Notice: Undefined index: post_type in /home/lksjumsw/public_html/wp-content/plugins/radio-station/includes/data-feeds.php on line 1372

Warning: Cannot modify header information - headers already sent by (output started at /home/lksjumsw/public_html/wp-content/plugins/radio-station/includes/data-feeds.php:1372) in /home/lksjumsw/public_html/wp-includes/feed-rss2.php on line 8
Uncategorized – Musical Venture Radio https://musicalventureradio.com Music makes the world go round.......... Sat, 06 Aug 2022 21:52:58 +0000 en-US hourly 1 https://wordpress.org/?v=6.5.2 https://i0.wp.com/musicalventureradio.com/wp-content/uploads/2016/08/ezgif.com-optimize.gif?fit=32%2C26&ssl=1 Uncategorized – Musical Venture Radio https://musicalventureradio.com 32 32 Victor Bravo moedig luisteraars aan om nie moed op te gee nie – ‘Solank die liefde bly’ https://musicalventureradio.com/index.php/2022/08/06/victor-bravo-moedig-luisteraars-aan-om-nie-moed-op-te-gee-nie-solank-die-liefde-bly/ https://musicalventureradio.com/index.php/2022/08/06/victor-bravo-moedig-luisteraars-aan-om-nie-moed-op-te-gee-nie-solank-die-liefde-bly/#respond Sat, 06 Aug 2022 21:49:03 +0000 https://musicalventureradio.com/?p=13669 [...]]]> Die wêreld het die afgelope paar jaar donker tye beleef waarin dit moeilik was om positief te bly. Tye waarin geliefdes gesterf het, huwelike verbrokkel het, werke en inkomstes verloor is en baie mense lus was om op te gee. Met genade van bo, het die meeste van ons heel aan die ander kant uitgekom en dit is dié liefde en genade wat die gewilde duo, Victor Bravo, se nuutste enkelsnit geïnspireer het.

SOLANK DIE LIEFDE BLY is ’n alternatiewe snit uit dié groep, wat bestaan uit Weco van Basten (sanger en liedjieskrywer) en Jopie Pienaar (hoofkitaarspeler), se eie arsenaal oorspronklike musiek.

Dit is vervaardig deur Renier Henning Music en sluit die klanke van die bekende dromspeler, Bruce Wallace, en baskitaarspeler, Janes Blomerus, in.

“Ek het op ’n dag met my kitaar gesit en dink oor die storms en hartseer wat so rondom ons woed, en ek het gewonder wat van ons gaan word,” deel Weco. “Ek het mismoedig gevoel, maar het in daardie oomblik besef dat ek nie alleen is nie. Dat solank ons kan saamstaan en kan lief bly vir mekaar, alles sal fine wees.”

Volgens Jopie is hierdie liedjie nader aan die klank en styl wat hulle oorspronklik vir die groep in gedagte gehad het en is dit anders as hulle vorige vrystelling omdat dit gemik is op diegene wat van dieper musiek hou. “Dit bied agtergrondmusiek wat maklik is om na te luister, met ernstiger lirieke wat jou aanmoedig om aandagtig te sit en luister,” sê hy.

Die musiekvideo, wat die boodskap van die snit perfek vasvang, is ook beskikbaar vanaf Saterdag 6 Augustus. Dit is deur Gerduan Kemp van Gerduan Kemp Photo & Film verfilm by Sowaar Bar en Sowaar Studios, asook by ’n splinternuwe Airbnb in Villieria, Pretoria.

In die video sing die hoofkarakter (Weco) alleen by ’n kroeg, terwyl die res van sy orkeslede (Jopie, Janes en Jean West) ook elkeen in afsondering by hulle eie huise musiek maak. Soos wat die liedjie opbou, sluit hulle egter een-vir-een by hom aan op die verhoog totdat hulle uiteindelik weer almal saam speel en ’n groot vertoning hou.

“Die video versinnebeeld die idee van hoe alleen en afgesonder ons op ’n stadium was. In daardie tye het dit swaar gegaan, omdat ons mekaar nie kon ondersteun nie,” verduidelik Weco. “Soos wat dinge weer begin terugkeer het na normaal, het dit begin beter gaan en kon ons weer bymekaar uitkom. Solank ons mense het wat vir ons omgee, is daar altyd hoop.”

