index.php/2019/06/28/geliefde-sa-country-sangeres-cheree-se-nuwe-musiekvideo-is-pas-bekendgestel/#respond Fri, 28 Jun 2019 02:49:35 +0000 http://musicalventureradio.com/?p=3251 [...]]]> Chereé het pas haar langverwagte album, WILDE WATERS, vrygestel en nou volg die Country-ster se pragtige musiekvideo van die titelsnit.

Die album het pas die rak getref het reeds die nommer 1 posisie op iTunes behaal. Die album bestaan uit 13 snitte wat deur die kunstenaar self, asook ander gesoute liedjieskrywers soos Rudi Claase, Vaughan Gardiner, Hugo Ludik, Michael Lindt, Tony Ridgway en Roux Cloete, geskep is.

Die titelsnit is saam met die album as enkelsnit vrygestel. Wilde Waters is ’n pragtige kommersiële popliedjie, uit die pen van die bekende liedjieskrywer Rudi Claase, met ’n melodie wat strelend is op die oor.

Dit gaan oor mense se daaglikse worsteling om geluk binne ’n verhouding te vind, want partykeer wil iets net nie werk nie al baklei jy hoe hard daarvoor. “Hierdie liedjie is definitief nie ’n weerspieëling van my en Wynand se verhouding nie. Ek besef egter dat nie almal so gelukkig is nie en dat hierdie amper perfekte verhouding nie vir almal beskore is nie. Elkeen van ons is tog maar op soek na daardie spesiale persoon wat ons op alle vlakke kan aanvul,” vertel Chereé. “Die liedjie vertel juis van hierdie struweling tussen wat die hart wil hê en dit wat in realiteit moontlik is. Dit is ’n terugblik op mooi herinneringe wat twee mense gedeel het met die hoop dat dinge sal uitwerk, maar dan skop die besef in dat liefde sy eie gang gaan.”

Die musiekvideo, is deur Christian Wolf verfilm en vervaardig in en rondom Pretoria. In die video sien die kyker wat in twee mense se gedagtes aangaan, terwyl hulle met hulle eie emosies worstel. Die vrou reis deur haar gedagtes na ’n ou gunsteling-plek van haar en haar geliefde met die hoop dat alles weer reg sal kan kom. Hulle werk deur ’n klomp probleme en dit lyk nie asof hulle tot ’n vergelyk sal kan kom nie en miskien uitmekaar gegroei het. “Die storie beeld die reis uit van hulle lewe saam en hoe hulle intussen ook verlore geraak het. Jy sien hoe hulle sukkel om weer bymekaar uit te kom en wonder of dit genoeg sal wees om aan te hou probeer,” verklap die musikant. “Die boodskap is dat al is jy hoe lief vir iemand en al probeer jy dit ’n duisend keer maak werk, is daar net sommige mense wat nie bedoel is vir mekaar nie.” Hare, grimering en stilering vir die video en albumomslag is deur Suna Robberts van Image by Suna behartig.

Kyk video hier:

 

Die album is beskikbaar op alle digitale platforms hier: https://umgafrica.lnk.to/wildewaters

 

VOLG HAAR OP SOSIALEMEDIA

Facebook: https://www.facebook.com/Cheree-146481635369938/

Twitter: @chereestrydom

Instagram: @chereestrydom

]]>
https://musicalventureradio.com/index.php/2019/06/28/geliefde-sa-country-sangeres-cheree-se-nuwe-musiekvideo-is-pas-bekendgestel/feed/ 0
Louis Geldenhuys wen harte met debuut-album! https://musicalventureradio.com/index.php/2019/06/28/louis-geldenhuys-wen-harte-met-debuut-album/ https://musicalventureradio.com/index.php/2019/06/28/louis-geldenhuys-wen-harte-met-debuut-album/#respond Fri, 28 Jun 2019 02:23:23 +0000 http://musicalventureradio.com/?p=3246 [...]]]> Louis Geldenhuys se eerste enkelsnit, Harte in die Lug, is onlangs vrygestel en is baie hartlik deur die publiek ontvang, veral by die KKNK en Jamrock-teater in die Kaap, en kan gereeld oor die radio gehoor word. Nou is dié talentvolle ster terug in die kollig met sy debuut-album, met dieselfde naam, wat beloof om nuwe woema in die Suid-Afrikaanse Country-popgenre te blaas.

Net soos die titelsnit, is die album slim saamgestel om die mooiste lirieke en wysies te kombineer om ’n hoendervleismooi eindresultaat te verseker. “My gesin en verlange na die verhoog en musiekbedryf was die grootste inspirasie agter my eerste album. Ons werk al sedert 2016 aan die uitkies en opneem van liedjies wat deur verskeie talentvolle liedjieskrywers; soos Dennis East, Pierre Rossouw, Rudi Claase en Warren Grey Elliot; geskep is,” verduidelik die sanger. “Dit was vir my belangrik dat ek self van elke liedjie moes hou, omdat ek dit graag met gevoel wil vertolk. Ek hoop dat luisteraars ook, net soos ek, by die inhoud van die album sal aanklank vind.”

HARTE IN DIE LUG, ’n titel wat hy gekies het omdat dit net so uniek is soos sy musiekstyl, bestaan uit elf oorspronklike snitte wat wissel tussen opgewekte dansmusiek en dieper liefdes- en gospelliedjies. Volgens hom is dit moeilik om ’n gunsteling-snit te kies, omdat die inhoud so sorgvuldig saamgestel is, maar as hy egter een moes kies sou dit beslis Eenkeer wees. “Op die dag wat ek die liedjie ontvang het, het God met my gepraat en dit gebeur steeds elke keer wanneer ek dit sing,” verklap hy. “‘Sy’s ’n Vrou Wat Kan’ wat Dennis East vir my oor my eie vrou geskryf het, is ook baie spesiaal omdat hy dit reggekry het om haar so mooi vas te vang – in my oë kan sy alles doen, van karavaan sleep tot gate boor in die muur.”

Louis vertel verder dat Engel bo-aan sy kinders se speellys is, terwyl vriende en familie Vlamme die meeste geniet. “Ek wil graag hê dat mense my moet leerken vir wie ek is, deur middel van my musiek – ’n pa wat graag sy droom wil uitleef, sodat sy kinders kan trots wees op hom,” sê hy. “Met hierdie album, wil ek toer na elke hoekie van Suid-Afrika sodat almal my musiek kan hoor.”

Die opgewekte, meesleurende lekkerluisterwysie en vrolike liefdeslirieke van die titelsnit was die perfekte lusmaker vir dié album en is reeds ’n gunsteling op al wat ’n dansvloer is. Dit is geskryf deur Dennis East en gaan oor twee verliefdes wat enige plek en enige tyd hulle drome en wense met mekaar kan deel. Hulle is soos ballonne in die lug, wat deur die wind gedryf word tot waar hulle ’n paradys ontdek en waar liefde sal oorheers. ’n Musiekvideo vir dié vrystelling, word ook vir die nabye toekoms beplan.

Hierdie talentvolle musikant, met sy gesofistikeerde stem, kom van Welkom af en is al versot op musiek vandat hy kan onthou. “Ek het staaltjies gehoor dat ek in die kleuterskool op ’n stoel gestaan en Ruiter Van Die Windjie gesing het vir almal wat wou hoor,” gesels hy. Buiten vir koorsing, het Louis geen formele sangopleiding gehad nie, maar hy was vasberade om sy passie om mense te vermaak ’n realteit te maak. Na skool het hy gereeld by funksies en kroeë opgetree en is toe vir twee jaar Europa toe. Daarna het hy Drama gaan studeer by Nortlink College onder leiding van Nicole Holm en Albert Maritz.

“Ek kon ongelukkig nie my studies klaarmaak nie, want my pa is in 2007 oorlede en ek moes sy besigheid in Welkom oorvat. Tien jaar later, is ek getroud met my skoolliefde en het ons drie pragtige kinders,” deel hy. “So tussen die werk en kinders grootmaak deur, het ek bly hunker om weer te sing en moes ek ’n besluit neem. Deesdae woon ons in Blouberg en is ek weer voltyds op die verhoog.”

Sedertdien het hy ook al by verskeie feeste, soos die KKNK en die kykNET Buite Ekspo opgetree, en in 2018 ’n konsert gereël vir groot name in Mosselbaai, soos Nádine, Manie Jackson, Rudi Claase, Pieter Koen, Monique Steyn waartydens hy ook die geleentheid gehad het om saam met hulle te sing.