SOLANK DIE LIEFDE BLY is hulle vierde vrystelling en volg in die suksesvolle voetspore van hul vorige enkelsnit, Suiderkruis, wat in 2020 uitgereik is en aangewys is as Beste kontemporêre enkelsnit by die onlangse Afri-Indie Onafhanklike Kunstenaartoekennings.

Skemer (2019) en Breakway Line (2018) het ook elkeen met ’n Afri-Indie-toekenning (Beste duo enkelsnit en Beste algehele enkelsnit) weggestap en vir verskeie weke bo-aan treffersparades regoor die land gekuier.

Victor Bravo het in 2018 hulle debuut in die musiekbedryf gemaak. In die kort tydjie wat hulle amptelik saam musiek maak, het dié musiekpaar (wat ook familie is) reeds talle hoogtepunte bereik, wat verskeie toekennings, twee Kaapse toere en optredes op verskeie groot musiekverhoë – waaronder Aardklop 2019 – insluit.

Wanneer hy nie op die verhoog is of liedjies vir homself en ander kunstenaars skryf nie, bou en ondersoek Weco data-sisteme by die werk. Hy is reeds van jongs af doenig met musiek, was as kind lid van die Drakensberg Seunskoor en het na skool drama en kreatiewe skryfkuns in Amerika geswot.

Jopie, wat mede-eienaar van CrossFit MTVE in Pretoria is, is net so passievol oor fiksheid en gesondheid as oor musiek. Nadat hy op skool sy eerste rockkonsert bygewoon het, het hy besluit om te begin kitaar speel en het sedertdien die kuns bemeester om sy vingers moeiteloos oor die snare te laat vlieg.

Die veelsydige duo wou nog altyd gehad het dat hulle musiek moet wees wat ookal die luisteraar nodig het dit moet wees op daardie spesifieke oomblik wat hulle dit hoor. “Dit moet jet fuel wees vir die ouens wat wil kuier en dit geniet, maar dit moet ook ’n sagte vertroosting wees vir enigiemand wat op daardie oomblik ’n skouer soek om op te huil,” sê Weco.

SOLANK DIE LIEFDE BLY is een van daardie liedjies wat aan jou hart gaan knaag en in jou kop gaan maal lank nadat jy dit vir die eerste keer gehoor het.

“Ek dink die liedjie praat met daai stemmetjie binne ons, wat vir ons wil vertel dat dit nutteloos is om aan te hou hoop, en sê hou net vas,” sluit Weco af.

Dit is nou beskikbaar op alle digitale platforms. Laai dit hier af:
Apple Music
https://music.apple.com/za/album/solank-die-liefde-bly-radio-edit/1635716746?i=1635716747

 

Spotify
https://open.spotify.com/album/6zw31wRK5yP5pf57e58tSQ?si=2hrZP1pDTv2LdHdwHp54Rw

YouTube Music
https://music.youtube.com/playlist?list=OLAK5uy_mdCRcCU8Myjcf86cq1vD-2B34MBYcxnPc&feature=share

 

SOSIALEMEDIASKAKELS:

Facebook: https://www.facebook.com/VictorBravoMusic

Instagram: @VictorBravoMusic

SoundCloud: https://soundcloud.com/user-625588893

Hutsmerke: #VictorBravoBand #SolankDieLiefdeBly

 

Luister gereeld na jou gunsteling stasie

Musical Venture Radio

]]>
https://musicalventureradio.com/index.php/2022/08/06/victor-bravo-moedig-luisteraars-aan-om-nie-moed-op-te-gee-nie-solank-die-liefde-bly/feed/ 0
Kirsten Richard is terug met ‘n 2de enkelsnit, ‘Ons Is Groot’ https://musicalventureradio.com/index.php/2020/05/14/kirsten-richard-is-terug-met-n-2de-enkelsnit-ons-is-groot/ https://musicalventureradio.com/index.php/2020/05/14/kirsten-richard-is-terug-met-n-2de-enkelsnit-ons-is-groot/#respond Thu, 14 May 2020 04:58:50 +0000 http://musicalventureradio.com/?p=3506 [...]]]> Kirsten Richard plaas verhoudings en die dood onder die soeklig

Kirsten Richards se nuwe enkelsnit Ons is Groot plaas die soeklig op verhoudings en die impak wat die dood op verhoudings het. Dié enkelsnit uit Kirsten se eie pen is uit die oogpunt van iemand wat oorlede is en wat terugkyk na die lewe en geliefdes en besef dat hul obsessie met die idee van groot word hul van ware geluk weerhou het.