Louis het groot waardering vir lekker luister musiek met betekenis en meen dat dit geïnspireer is deur die sangers waarmee hy grootgeword het soos Bles Bridges, BZN, Jim Reeves en Albert Hummond. In die toekoms sou hy nog graag saam met talentvolle mense soos Johan Vorster wou werk as hy die kans sou kry en hy beplan ook om binnekort liedjies uit sy eie pen met luisteraars te deel.

Die sanger deel dat die laaste snit op die album, Laaste Liedjie, wat deur Rudi Claase geskryf is hom ook baie na aan die hart lê: “Dis ’n gospelliedjie wat ek opgedra het aan my Hemelse Vader, waarsonder niks sou moontlik wees nie.”

HARTE IN DIE LUG stel nie net die sanger se unieke stem en styl ten toon nie, maar is ook die begin van ’n splinternuwe hoofstuk van Louis Geldenhuys se musiekloopbaan… en Suid-Afrika gaan beslis nog baie van hierdie ster hoor.

Die album is beskikbaar op alle digtale platforms en kan hier aangekoop word: https://music.apple.com/za/album/harte-in-die-lug/1469362230

SNITTE OP DIE ALBUM

  1. Harte In Die Lug
  2. Engel
  3. Jy Is My Lewe
  4. Vlamme
  5. Sy’s ’n Vrou Wat Kan
  6. My Beloftes
  7. Ek Sal Jou Lief Hê
  8. Deur Jou
  9. Eenkeer
  10. Gee My Die Kans
  11. Laaste Liedjie

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook: https://www.facebook.com/Louis-Geldenhuys-201436030619778/

Twitter: @L_Geldenhuys

Instagram: @louisrealll

 

]]>
https://musicalventureradio.com/index.php/2019/06/28/louis-geldenhuys-wen-harte-met-debuut-album/feed/ 0
André Schwartz met sy nuwe enkelsnit, ‘Ek sal wag’ https://musicalventureradio.com/index.php/2019/04/12/andre-schwartz-met-sy-nuwe-enkelsnit-ek-sal-wag/ https://musicalventureradio.com/index.php/2019/04/12/andre-schwartz-met-sy-nuwe-enkelsnit-ek-sal-wag/#respond Fri, 12 Apr 2019 02:57:43 +0000 http://musicalventureradio.com/?p=3235 [...]]]> ’n Superster word beskryf as ’n persoon of vermaaklikheidspersoonlikheid wat gevier word vir sy uitsonderlike talent en veelsydigheid. Alhoewel daar baie begaafde kunstenaars in Suid-Afrika is, geniet slegs ’n handjievol werklik superster-status, en André Schwartz is een van hulle.

Dié bekroonde sanger, liedjieskrywer, verhoogkunstenaar, akteur (Sterlopers7de Laan) en televisieaanbieder, wat beskou word as een van die land se mees talentvolle musikante, het pas sy nuutste enkelsnit, EK SAL WAG, vrygestel.  Dit is die tweede enkelsnit-vrystelling vanaf sy komende album wat op 19 Julie 2019 vrygestel sal word en dit is reeds besig om die trefferleer te klim.

Die snit kan beskryf word as ’n popliedjie, met ’n ouderwetse kontemporêre gevoel. Dit is geskryf deur die kykNET Afri-Visie-wenner, Hanmari de Wet, en handel oor ’n onwrikbare geloof in die liefde. Verder dra dit ook die boodskap dat seer genees kan word en dat jy nooit moet ophou baklei vir wat jy wil hê nie. “Die liedjie het dadelik my aandag getrek as gevolg van die nbesonderse lirieke en melodie, maar ook oor die verhaal wat dit vertel,” verduidelik André.

Hy nog altyd glo dat musiek ’n storie moet vertel en aanklank vind by die gehoor :   “Alles moet ’n storie vertel en daar moet ’n rede wees hoekom jy ’n liedjie op die verhoog of op n CD sing. Dit is natuurlik belangrik dat luisteraars die wysie moet geniet, maar hulle moet ook met die emosie en boodskap kan identifiseer.”

Hy glo dat die snit goed ontvang sal word, omdat die tema universeel is. “Ons moes al almal moeilike struikelblokke oorkom, maar die krag lê nie daarin om weg te stap sonder oplossings nie. Ons moet bereid wees om die goed en die sleg te trotseer en daaruit te leer ” sê hy.

EK SAL WAG word verder gekomplementeer met ’n musiekvideo wat op 10 Mei 2019 uitgereik sal word.  Dit is ‘n video met ‘n ongewone invalshoek met konsep ontwikkeling deur André en regie deur Christiaan Wolf.

Die storie word ‘vertel’ deur middel van kinders wat met poppe speel. Ek het dieselfde uitrusting aan as een van die poppe en daar is ’n konstante verskuiwing tussen ’n fiktiewe wêreld en die werklikheid. Dit speel af teen die onskuld van kinders wat nou die spel manipuleer – maar dit is eintlik  ’n blik op hulle emosionele toekomswerklikheid. Dis pure kabaret teen die agtergrond van ’n oëenskynlike naïewe liedjie,” verduidelik die sanger.

André is al van jongs af doenig met musiek en het op veertien sy televisiedebuut gemaak. Hy het klassieke musiekopleiding gehad en is net so gemaklik agter die klavier as agter die mikrofoon.

Daar is  16 solo-albums op sy kerfstok, waarvan byna almal goue verkoopstatus bereik het en verskeie liedjies deur hom self geskryf is. Verder is hy bekend vir verskeie radiotreffers soos Ek wil jou nooit weer sien en Lief vir alles hier en het hy ’n manier om gehore vir ure lank te bekoor met sy aangrypende en sjarmante verhoogpersoonlikheid.

Hy is ook ’n uiters talentvolle teaterster, wat bekendheid verwerf het vir kragtige hoofrolvertolkings in verskeie musiekblyspele soos Joseph and the Amazing Technicolour Dreamcoat, Jesus Christ Superstar, Pirates of Penzance en The Phantom of the Opera. Vir laasgenoemde het hy talle toekennings ontvang en word hy beskryf as een van die beste ‘Phantoms’ ter wêreld.

Afgesien van al sy loopbaanhoogtepunte en –ervaringe, glo André dat die vermaakbedryf baie het om vir kunstenaars te leer – selfs vir diegene wat al vir jare daarby betrokke is. “Wanneer jy al vir so lank in die bedryf werk, begin jy wonder of jy steeds relevant is. Om relevant te bly, moet jy seker maak dat jy die kontemporêre genre ten volle verstaan en bereid wees om by die jonger generasie te leer. Jy moet ook, natuurlik, gewillig wees om jou kennis met ander te deel.”

Met so ’n indrukwekkende loopbaan om na terug te kyk, is dit vir hom moeilik om spesifieke hoogtepunte uit te sonder. “Elke nuwe vrystelling is ’n hoogtepunt en dit is ’n ongelooflike gevoel wanneer jy hoor dat jou liedjies goed doen op die radio,” sê hy, “Maar my eerste Afrikaanse album “ Lief vir Alles Hier “ en my rol as ‘The Phantom’ sal altyd ’n baie spesiale plek in my hart hê.”

Een van die aspekte wat van hom so ’n merkwaardige musikant maak, is die feit dat sy werk so veelsydig is. Buiten vir sy komende album en vorige enkelsnit, Tweede Kans, wat laas jaar vrygestel is, is hy ook besig om te werk aan ’n opwindende nuwe vertoning met die naam  Die Pad.

Dié vertoning word beskryf as ’n vreugdevolle en nostalgiese reis deur die lewe van hierdie ongelooflike musikant. Dit bied ’n kombinasie van musiek, staaltjies uit André se verlede en hede en stel sy fenomenale stem ten toon, wat dit maklik maak om te sien hoekom hy Andrew Lloyd Webber se stempel van goedkeuring dra.

“Die Pad is daarop gemik om gehore te herinner om die lewe te waardeer en die stories wat ek deel is gevul met humor en positiewe gedagtes,” verklap hy.

 EK SAL WAG stel nie net André Schwartz se ongelooflike talent ten toon nie, maar is ook een van daardie liedjies wat – soos die sanger – ’n prominente plek in die Suid-Afrikaanse musiekgeskiedenis verdien.

 Dié liedjie is nou beskikbaar op alle digitale platforms 

xxxx

 

VOLG HOM OP SOSIALE MEDIA

Facebook: https://www.facebook.com/AndreSchwartzOfficial/

Twitter: @Andre_Schwartz

Instagram: @andreschwartzsa

YouTube: https://www.youtube.com/user/AndreSchwartzVideos

Web: www.andreschwartz.co.za

]]>
https://musicalventureradio.com/index.php/2019/04/12/andre-schwartz-met-sy-nuwe-enkelsnit-ek-sal-wag/feed/ 0
Louis Geldenhuys se enkelsnit, ‘Harte In Die Lug’ https://musicalventureradio.com/index.php/2019/04/09/louis-geldenhuys-se-enkelsnit-harte-in-die-lug/ https://musicalventureradio.com/index.php/2019/04/09/louis-geldenhuys-se-enkelsnit-harte-in-die-lug/#respond Tue, 09 Apr 2019 04:07:14 +0000 http://musicalventureradio.com/?p=3230 [...]]]> Die opgewekte, meesleurende wysie en vrolike liefdeslirieke van die sanger Louis Geldenhuys se nuwe liedjie, HARTE IN DIE LUG, gaan beslis binnekort ’n gunsteling wees op al wat ’n dansvloer en speellys is. Hierdie enkelsnit is pas vrygestel en het ook reeds ’n draai by die KKNK gaan maak.

HARTE IN DIE LUG is geskryf deur Dennis East en gaan oor twee verliefdes wat enige plek en enige tyd hulle drome en wense met mekaar kan deel. Hulle is soos ballonne in die lug, wat deur die wind gedryf word tot waar hulle ’n paradys ontdek en waar liefde sal oorheers.

“Ek kan my en my vrou, Lindi, se verhouding vereenselwig met die lied. Almal soek ’n paradys, hetsy dit gaan oor die leefstyl of waar jy bly. Dis oor twee mense wat mekaar liefhet en ’n toekoms saam beplan, maar dit is nie altyd net lekker nie omdat daar soms winde is wat die twee harte daarvan weerhou om dit te kry waarna hulle streef, vertel Louis oor sy debuut-enkelsnit wat spog met ’n lekkerluister Country-Pop-aanslag en jou nooi om saam met die paartjie opgewonde en verlief te voel. “Die liedjie het ’n vars melodielyn en my stem en die verwerking praat met mekaar.” ’n Musiekvideo vir dié vrystelling, word ook vir die nabye toekoms beplan.

Hierdie talentvolle musikant, met sy gesofistikeerde stem, kom van Welkom af en is al versot op musiek vandat hy kan onthou. Ek het staaltjies gehoor dat ek in die kleuterskool op ’n stoel gestaan en Ruiter Van Die Windjie gesing het vir almal wat wou hoor,” gesels hy. Buiten vir koorsing, het Louis geen formele sangopleiding gehad nie, maar hy was vasberade om sy passie om mense te vermaak ’n realteit te maak. Na skool het hy gereeld by funksies en kroeë opgetree en is toe vir twee jaar Europa toe. Daarna het hy Drama gaan studeer by Nortlink College onder leiding van Nicole Holm en Albert Maritz.

Ek kon ongelukkig nie my studies klaarmaak nie, want my pa is in 2007 oorlede en ek moes sy besigheid in Welkom oorvat. Tien jaar later, is ek getroud met my skoolliefde en het ons drie pragtige kinders,” deel hy. “So tussen die werk en kinders grootmaak deur, het ek bly hunker om weer te sing en moes ek ’n besluit neem. Deesdae woon ons in Blouberg en tree ek weer voltyds op en toer ek saam met Manie Jackson en Die Lieflinge deur die Karoo.”

Sedertdien het hy ook al by verskeie feeste, soos die KKNK en die KYKNET Buite Ekspo opgetree, en in 2018 ’n konsert gereël vir groot name in Mosselbaai, soos Nádine, Manie Jackson, Rudi Claase, Pieter Koen, Monique Steyn waartydens hy ook die geleentheid gehad het om saam met hulle te sing.

Louis het groot bewondering vir lekkerluister musiek met betekenis en meen dat dit geïnspireer is deur die sangers waarmee hy grootgeword het soos Bles Bridges, BZN, Jim Reeves en Albert Hummond. In die toekoms sou hy nog graag saam met talentvolle mense soos Johan Vorster wou werk as hy die kans sou kry en hy beplan ook om binnekort liedjies uit sy eie pen met luisteraars te deel.

Hy verklap dat hy tans, buiten vir die familiebesigheid, saam met sy vrou ’n selfsorgeenheid bestuur en dat hy graag ’n hoteleienaar of akteur sou wou wees as hy nie ’n sanger was nie. “Ek is ’n dromer, wat maklik huil oor emosionele dinge. As ek my eie hotel gehad het sou ek ’n groot vleuelklavier aangeskaf en by die ingang gesit het, waar ek dit gereeld sou speel. Ons het nou ’n selfsorgeenheid, maar ek kort nog die klavier!”

Die musiekberyf het vir Louis Geldenhuys geleer om hard te werk, in homself te glo en nederig te bly. Sy droom is om die harte van mense in Suid-Afrika, en regoor die wêreld, te verower met sy strelende stem, unieke klank en voetstamplekkerritmes en ook om binnekort sy eerste album op te neem. As HARTE IN DIE LUG enige aanduiding is van wat hy beplan, wag daar voorwaar ’n blink toekoms op hom in die musiekwêreld.

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook: https://www.facebook.com/Louis-Geldenhuys-201436030619778/

Twitter: @L_Geldenhuys

Instagram: @louisrealll

 

Luister gereeld na jou gunsteling stasie: Musical Venture Radio

]]>
https://musicalventureradio.com/index.php/2019/04/09/louis-geldenhuys-se-enkelsnit-harte-in-die-lug/feed/ 0
Sky Ocean sing oor haar Retrospek Van Liefde https://musicalventureradio.com/index.php/2019/04/09/sky-ocean-sing-oor-haar-retrospek-van-liefde/ https://musicalventureradio.com/index.php/2019/04/09/sky-ocean-sing-oor-haar-retrospek-van-liefde/#respond Tue, 09 Apr 2019 03:18:58 +0000 http://musicalventureradio.com/?p=3222 [...]]]> Die gewilde sangeres, Sky Ocean, het pas haar nuwe enkelsnit, Retrospek Van Liefde, bekendgestel. Die liedjie volg op die hakke van haar eerste twee enkelsnitte, Blackholes in my Head en Vlekke, wat steeds baie gewild onder luisteraars is.

“Wanneer jy verlore raak in jou eie denke of vir ’n oomblik terugdink aan jou liefdeslewe – of dit nou goeie of swak keuses was wat jy gemaak het, vorm dit steeds deel van jou menswees. Retrospek Van Liefde is presies dit – wanneer ek terugdink aan die liefde, dan lyk my romantiese wêreld iets tussen ’n romantiese komedie en ’n treurverhaal,” vertel sy.

Retrospek Van Liefde kom uit die pen van Juan Boucher en Sky Ocean en is vervaardig deur Byron Keno.

“Een aand, om ’n brandende vuur, het my wildste drome onverwags ook vlam gevat nadat ek saam met ’n vriend by Juan Boucher gaan braai het. Juan het uit die bloute gevra dat ek vir hom ‘When we say nothing at all’ van die alombekende sanger, Ronan Keating, sing, terwyl hy die begeleiding speel op sy kitaar. Nutteloos om te sê was ek so angsbevange dat ek gesukkel het om die sleutel (waarin hy die liedjie speel) te kry en skielik was dit asof ek nie meer die liedjie of melodie ken nie. Maar met die Here se genade alleenlik, het ons toe met die volgende braai begin skryf aan Retrospek Van Liefde,” vertel sy baie verlig.

“Ek is opreg en ongelooflik dankbaar vir al Juan se insette en kennis wat hy met my gedeel het, asook sy geduld met die skryfproses. Ek het veral gehou van sy skryfstyl met die kontras van woorde, gevoelens en siening van bv. liefde, haat en seer,” voeg sy by.

Sy dink dat ’n verskeidenheid mense moontlik aanklank sal vind by die liedjie omrede dit die positiewe en negatiewe van vorige verhoudings, keuses en liefde kan weerspieël. Dit hang af watter paar liefdes-skoene die luisteraar aanhet.

Haar stem is een van daardie stemme wat jou in jou spore laat vassteek wanneer jy haar vir die eerste keer hoor sing. Daar is ’n strelende klank in haar stem wat jou uitnooi om verlore te raak in haar musiek. Sy is mal oor Demi Levato se musiek en sal graag eendag die verhoog wil deel met kunstenaars soos Elvis Blue en Die Heuwels Fantasties.

Die musiekvideo van die enkelsnit is ook reeds vervaardig en speel gereeld op kykNET NOU.

Retrospek van Liefde is deel van Sky Ocean se debuut-album, Spore Van My Hart en beskikbaar op alle digitale platforms.  Koop dit hier:

https://itunes.apple.com/za/album/spore-van-my-hart/1360337302

 

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook: https://www.facebook.com/skyoceanoff/

Instagram: @skyoceanofficialandreschwartz.co.za

Luister gereeld na jou stasie.