Die persoon is nou groot, maar besef te laat dat die lewe nie oor groot wees gaan nie, maar oor die reis van groot word,” het Kirsten gesê. Volgens Kirsten skryf hy juis self sy musiek omdat dit sy emosies en gevoelens so akkuraat moontlik vasvang.

Ek het al op ’n jong ouderdom persoonlik die dood ervaar toe my pa in ’n motorfiets ongeluk oorlede is. Hy het ook, soos meeste mense, altyd gestreef om meer te bereik en om groter as sy omstandighede te word, maar die dood neem nie jou drome en begeertes in ag nie. Die skielikheid van sy dood het my laat besef hoe belangrik dit is om elke oomblik van jou lewe te koester en eerder te fokus op die nou, want dit is al wat ons het,” vertel Kirsten verder.

Kirsten sê dat hy nodig gehad het om van al sy emosies rakende die dood en die impak wat dit het op verhoudings het, ontslae te raak en daarom die besluit geneem om dit op papier vas te vang.

Ek wil graag hê dat mense nie net my boodskap in my musiek moet raak sien nie, maar dat hulle dit ervaar in hul eie manier en die woorde ’n nuwe betekenis gee wat van toepassing is op hulle lewens.

Die boodskap agter die liedjie is iets waarmee meeste sal kan vergelyk. Almal is betrokke in verhoudings en ongelukkig het almal een of ander tyd te doen met die dood van ’n geliefde.

Die musiekvideo vir die liedjie is tans nog net ‘’n konsep, maar Kirsten weet presies hoe hy dié liedjie visueel wil uitbeeld… “Ek wil graag die emosie agter die liedjie vasvang en dit tot die beste van my vermoë in ’n visuele manier uitbeeld,” vertel hy opgewonde.

Musiek was nog altyd deel van Kirsten se lewe. Dit was egter op hoërskool waar die gogga behoorlik gebyt het. Op sewe het hy kitaarlesse geneem en is die afgelope 13 jaar bruis musiek deur sy are.

 

Bemarking en navrae: Talana Kuhn

talana@marketingzoo.co.za | 072 494 4874

 

Luister na die enkelsnit op:

Musical Venture Radio

 

]]>
https://musicalventureradio.com/index.php/2020/05/14/kirsten-richard-is-terug-met-n-2de-enkelsnit-ons-is-groot/feed/ 0
Die gewilde sangeres, Mariska, se nuutste enkelsnit “Ek Speel Ons Liedjie” https://musicalventureradio.com/index.php/2020/02/28/die-gewilde-sangeres-mariska-se-nuutste-enkelsnit-ek-speel-ons-liedjie/ https://musicalventureradio.com/index.php/2020/02/28/die-gewilde-sangeres-mariska-se-nuutste-enkelsnit-ek-speel-ons-liedjie/#respond Fri, 28 Feb 2020 03:08:21 +0000 http://musicalventureradio.com/?p=3442 [...]]]> Om verlief te wees, is ’n baie vrolike en opwindende tyd in ’n paartjie se verhouding. Dit is ’n fase waarin spesiale herinneringe gemaak word… en klein dingetjies – soos hulle gunsteling-liedjie – deel word van hulle reis saam.

Die gewilde sangeres, Mariska, se nuutste enkelsnit – uit die pen van Rudi Claase – gaan oor hierdie besonderse verbintenis wat twee mense altyd sal deel, ongeag van wat die toekoms inhou.

EK SPEEL ONS LIEDJIE is ’n volwasse kontemporêre snit, met ’n meesleurende dansritme, wat jou herinner aan ’n moderne verwerking van ’n goeie sokkietreffer uit die negentigs. Dié juweel vier nie net die euforiese gevoel van die liefde nie, maar sal paartjies se voete ook laat jeuk om ’n draai of twee op die dansvloer te maak.