Kliek net op: Musical Venture Radio

]]>
https://musicalventureradio.com/index.php/2019/04/09/sky-ocean-sing-oor-haar-retrospek-van-liefde/feed/ 0
Binnelanders se Ramey Short en sy nuwe enkelsnit! https://musicalventureradio.com/index.php/2019/03/26/binnelanders-se-ramey-short-en-sy-nuwe-enkelsnit/ https://musicalventureradio.com/index.php/2019/03/26/binnelanders-se-ramey-short-en-sy-nuwe-enkelsnit/#respond Tue, 26 Mar 2019 00:34:07 +0000 http://musicalventureradio.com/?p=3214 [...]]]> Ramey Short, alombekend vir sy rol as Dr. Quinton Meyer in die daaglikse drama BINNELANDERS (weeksaande op kykNET om 19:30), se nuutste projek gaan aanhangers van die akteur se voete behoorlik laat jeuk van plesier – asook hul harte raak. Short stel eersdaags sy solo-album aan die wêreld bekend, maar intussen kan musiekliefhebbers hul ore spits vir die eerste enkelsnit ‘Al wat ek kan sê’ wat aan radiostasies landwyd gestuur word.

Al die liedjies op die album (wat nog in wording is) beteken iets vir my”, vertel Short oor dié nuwe produk, “omdat daar soveel tyd in die vervaardiging daarvan gegaan het. Ek is baie trots op hierdie eerste enkelsnit wat vrygestel word, omdat dit die eerste liedjie is wat ek geskryf het.

Short het ‘n spesifieke idee gehad vir die klank van die album, en het alles in sy vermoeë gedoen om dit weer te gee in sy aanbieding. “Ek sou die album beskryf as ‘n vars bries met ‘n internasionale geur,” verduidelik hy. “Dit is ‘n voetestamp storievertelling wat gebaseer is op boustene van hoop, liefde en inspirasie, en ek glo elke liedjie bevat ‘n storie wat vertel moet word. Hopelik gaan elke luisteraar wegstap met ‘n warm hart en ‘n opgewonde positiewe gesindheid wat hul lus vir die lewe weer gaan aanwakker, op die ritme en lirieke van my musiek.

Die tot dusver ongetitelde album is oor ‘n tydperk van amper twee jaar vervaardig, alhoewel die idee vir die album reeds in 2016 in die Kaap gebore is. “Ek het al van toe ek ‘n kind was gedroom om my eie album te maak, maar die geleenthede en tyd het ontbreek om aan hierdie droom te werk – nie eers te praat van die geld wat dit deesdae kos om ‘n album van gehalte op te neem nie. Terwyl ek in die Kaap gebly het vir ‘n wyle het ek besluit om hierdie droom te verwesenlik, en het vir my ‘n stemafrigter gekry terwyl ek my kop skoon gemaak het by die see. My leuse in die lewe is nie verniet ‘Face your fears and live your dreams’ nie, en om aan ‘n liefdesprojek soos hierdie te werk het my weer laat besef dat jy moet doen wat op jou hart gedruk word om te doen – daarom het ek begin skryf en werk aan hierdie album in ‘n tyd in my lewe waar die waters nie altyd spieëlglad was nie. Die storms wat ‘n mens soms moet aandurf om jou drome te bewaarheid is beslis die moeite werd.

Short verduidelik dat die pad na die eindproduk ‘n strawwe een was, en dat hy ‘n hele span kenners gekry het om hom te help met die vervaardiging daarvan. “Ek het meeste van die liedjies self geskryf, en die res saam met ‘n vriend voltooi. Toe het ek die liedjies na ‘n kundige op die gebied geneem om my te help om dit meer radio-vriendelik te maak, en toe het ek my kennis oor die vervaardiging van liedjies opgeskerp deur ‘n hele paar vervaardigers te nader, onder andere Werner Beukes, Ferdinand Skead en Rian Swanepoel – en dit was ‘n leerskool op sy eie. Op die ou einde van die dag is die album ‘n spanpoging sowel as ‘n enkellopende reis – een wat ek nog mee besig is omdat ek nog aan van die opnames van die liedjies skaaf. Tans is daar 20 liedjies wat ek voel goed genoeg is om op die album te verskyn, maar die proses om die regte keuses uit te oefen is nog nie voltooi nie. Aangesien hierdie my eerste album is, wil ek hierdie gedeelte van my loopbaan op ‘n hoë noot afskop.

Short vertel ook dat die Suid-Afrikaanse musieklandskap ‘n moeilike een is om jou voete in te vind. “Ek het iemand gesoek wat op dieselfde bladsy as ek is aangaande die tipe klank wat ek wou hê vir die liedjies, asook die gevoel wat ek wou weergee. Omdat al die liedjies op die album iets vir my beteken, en ek vas glo dat elke liedjie met die luisteraar sal praat, wil ek hê dat elke aanbieding ‘n luisteraar op ‘n reis sal neem. Elke liedjie is na my mening eerlik en opreg, en kan nie vergelyk word met die gewone ‘bubblegum’ popmusiek (lekker woorde op ‘n goeie ritme met aanvaarbare melodieë) wat aan die orde van die dag is nie.

Short is nie bang vir harde werk nie – nog minder om op sy eentjie te swoeg en sweet om sy drome te bewaarheid nie. Hy het grootgeword in ‘n kinderhuis in Durbanville, en later sport- en bemarkingsbestuur gaan studeer op Stellenbosch, waar ‘n talentsoeker van Los Angeles hom genader het om sy loopbaan ‘n effense wyer draai te gooi as wat hy aanvanklik beplan het. Short het na sy jaar oorsee weer terug gekeer na Stellenbosch en nog verdere kursusse in drama voltooi terwyl hy ‘n kelner was by die destyds bekende Julian’s Coffee Shop op die studentedorp. In 2008 het hy sy eerste deurbraak gemaak deur die rol van Quinton Meyer te aanvaar in Binnelanders, en soos hy self sê: “Die res is geskiedenis.”

Om ‘n album op te neem en voltyds te werk aan BINNELANDERS is ‘n uitdaging,” vertel Short, “maar al my vrye tyd het ek bestee aan die opname van hierdie projek. Soms het dit baie moeilik gegaan om hierdie droom te verwesenlik, want ek is nie iemand wat sommer net die eerste opname van ‘n liedjie aanvaar as die beste een nie. Ek is baie krities oor my werk, en wanneer daar kreatiewe struikelblokke was, het ek maar net aan die volgende vervaardiger se deur gaan klop. Ek het my eie geld ingespan om te verseker dat die eindproduk iets is waarmee ek nie net kan saamleef nie – maar wat my uiters opgewonde maak om dit aan die wêreld ten toon te stel.

Short se musikale ikone sluit onder andere Bon Jovi en Bryan Adams in. “Ek is nie hier om enige iemand na te maak nie – ek is ‘n musikant in my eie reg, met my eie klank en – meer belangrik – my eie woorde. Hierdie album is iets wat ek nou van my emmerskoplys kan afhaal. Des ondanks die feit dat ek heelwat teenkanting gekry het toe ek met die idee begin het, en ten spyte van die feit dat ek soms regtig alleen gevoel het in die samestelling van hierdie produk, het ek uiteindelik ‘n kindsbeen droom bewaarheid: ek het eersdaags my eie album wat op die rakke sal wees, en dit is beslis iets wat niemand ooit van my sal kan wegneem nie.

Die lied kan natuurlik gehoor word op jou gunsteling stasie:

Musical Venture Radio

 

]]>
https://musicalventureradio.com/index.php/2019/03/26/binnelanders-se-ramey-short-en-sy-nuwe-enkelsnit/feed/ 0
Nuwe Afrikaanse duo, SKEMER, met hul 1ste enkelsnit, ‘Sê Dit Harder’ https://musicalventureradio.com/index.php/2019/03/26/nuwe-afrikaanse-duo-skemer-met-hul-1ste-enkelsnit-se-dit-harder/ https://musicalventureradio.com/index.php/2019/03/26/nuwe-afrikaanse-duo-skemer-met-hul-1ste-enkelsnit-se-dit-harder/#respond Mon, 25 Mar 2019 23:46:42 +0000 http://musicalventureradio.com/?p=3204 [...]]]> SKEMER, ‘n nuwe Afrikaanse man- en vrou-duo, het pas hulle heel eerste enkelsnit vrygestel en hulle gaan verseker Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers is in rep en roer hê.  SÊ DIT HARDER, wat beskryf kan word as ’n moderne Country-liedjie met ’n pop-aanslag, is soos ’n vars briesie in die bedryf en gaan beslis die radiogolwe oorneem.

SÊ DIT HARDER kom uit die pen van die bekende liedjieskrywer, Johan Oberholzer, en moedig luisteraars aan om nie hulle gevoelens op te krop nie. “Die snit gaan daaroor om jou emosies te openbaar. Om vir almal te vertel hoe jy regtig voel. Dikwels is jy te skaam om iemand in te lig dat jy van hulle hou, maar dit gaan nie net daaroor om dit te sê nie, jy moet dit ook wys. Ons wou mense dus uitdaag om dit ‘harder te sê’,” vertel die musiekpaar oor hierdie goedvoel-liedjie. “In ons huwelik beteken die liedjie ook om elke dag met jou maat te deel wat in jou hart is. Ons hoop die publiek gaan daarvan hou en dat dit êrens ’n verskil sal maak in iemand se lewe.” ’n Musiekvideo van dié treffer word vir later in die jaar beplan.

SKEMER, wat bestaan uit Armand en Andrea Espach, het in 2017 ontstaan nadat die paar op Facebook ontmoet het en nie net verlief geraak het nie, maar ook besluit het om hulle musiektalent te kombineer. Die groep, wat die vrystelling van hul eerste enkelsnit as die hoogtepunt van hulle loopbaan sover beskou, is passievol oor musiek en deel hierdie talent en energie graag op die verhoog met elke optrede. Sedert hulle saam begin musiek maak het, het die duo al by verskeie skole, troues, feeste, restaurante en funksies opgetree en ook een van die internasionaal-bekroonde groep, Prime Circle, se vertonings geopen.

Armand Espach het eers sy passie vir musiek op die ouderdom van een-en-twintig ontdek en besluit dat hy graag in Country wou spesialiseer. Dit het hom nie lank geneem om ’n gereelde gesig op die verhoog te word by kuierplekke in en rondom Polokwane en raakgesien te word deur die mense wat saakmaak in die vermaakbedryf nie. Sedertdien het hy al geopen vir sterre soos Juanita du Plessis en ook in 2010 die verhoog gedeel met Theuns Jordaan by Airport Africa Lodge. Die kunstenaar luister graag na musiek wat hom laat goed voel en verklap dat die bedryf hom geleer het om hard te werk om sy drome waar te maak.

Andrea Espach is die talentvolle vrou agter SKEMER met die strelende stem. Hierdie sielvolle sangeres is gebore om te vermaak en het reeds op veertienjarige ouderdom begin sing en is ook ’n baie goeie danser. In 2016 het sy begin met formele sangopleiding by ADAM se Kyle Grant, waarna sy Copperstone se heel eerste talentkompetisie gewen het. Sedertdien het sy al by verskeie feeste soos Innibos, restuarante en korporatiewe funksies opgetree. Andrea het ’n groot hart vir kinders en sou graag ’n onderwyser wou word as sy nie ’n musikant was nie. Die musiekbedryf het haar geleer om nederig te wees en die geleenthede te gebruik wat na haar kant toe kom.

Om mense se harte te raak met hulle musiek is dié talentvolle musikantpaar, wat ook onlangs getroud is, se grootste doelwit en met hulle eerste enkelsnit kry hulle dit beslis reg. “Ons is tans ook besig met ons volgende enkelsnit. Ek het my broer so ’n paar weke terug in n karongeluk verloor. Hy het vir ons kitaar gespeel en het ’n paar maande voor sy dood ’n lied saam Armand geskryf. Ons het dieselfde droom gedeel en wil graag sy laaste droom vervul.  Ek dink mense gaan mal wees oor die liedjie,” verklap Andrea oor hulle toekomsplanne. “Voor die einde van die jaar, wil ons ook graag ’n EP vrystel en onsself vestig is die musiekbedryf.”

Met SÊ DIT HARDER word SKEMER se talent in hoofletters aan luisteraars en radiostasies bekend gestel en bewys hulle ook dat dit moontlik is om iets uitsonderlik te skep in ’n musiekstyl wat soms geneig is om gewoon te wees.

Sê DIT HARDER is beskikbaar op alle digitale platforms.  Koop die liedjie hier:

SPOTIFY:
https://open.spotify.com/track/5YvJrR0M3fLa2i18nBWtGC?si=JIfLpRndRrKo7qAtKp-QYw
DEEZER:
http://www.deezer.com/album/91222182
APPLE MUSIC:
https://itunes.apple.com/za/album/s%C3%AA-dit-harder-single/1457313427

 

SOSIALEMEDIASKAKELS

 

Luister ook gereeld na jou stasie: http://www.musicalventureradio.com

]]>
https://musicalventureradio.com/index.php/2019/03/26/nuwe-afrikaanse-duo-skemer-met-hul-1ste-enkelsnit-se-dit-harder/feed/ 0
Deon Groot se nuutste enkelsnit, ‘Wyn’ https://musicalventureradio.com/index.php/2019/03/26/deon-groot-se-nuutste-enkelsnit-wyn/ https://musicalventureradio.com/index.php/2019/03/26/deon-groot-se-nuutste-enkelsnit-wyn/#respond Mon, 25 Mar 2019 23:16:15 +0000 http://musicalventureradio.com/?p=3199 [...]]]> Ons lewe in moeilike tye, met soveel probleme en bekommernisse en dis dikwels moeilik om net te laat gaan en die lewe te geniet. Maar Deon Groot se nuwe enkelsnit en musiekvideo, WYN, herinner ons om presies dit te doen!

Die musiekvideo is pas hierdie afgelope naweek op sosiale media platforms asook op die kykNET Top20 en Jukebox vrygestel en kykers en volgelinge is absoluut dol daaroor!

Dié liedjie, uit die kunstenaar se eie pen, is geïnspireer deur die behoefte om mense daaraan te herinner om hulleself te geniet, ongeag van wat rondom hulle gebeur. “Daar is soveel verskillende probleme in vandag se lewe, soos liefde, werkstres of politiek… Ons wou iets skep wat fokus op die goeie, eerder as die slegte dinge,” verduidelik Deon. “Dit gaan daaroor om ’n goeie tyd te hê; miskien selfs te goed! Ek wil mense herinner om eerder op die positiewe te fokus – musiek, pret en mooi tye.

Hy erken egter dat luisteraars moontlik geskok gaan wees wanneer hulle WYN vir die eerste keer hoor: “Maar dit is een van daardie liedjies wat jy oor-en-oor gaan luister – die wysie is tydloos en die is lirieke lekker om te hoor.

Net soos die snit, beloof die musiekvideo ook om hope vermaak te skep. Dit is in ’n klein kroeg, in die middel van niks en nêrens, verfilm en vertel die storie van hoe ’n doodgewone partytjie hand uitruk en verander in een vir die boeke!

In die video, verander ’n gewone aand in een van daardie geleenthede wat jy sukkel om die volgende dag te onthou… Jy weet dat dinge effens chaoties geraak het, maar jy kan nie onthou hoekom nie,” deel Deon. “Dit herinner die gehoor om soms van hulle probleme te vergeet en hulleself net te geniet.

Kyk die video hier:

WYN is die eerste enkelsnit vanaf Deon se nuwe album wat gedurende Mei 2019 uitgereik sal word en hy glo dat dit ’n goeie idee skep van wat van die res van die album verwag kan word.

Volgens Deon, is die inhoud op sy nuutste ateljee-album, wat ses maande geneem het om op te neem, verweef met liefdes- en partytjieliedjies. “Elke liedjie op die album moes aan die kenmerkende klank van die Namakwaland voldoen en by ’n groter gehoor aanklank vind, sonder om prys te gee wie ons as kunstenaars is,” sê hy. “Die grootste uitdaging was om te verseker dat dit uniek bly en nie net tendense navolg nie. Ons moes getrou bly aan ons self, sonder om luisteraars af te skrik.

Vir die sanger, is die hoofdoel om waardering vir sy musiek te skep met goeie melodieë en eerlike lirieke – hy wil graag hê dat mense dit moet geniet vir wat dit is.

Hy beskryf die album as eenvoudig, maar treffend: “Ons moet maak soos die Namakwalanders – hulle leer ons om te dans, om saam te kuier, en om musiek en goeie geselskap te geniet,” verklap hy.

Dit is egter onmoontlik om te raai watter liedjie die grootste treffer gaan wees. “Ek het ’n gevoel dat enige snit, wat ons vrystel, positief ontvang sal word en die potensiaal het om groot hoogtes te bereik.

Op die ou einde van die dag, meen die musikant dat hy net graag wil hê dat aanhangers die album moet geniet: “Mense moet daarna luister en hulleself herken in die musiek. Elke liedjie vertel ’n storie wat ek graag wil hê almal moet hoor.