“Dit is ’n heerlike liefdesliedjie met ’n wysie wat in jou kop herhaal. Ons het mos maar almal ’n paar gunsteling-treffers wat ons aan iemand spesiaal laat dink. ’n Liedjie wat jou gedagtes terugneem na spesiale oomblikke met spesifieke mense. Dit is waaroor dié enkelsnit gaan. Soms wanneer ons iemand mis en baie verlang, dan ‘speel ons liedjie’,” verklap Mariska.

EK SPEEL ONS LIEDJIE leer ons ook van ander maniere om lief te hê – nie net met woorde nie, maar ook met gedagtes deur middel van musiek. Musiek is ’n wonderlike kommunikasiemiddel tussen mense. Dit bring hulle nader aan mekaar, maak verlange stil, troos die wat hartseer is en maak hulle bly.”

Buiten vir die feit dat die snit reeds besig is om radiogolwe oor te neem, vorm dit ook deel van die kunstenaar se debuut-album, Dankie, en is syself baie opgewonde om dit met die land te deel. Ek is baie positief oor hierdie liedjie, hoop dat die publiek dit baie sal geniet en dat dit hulle sal inspireer,” sê sy.  

Mariska se album is die resultaat van ses jaar se harde werk en bevat twaalf oorspronklike kontemporêre verwerkings, wat oor die verskillende aspekte van liefde gaan. EK SPEEL ONS LIEDJIE is die vierde enkelsnitvrystelling en spog met die mooiste liefdeslirieke, wat aanklank sal vind by luisteraars van alle ouderdomme.

“Van Vooraf Begin, my vorige enkelsnit, het laas jaar die nommer een posisie op Bosveld Stereo se Afrikaanse Top 20-treffersparade bereik. Dit is oor die algemeen baie goed ontvang en het selfs positiewe terugvoer uit Dubai, Australië, Nederland en Amerika gekry,” deel die sangeres.

Alhoewel Mariska – wat reeds haar eie demo-album, Optelmeisiekind, op die ouderdom van sewentien vrygestel het – spog met ’n indrukwekkende CV vir haar ouderdom, is sy steeds dankbaar vir elke geleentheid wat oor haar pad kom. “Ek hou daarvan om te sien hoeveel die mense my musiek geniet wanneer ek sing. Dit gaan nie oor my nie, maar oor die musiek en hoe dit mense raak. Elke optrede is steeds ’n hoogtepunt.” 

Die ster het op ’n plaas net buite Hoedspruit grootgeword en is reeds van jongs af mal oor klassieke musiek. Sy het begin met sanglesse toe sy in graad 1 was en het daarna ook vinnig instrumente soos die klavier, viool en klawerbord bemeester, waarvoor sy ’n hele string toekennings verwerf het by die Eisteddfod in haar matriekjaar. Verder het dié dinamiese dame ook ’n BMus (Hons)-musiekkwalifikasie in Musiekoptrede van The Campus Of Performing Arts (JHB).

Sy is tans besig met haar BA-graad in Sielkunde en behoort dit teen 2021 te voltooi. “Ek het laas jaar onderskeidings in al my vakke gehad. Dit was baie harde werk, maar akademiese prestasie is noodsaaklik as jy verder in hierdie rigting wil studeer. Ek is ook besig om aan ’n nuwe en opwindende fase van my loopbaan te werk, maar ek kan nog nie te veel hieroor verklap nie.” Buiten hiervoor, beplan dié veelsydige musikant ook nog heelwat vertonings vir die jaar.

Soet Soos Suiker, haar heel eerste amptelike enkelsnit, het baie goed presteer. Die musiekvideo, wat deur Hartiwood Films (Liefling – Die Movie, Pretville) vervaardig is en onderwatertonele insluit, het so baie aandag getrek dat dit vir haar ’n kuier op die musiekprogram, DKNT, besorg het. As gevolg van ’n knap bemarkingsveldtog, het dié snit ook op programme soos Jukebox, Hectic 99, Jakkals Jol (SABC 2), Sunrise en eNews (eTV) verskyn.

Haar duet met Rian Ungerer, Alles Vir Liefde, is ook gekies om Afrika te verteenwoordig in ’n Eurovision musiekvideokompetisie. Laasgenoemde maak ook deel uit van Select Musiek se album- en DVD-samestelling, Ons Sing Duet.