Deon, wat sy debuutalbum, Gee my Oor, in 2017 vrygestel het, het in ’n musikale huis grootgword. “My ma was ’n musikant en het gewoonlik in die aande vir ons klavier gespeel toe ons klein was,” vertel hy.

Hy het al jare terug daaraan begin werk om sy eie musiek te skep. “Almal dink dat jy oornag ’n sukses word. Maar dis nie waar nie, ek skryf al liedjies van 2004 af. Ek tree ook al sedert 2007 in kroeë op en het in 2015 my eie ding begin doen. Dit het amper vyftien jaar se harde werk, geloof, droom en bou geneem om te kom waar ek nou is.

Deon glo dat elke situasie in die lewe êrens heen lei – hartseer, liefde, geluk – en dat almal emosies op ’n unieke manier ervaar. Dit is wat hom inspireer en sy musiek vorm, wat wissel tussen baie ernstig tot skreeusnaaks.

Hy het ook ’n groot hart vir diere en sou graag ’n wildbewaarder wou wees as hy nie ’n musikant was nie. “Ek glo dat ek in die natuur, tussen diere hoort. Min mense weet dit, maar ek het ’n groen boomluislang met die naam Ceimera. Ek is gek oor diere.

Wanneer jy hom vra wat die musiekbedryf hom oor die jare geleer het, antwoord hy: “Geduld en uithouvermoë. Jy sal dit nooit maak as jy nie in jouself glo nie. Dit is die grootste uitdaging om nie ander mense se opinies oor jou werk, goed of sleg, te ernstig op te neem nie. Dis belangrik om net jouself te wees en te leef vir dit wat jy graag wil bereik.

Wyn is beskikbaar op alle digitale platforms – kry die liedjie hier:
https://umgafrica.lnk.to/Wyn

VOLG HOM OP:

Luister ook gereeld na jou stasie:

Musical Venture Radio

]]>
https://musicalventureradio.com/index.php/2019/03/26/deon-groot-se-nuutste-enkelsnit-wyn/feed/ 0
Chris Duvenage vertel sy ‘stories’ met liedjies https://musicalventureradio.com/index.php/2019/02/09/chris-duvenage-vertel-sy-stories-met-liedjies/ https://musicalventureradio.com/index.php/2019/02/09/chris-duvenage-vertel-sy-stories-met-liedjies/#respond Sat, 09 Feb 2019 01:59:08 +0000 http://musicalventureradio.com/?p=3191 [...]]]> Die sanger en liedjieskrywer, Chris Duvenage, se eerste enkelsnit vanaf sy debuut-album, Stories #1, is onlangs vrygestel en sal aanklank vind by die wat al afskeid moes neem van hul geliefde.

Tydelik, uit Chris se eie pen, handel oor die proses waar iemand hul geliefde verloor. Dit gaan oor die punt wat die persoon bereik om die een wat weg is vry te spreek en net goeie dinge oor die ander persoon te spreek en toe te wens. “Soos mens deur die lewe gaan ondervind mens teleurstellings in liefde, die  inspirasie en die boodskap is dat mens die persoon moet vryspreek in plaas van verwyt en kwalik neem,” vertel die sanger.

Chris sê dat die liedjie gegroei het vandat hy dit geskryf het tot die finale produk. Hy wil graag hê dat die liedjie, nes die ander op die album, ’n verskil sal maak in die manier na hoe mense na seker dinge en aspekte van die lewe kyk. “Elke mens kan vereenselwig met die gevoel waar liefde verlore is en die proses waardeur mens gaan, ek hoop en glo dat dit goed ontvang sal word.”

Die liedjie is in Chris se studio opgeneem en verder verwerk deur Sean Manley van Manley Recording Studios. “Die lied het ’n paar ekstra vocals tussen die lirieke wat dit makliker maak om saam te sing en ek glo die dromme maak dit ’n lekker luister-lied,” verduidelik Chris.

’n Musiekvideo, wat eersdaags op kykNET NOU gespeel sal word, is in 2018 vrygestel. Dié musiekvideo, wat deur Roelien Roux van Pinnacle Studio Videography opgeneem en vervaardig is, speel voor ’n ou gebou in Parlementstraat in die middestad van Pretoria af. Daar is ook tonele in ’n bos in Wolwespruit verfilm. “My vrou, Marni Duvenage het ingestem om die model te wees in die video. Dit handel oor terugflitse van herinneringe wat verwys na ‘hoe dinge was’ in konteks van die liedjie, en hoe ek dan sing oor die tema van die lied en hoe die ‘persoon’ dan vrygespreek is.

KYK DIE MUSIEKVIDEO HIER:

’n Bietjie meer oor Chris

Chris Duvenage, wat reeds twaalf jaar besig is met musiek, se passie vir musiek het reeds van kleintyd begin toe hy na orrelmusiek en goue oues soos Cliff Richard geluister het. Rugby was bo aan sy droomlysie, maar na ’n besering het die lewe ander planne gehad met hom en in 2006 na hy ’n kitaar gekoop het, het die musiek gogga behoorlik gebyt.

Ed Sheeren se musiek inspireer Chris en voeg dan by waarom hy musiek maak: “Die verskil wat musiek kan maak in mense se lewens. Ek het seker dinge in die lewe ervaar wat ek deur middel van musiek wil deel, die eerste snit op die Afrikaanse album se naam is Okay en maak nie saak waardeur jy gaan in die lewe, Smile maar, dis als Okay.”

Vra jy hom wat mense nie van hom weet nie, antwoord hy graag: “Ek het op ’n plaas groot geword met sewe kinders in die huis, en baie stories om te vertel.”

En die grootste les wat hy geleer het? “Dat elke musikant se musiek saakmaak en dat die sukses van elke kunstenaar nie afhang van hoeveel aanhangers en luisteraars nie, maar in die verskil wat dit maak in ’n paar lewens,” vertel hy.

Terwyl Chris woeker met sy eerste Afrikaanse album, kan aanhangers ook gereed maak vir ’n Engelse album. “Ons is besig met ’n liedjie op die Engelse album genaamd Shoelace. Dis ’n lekker liedjie met komieklike lirieke se samestelling en stemme. Ek is opgewonde oor hierdie liedjie. Dit mag ook dalk die liedjie wees met die eerste musiekvideo op die album My Stories #2,” verklap hy.

 

SOSIALE MEDIA SKAKELS:

Facebook: https://www.facebook.com/cdmusiek/

Twitter: http://www.twitter.com/chrisacd

Soundcloud: https://m.soundcloud.com/chris-duvenage

YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCS7y27QK4ENwB5paDzawn2w

Webblad: https://cdmusic.co.za

]]>
https://musicalventureradio.com/index.php/2019/02/09/chris-duvenage-vertel-sy-stories-met-liedjies/feed/ 0
Hugo Nieuwoudt en Lianie May laat ‘ou gevoelens’ weer opvlam. https://musicalventureradio.com/index.php/2019/02/07/hugo-nieuwoudt-en-lianie-may-laat-ou-gevoelens-weer-opvlam/ https://musicalventureradio.com/index.php/2019/02/07/hugo-nieuwoudt-en-lianie-may-laat-ou-gevoelens-weer-opvlam/#respond Thu, 07 Feb 2019 00:46:03 +0000 http://musicalventureradio.com/?p=3185 [...]]]> Die sanger Hugo Nieuwoudt, wat verlede jaar sy splinternuwe album, Net soos die sneeu vrygestel het is terug met ’n nuwe enkelsnit wat beloof om ‘ou gevoelens’ weer te laat opvlam.Ou Gevoelens, Hugo se deut met die pragtige Lianie May, is ’n kontemporêre-popliejie uit die pen van Werner Beukes en vertel hoe al die ou gevoelens opnuut weer vlam vat tussen ou skool liefdes wat mekaar na soveel jare weer raak loop.

Hugo sê dat hul op die enkelsnit as sy volgende radiotreffer besluit het juis omdat dié liedjie ’n groei in digitale verkope getoon het. “Ek hoop die publiek word verras en hou daarvan. Dis vars en ’n lekker saamsing liedjie waarop ’n mens kan dans ook,” vertel hy.

Op haar beurt voeg Lianie May by: “Ek het dit so geniet om saam met Hugo aan die liedjie te werk en sien uit om te hoor wat die publiek daarvan dink.”

’n Musiekvideo vir die liedjie is ook in die pyplyn, maar hieroor wil Hugo nie te veel verklap nie.

Hugo, wat in KwaZulu-Natal gebore is, is reeds vyftien jaar besig in die musiekbedryf. Hy sonder veral die werk van Bobby van Jaarsveld, Juanita du Plessis, APPEL en Elvis Blue uit.