Met haar stroopsoet stem, sielvolle lirieke en onblusbare passie vir musiek, lê daar voorwaar ’n blink toekoms vir Mariska voor in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.

Dié nuwe enkelsnit is ook beskikbaar op Mariska se album, Dankie, hier:    https://music.apple.com/za/album/dankie/1384817650

 

SOSIALEMEDIASKAKEL

Facebook: https://www.facebook.com/mariska.sa

Twitter: @mariska_sa

Instagram: @mariska.sa

YouTube: https://www.youtube.com/user/MARISKAMUSIEK

Webblad: www.mariska.co.za

 

Luister gereeld na jou gunsteling stasie

Musical Venture Radio

]]>
https://musicalventureradio.com/index.php/2020/02/28/die-gewilde-sangeres-mariska-se-nuutste-enkelsnit-ek-speel-ons-liedjie/feed/ 0
Jezelle stel uiteindelik lankverwagte enkelsnit vry – ‘Plekkie In Die Son’ https://musicalventureradio.com/index.php/2020/01/29/jezelle-stel-uiteindelik-lankverwagte-enkelsnit-vry-plekkie-in-die-son/ https://musicalventureradio.com/index.php/2020/01/29/jezelle-stel-uiteindelik-lankverwagte-enkelsnit-vry-plekkie-in-die-son/#respond Wed, 29 Jan 2020 00:20:50 +0000 http://musicalventureradio.com/?p=3333 [...]]]> Hierdie is een van daardie uitsonderlike vrystellings waarvoor die publiek lank gewag het. Na die onverwagte sukses van haar trefferlied getiteld ‘Suidwes’ byna drie jaar gelede het die navrae nie ophou instroom nie. Jezelle het met die onmiddelike publieke belangstelling in die werk uit haar musiekpen gewys dat hier merkwaardige en vermaaklike musiek oppad is. Dit was ‘n lang wag maar uiteindelik is die volgende enkelsnit hier en beloof om nie teleur te stel nie.

Die nuwe enkelsnit getiteld ‘Plekkie in die son’ behou Jezelle se opregte uitkyk in die lewe en vang weer die aardsheid vas wat ‘n mens in Jezelle se werk verwag en waardeer. Die lied praat op die man af met die luisteraar en vra jou reguit oor jou doel in die lewe, jou plekkie in die son, en breek dan deur met opbouende lewenswysheid wat nie doekies om draai nie.

Plekkie in die son’ is nou op alle aanlyn musiekplatvorms beskikbaar en beslis ‘n ‘moet luiter’ vir die Afrikaanse musiekliefhebber.

Daar is te min sulke liedjies daar buite“, sê Jezelle terwyl sy met trots vertel hoe hierdie opwindende liedjie ontstaan het. Jezelle vertel dat sy besig was om te ry in Namibië tussen Swakopmund en Walvisbaai. Die mense wat daardie stuk pad ken sal weet hoe spesiale stukkie aarde daardie is want aan jou linkerkant lê die enorme duine van die oudste woestyn ter wêreld, die Namibwoestyn, terwyl die uitgestrekte koue Atlantiese oseaan aan jou regterkant lê. Woestyn en see kom daar bymekaar. Jezelle besef toe dat daardie reuse duin uit ontsettende fyn sandkorreltjies bestaan. Elke sandkorreltjie is op sy eie niks, maar saam vorm dit die indrukwekkendste duin. Dieselfde met waterdruppels en die uitgestrekte oseaan. Parallel daaraan voel ‘n individuele persoon dikwels maar minderwaardig alhoewel jy deel van ‘n baie groter en belangrike prentjie vorm.

Hierdie lied maak deel uit van ‘n baie besonderse album wat binnekort vrygestel sal word. ‘Plekkie in die son’ is ‘n lied wat opwindend is, met die hart van elke individu praat, en ‘n positiewe antwoord gee op die vrae van duisende daar buite. Die besluit om ‘Plekkie is die son’ op die nuwe album in te sluit was voor die hand liggend, sê Jezelle. “Sommige liedjies word gebore op die regte tyd om op die regte album die regte mense te bereik,” verduidelik sy.