Hugo skryf musiek wat met hom praat en waarmee hy kan assosieer. “My geliefdes inspireer my asook die alledaagse lekker en gebeure van die lewe my om te skryf,” vertel Hugo.

Hugo sonder sy jongste album as een van sy hoogtepunte uit en is druk besig om die bemarking van die enkelsnit te voltooi. Verder word daar beplan aan ’n toer vir die jaar met stoppe in Noord-Wes, Gauteng en die Vrystaat.

Kliek op die name wat geonderstreep is, dit vat jou direk na iTunes, waat jy die album of lied digital kan koop.

 

Ondersteun en volg Hugo Nieuwoudt op:

Facebook: Hugo Nieuwoudt            

Twitter: @HugoNsing

 

Jy kan ook na hierdie duet en sy vorige enkelsnit luister hier op Musical Venture Radio

 

 

 

]]>
https://musicalventureradio.com/index.php/2019/02/07/hugo-nieuwoudt-en-lianie-may-laat-ou-gevoelens-weer-opvlam/feed/ 0
Jason Bradley ON TOUR! https://musicalventureradio.com/index.php/2019/02/06/jason-bradley-on-tour/ https://musicalventureradio.com/index.php/2019/02/06/jason-bradley-on-tour/#respond Wed, 06 Feb 2019 20:42:15 +0000 http://musicalventureradio.com/?p=3181 [...]]]>

Jason Bradley started his career by touring to the UK and Nashville Tennessee (invited by Curb records who produced artists such as Tim McGraw and Lee-Ann Rimes) where he also got to spend time with Kenny Rogers and Keith Urban.

Later on when Jason came back to South Africa, he recorded 7 albums in 6 years where 4 of the 7 albums got awards such as the “Best Newcomer”, “Best Selling Album”, a “Gospel Country Award” and “Album of the year”.

After doing tours in New Zealand, Mozambique, Namibia, Swaziland and USA (again in 2017 to perform at the “International Country Awards”), it is time for Jason to perform where his roots lie…South Africa. The “Jason Bradley on tour – (Pretoria)” show gives you the opportunity to get to know the man behind the Fender endorsed guitars with the internationally awarded vocal and maybe you’ll get a sneak peak of what’s coming on his new album launching in April…watch this space and brace yourself for a show that will exceed the limits and provide you with a night you won’t soon forget.

 

Here are aome videos to watch:
Dirt Road – https://www.youtube.com/watch?v=NoJrkN0Pybs
Free – https://www.youtube.com/watch?v=_l03xOGkjVU
Stuck on You – https://www.youtube.com/watch?v=Jmv0m4MYvFY
Noot vir Noot – https://www.youtube.com/watch?v=ug73As3SIOs

 

Tickets for any of these shows:
Jandré Reynecke – 082 4910958 – backstageindustries@outlook.com
Tina Botha – 083 425 3920 – bradleymusicorg@gmail.com

 

We would love to see you there!

If you can’t see him in cobcert, you can listen to his music on Musical Venture Radio

]]>
https://musicalventureradio.com/index.php/2019/02/06/jason-bradley-on-tour/feed/ 0
Arno Jordaan verklaar ’n ‘derde wêreldoorlog’ https://musicalventureradio.com/index.php/2019/02/05/arno-jordaan-verklaar-n-derde-wereldoorlog/ https://musicalventureradio.com/index.php/2019/02/05/arno-jordaan-verklaar-n-derde-wereldoorlog/#respond Tue, 05 Feb 2019 15:10:16 +0000 http://musicalventureradio.com/?p=3164 [...]]]> Met meer as een miljoen trefslae op YouTube, nommer een treffers op verskeie radiostasies, goue- en platinum-albums, Ghoema-benoemings en verskynings op Huisgenoot Skouspel en Afrikaans is Groot, is Arno Jordaan geen vreemdeling nie.

Dié sanger, wat reeds veertien jaar bedrywig is in die musiekwêreld, se splinternuwe enkelsnit, Derde Wêreldoorlog is pas vrygestel.

Derde Wêreldoorlog, uit die pen van die bekroonde en talentvolle liedjieskrywer, Johan Oberholzer, handel oor ’n man en vrou wat baklei, maar nie sonder mekaar kan klaar kom nie. Hulle sal dan oorlog maak vir mekaar.

Arno vertel dat die liedjie ’n regte ‘Arno-tipe liedjie’ is. “Ek glo mense gaan dit baie geniet. Dis in die styl waaraan meeste van my aanhangers gewoond is en hulle sal lekker hierop kan dans,” sê hy. Arno wil hê sy musiek moet ’n boodskap van blydskap oordra. “Of dit nou ’n glimlag of ’n traan is… dit moet die van blydskap wees.

’n Musiekvideo vir die nuwe enkelsnit is ook in die pyplyn, maar Arno wil nie te veel verklap nie.

Wanneer hy egter nie agter die mikrofoon is nie, speel hy graag gholf en sê dat hy ’n positiewe mense is. “Ek sien min (dalk te min) die slegte dinge in die lewe raak, maar ek hou daarvan om ander gelukkig te maak en dis vir my lekker om te sien dat mense iets wat ek vir hulle gee, (my musiek) geniet,” voeg hy by.

Vra jy hom uit oor wat die musiekbedryf hom geleer het, antwoord hy vinnig: “Dat jy nooit moet vergeet waar jy vandaan kom nie.”

Verder bieg hy dat die grootste uitdaging vir hom die onregverdigheid in die bedryf is. “Dit is ’n verskriklike onregverdige bedryf, want dit maak nie saak hoe hard jy werk of weet wat jy bereid is om te gee van jouself nie, jy is altyd afhanklik van mense, hulle opinies en voorkeure, en ongelukkig kan almal nie van jou hou nie. Dis soms moeilik om te aanvaar.

Arno is tans druk besig om aan sy nuwe album te skaaf en skuur, wat op sy verjaardag vrygestel gaan word. En hy werk aan die Boobaloo Expo wat vir ’n tweede keer aangebied word op 1,2 en 3 Maart in die Sun Arena van Pretoria. Maar vir nou, verklaar hy ’n ‘derde wêreldoorlog’…

 

Ondersteun en volg Arno Jordaan op:

Facebook: Arno Jordaan

Twitter: @ArnoJordaan

Instagram: @arnojordaan

]]>
https://musicalventureradio.com/index.php/2019/02/05/arno-jordaan-verklaar-n-derde-wereldoorlog/feed/ 0
Samantha Leonard met haar eerste enkelsnit, ‘Jou hart sal heel raak’ https://musicalventureradio.com/index.php/2019/02/05/samantha-leonard-met-haar-eerste-enkelsnit-jou-hart-sal-heel-raak/ https://musicalventureradio.com/index.php/2019/02/05/samantha-leonard-met-haar-eerste-enkelsnit-jou-hart-sal-heel-raak/#respond Tue, 05 Feb 2019 12:33:06 +0000 http://musicalventureradio.com/?p=3161 [...]]]>

Die gewilde sangeres, Samantha Leonard (wat 3de in die eerste seisoen van The Voice SA geeindig het) het pas haar nuwe enkelsnit Jou Hart Sal Heel Raak, vrygestel.  Die musiekvideo vir hierdie treffende lied sal ook binnekort die lig sien.

“Die liedjie is oorspronklik deur  Vaughan en Nerine Gardiner geskryf. Toe ek hierdie liedjie vir die eerste keer hoor, het ek onmiddellik in trane uitgebars en geweet ek moet hierdie liedjie opneem en deel maak van my solo album. Dit is asof die lirieke direk met my gepraat het en ek het net geweet dit gaan ook vir soveel ander daarbuite wat deur moeilike tye gaan iets beteken, veral vir mense wat net skielik iemand spesiaal in hulle lewe verloor het en wens vir net nog een dag saam daardie persoon. Twee van my baie goeie vriendinne wat ek sussies noem en hulle ma, het onlangs hulle pa skielik aan kanker afgestaan. Ek kan myself nie indink waardeur hulle gaan en die pyn wat hulle elke dag saam hulle dra nie, maar ek wil hê hulle moet weet om dit een dag op ‘n slag te vat en weet eendag sal jou hart weer heel raak,” verduidelik Samantha.

Samantha Leonard se debuut-album album word op 1 Maart 2019 uitgereik en aanhangers kan uitsien na 13 pragtige snitte op haar eerste solo album.

 

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook: https://www.facebook.com/samanthaleonardofficial/

Twitter: @samleonard_1

Instagram: @samanthaleonard_artist

 

Luister gereeld na jou gunsteling stasie:

Musical Venture Radio

]]>
https://musicalventureradio.com/index.php/2019/02/05/samantha-leonard-met-haar-eerste-enkelsnit-jou-hart-sal-heel-raak/feed/ 0
Armand Steenkamp met ‘n nuwe enkelsnit: ‘Lekker Mens’ https://musicalventureradio.com/index.php/2019/02/05/armand-steenkamp-met-n-nuwe-enkelsnit-lekker-mens/ https://musicalventureradio.com/index.php/2019/02/05/armand-steenkamp-met-n-nuwe-enkelsnit-lekker-mens/#respond Tue, 05 Feb 2019 12:11:33 +0000 http://musicalventureradio.com/?p=3157 [...]]]> Wat het Armand Steenkamp met wyle soos Worsie Visser, Zirk Bergh en Zak van Niekerk in gemeen? Hulle was almal LEKKER MENSE en se musiek lig jou gemoed! Vir die eerste keer in ‘n lang tyd verskyn daar ‘n lekker album, vol lekker liedjies, wat jou laat lekker voel. Selfs al gaan van die lirieke oor die swaarkry van boerdery, maar Armand draai die probleme en swaarkry op sy kop en laat jou lekker voel as jy hierna luister. Ek wil amper so ver gaan om te sê hy laat selfs die droogte dan nou lekker voel as jy so na hierdie ritmiese, opgewekte album luister wat opgeneem is aan die Weskus in Wouter van de Venter se bekwame hande en ateljee. Selfs Wouter verras ons hier en wys jy moet hom nie stereotipiseer nie.

Armand het grootgeword in die Boesmanland erens tussen Pofadder, Kliprand en die niet. Die naaste skool was Springbok waar hy wou rugby speel, sing en graag ingels praat. Die kans om ‘n Springbok te word is dus baie groter in die Boesmanland, want daar was engels nie ‘n tweede taal nie, maar ‘n vreemde taal. Hoërskool was hy in die befaamde Boland Landbou. Vandag tree hierdie boer landwyd op by enige funskie en sy konsertgangers sien telkemale die son opkom. “Solank hy net nie ingels hoef te praat nie”, sê hy.

Sy nuutste album, Lekker Mens, laat jou goedvoel sommer oor die slegte dinge van die land. Sy liefde vir visvang en jag tel jy ook so tussen die snitte se lyne op.
In 2016 was hy selfs genomineer deur die Ghoema’s vir Beste humoristiese album.

Armand se nuwe album is gelaai met humor, lekker moderne verwerkings wat jou voete gaan laat jeuk en jou van jou ‘n lekker mens gaan maak.
Met al die negatiewe waarmee ons deesdae omring word, beloof hierdie album om die beste ding te wees wat jy vir jou gemoed kan aanskaf.

Luister na die enkelsnit deur gereeld te luister na jou gunsteling stasie:

Musical Venture Radio

]]>
https://musicalventureradio.com/index.php/2019/02/05/armand-steenkamp-met-n-nuwe-enkelsnit-lekker-mens/feed/ 0
Jo Black se nuwe Enkelsnit is hier! ‘Voel Jy Die Genade’ https://musicalventureradio.com/index.php/2019/01/23/jo-black-se-nuwe-enkelsnit-is-hier-voel-jy-die-genade/ https://musicalventureradio.com/index.php/2019/01/23/jo-black-se-nuwe-enkelsnit-is-hier-voel-jy-die-genade/#respond Wed, 23 Jan 2019 09:01:39 +0000 http://musicalventureradio.com/?p=3148 [...]]]> Met meer as 8 miljoen YouTube kyke, 7 Ghoema toekennings, honderde vertonings en ‘n naam wat geen bekendstelling nodig het nie, kondig JO BLACK die vrystelling van sy nuwe album, VOEL JY DIE GENADE, aan.

VOEL JY DIE GENADE is ook die titel van die eerste enkelsnit vanaf Jo se opkomende album en eg aan Jo se musiek inspireer dit tot diep binne jou hart en siel. Daar is ‘n passie in sy stem en ‘n eerlike boodskap in die lirieke van die liedjie.

Ek het regtig my hart en siel in hierdie album gestort. Ek het geweldig hard gewerk aan hierdie projek en my hoop is dat dit mense sal inspireer wanneer hulle daarna luister, net soos wat dit my geïnspireer het terwyl ek dit geskep het”, sê Jo.

Kyk die video hier:

Sy debuut-album, Skepe, het die industrie soos ‘n storm getref en was bekroon met ‘n rekord getal kykNET Ghoema toekennings wat onder andere ingesluit het: Beste Nuweling, Beste album van die jaar en Beste digitale verkope van die jaar. Dié album het trippel platinum status behaal en word beskou as die beste verkoper in die industrie vir die afgelope twee jaar. Jo het ook sy debuut op die grootskerm gemaak met ‘n kameo verskyning in die suksesvolle Afrikaanse fliek, Susters.

Hy is trots daarop om geassosieer te word met Inhoud Huis Musiek en het sy splinternuwe album saam met Johan Vorster voltooi.

Hierdie voorste stem in Afrikaanse musiek is terug en hy hou aan om sy boodskap van hoop en geloof te verkondig met ‘n heerlike rock klank en inspirerende lirieke wat jou laat voel asof jy die wêreld kan oorwin wanneer jy daarna luister.

VOEL JY DIE GENADE sal beskikbaar wees op alle digitale platforms vanaf 15 Februarie 2019 en kan nou reeds vooraf bestel word op iTunes.

 

SOSIALEMEDIASKAKELS:

Facebook: https://www.facebook.com/JoBlack8/?ref=br_rs

Instagram: @JoBlack8

Twitter: @JoBlack_BTG

 

Luister op

Musical Venture Radio

]]>
https://musicalventureradio.com/index.php/2019/01/23/jo-black-se-nuwe-enkelsnit-is-hier-voel-jy-die-genade/feed/ 0
DECA stel ‘n nuwe album bekend: ‘Naturally’ https://musicalventureradio.com/index.php/2019/01/23/deca-stel-n-nuwe-album-bekend-naturally/ https://musicalventureradio.com/index.php/2019/01/23/deca-stel-n-nuwe-album-bekend-naturally/#respond Wed, 23 Jan 2019 08:00:43 +0000 http://musicalventureradio.com/?p=3144 [...]]]> Net soos die album se naam (Naturally) getuig, bring die populêre instrumentale duo, DECA, ’n splinternuwe album en stuur dit hulle repertoire in ’n meer natuurlike en organiese rigting. Douw Steyn en Herman Steyn, is weer aan die stuur van die viool– en kitaarpligte.

DECA se eerste album, Black Sails, was taamlik organies, maar met die nuwe album wou hulle dit ’n stappie verder neem. “Daar is heelwat meer organiese klanke soos perkussie, mandolien, dwarsfluit en penniefluit. Die titelsnit, Naturally, lê vir ons na aan die hart, asook Hilltop Jig wat baie divers in musikale struktuur is. Ons hoop ook dat ons weergawe van Ed Sheeran se Perfect, die hartsnare sal roer,” vertel Douw.

Daar is ook iets vir die jonger gehoor – Shut Up and Dance With Me is ’n populêre treffer op die nuwe album en met die groot oplewing in die musiek van Queen as gevolg van die film, Bohemian Rhapsody, sal die liedjie The Show Must Go On ook baie aanklank vind by gehore.

Die herinneringe en nostalgie leef voort met DECA se weergawe van André de Villiers se Memories – baie mense sal dit herken as die snit wat jare gelede in die klassieske Volkswagen-advertensie gebruik is.

Douw is die uitvoerende vervaardiger van die album en William de Bruin is die medevervaardiger.

Herman Steyn sal eersdaags ’n operasie ondergaan vir ’n paar maande buite aksie wees waartydens die baie begaafde Siobhan Lloyd-Jones vir ’n tydperk sy vioolskoene sal volstaan.

DECA se nuwe album, Naturally, is nou op alle digitale platforms beskikbaar.

Kry die album hier: https://itunes.apple.com/za/album/naturally/1447511608

LIEDJIES OP DIE ALBUM

Naturally

Perfect

Shut Up and Dance With Me

This Is Me

Hilltop Jig

Shallow

Sound of Silence

Swallowtail Jig

The Show Must Go On

It ain’t Me

Memories

 

SOSIALE MEDIA-SKAKELS

Facebook: https://www.facebook.com/decabandsa/?fref=ts

Twitter: @decaband

Instagram:  @decabandsa

 

BESPREKINGS

Herman Steyn

Sel: 079 505 2011

E-pos: johanhermansteyn@gmail.com

]]>
https://musicalventureradio.com/index.php/2019/01/23/deca-stel-n-nuwe-album-bekend-naturally/feed/ 0