Byna drie jaar gelede het Jezelle behoorlik die internet aan die gons gehad toe ‘n onvoltooide weergawe van haar liedjie getiteld ‘Suidwes’ uitgelek het en soos ‘n veldbrand begin versprei het. Binne enkele ure het meer as 150,000 mense die video begin kyk. Die res is geskiedenis. Van daar af het die video soortgelyke kyke behaal op verskeie platforms en het gesamentlik al meer as ‘n miljoen kyke sonder dat die liedjie al op ‘n album verkyn het of enigsins bemark is.

Jezelle toer Suid-Afrika en Namibië plat en is uiters populêr op veral feeste. Haar musiek is opreg uit haar hart. In haar eie woorde sê sy haar musiek is “vir ons mense“. Daarom behoort dit ook die komende album se titel te wees. Die aardsheid en opregtheid van haar musiek maak haar geliefd onder aanhangers wat reeds haar musiek gehoor het.

Dit is belangrik om nie doekies om te draai nie. Daar is nog baie waar hierdie een van kom, maar ek stel hierdie liedjie vry omdat ek die mense wat my so getrou ondersteun wil beloon met ‘n nuwe liedjie met ‘n positiewe boodskap.”, vertel Jezelle.
Jezelle het in Namibië grootgeword maar woon in Pretoria. Sy skryf al haar musiek en lerieke self en is baie nou betrokke by die vervaardiging van haar musiek in die ateljee. Sy het verlede jaar ma geword en pa en baba toer en vlieg oral saam. “Sy is sommer van kleins af ‘n regte Jetsetter“, lag Jezelle as sy oor ma-wees en haar besige skedule praat.

Plekkie in die son’ is nou op alle digitale newerke soos iTunes, Google Play en so meer beskikbaar:
https://store.cdbaby.com/cd/jezelle5
https://music.apple.com/za/album/plekkie-in-die-son-single/1496319087
https://play.google.com/store/music/album?id=Bflzxnff3hwasvm4i3f5zi2jx7a&tid=song-Tr6gzcyqdamq2ozblt4r2dhtz6u

Sosiale Media:
Facebookhttps://www.facebook.com/jezellemusiek/
Webbladhttp://www.jezelle.co.za/

Ander musiekvideos:
‘Suidwes’:

Vir ons mense‘:

 

Skakel gereeld in om na jou gunsteling liedjies te luister.

Musical Venture Radio

 

]]>
https://musicalventureradio.com/index.php/2020/01/29/jezelle-stel-uiteindelik-lankverwagte-enkelsnit-vry-plekkie-in-die-son/feed/ 0
Sharoney is terug met ‘n nuwe enkelsnit, ’21 Vir Ewig’ https://musicalventureradio.com/index.php/2020/01/24/sharoney-is-terug-met-n-nuwe-enkelsnit-21-vir-ewig/ https://musicalventureradio.com/index.php/2020/01/24/sharoney-is-terug-met-n-nuwe-enkelsnit-21-vir-ewig/#respond Fri, 24 Jan 2020 21:29:44 +0000 http://musicalventureradio.com/?p=3323 [...]]]> Die talentvolle ster, met haar borrelende verhoogpersoonliheid en onblusbare energie, SHARONEY, is terug met die eerste enkelsnit en musiekvideo vanaf haar komende album wat beslis op elke musiekspeellys gaan koning kraai.

21 VIR EWIG spog met ’n splinternuwe volwasse klank en is ’n unieke Pop-nommertjie, wat hemelsbreed verskil van dít waaraan aanhangers gewoond is. “Hierdie snit val lekker op die oor en is ’n saamsingtreffer, wat jou voete sal laat jeuk om te dans. Dit is daardie tipe liedjie wat jy orals sal wil luister – in jou motor, by partytjies, om die braaivleisvuur en selfs by die gym en dit gaan verseker maak dat jy vir ewig 21 gaan wil bly,” gesels sy oor dié langverwagte vrystelling.

 Dié liedjie, uit die pen van Douvoordag se Jattie de Beer, het ’n baie positiewe boodskap en gaan daaroor dat die menslike gees nooit werklik verouder nie. Dat jy spontaan moet leef en die beste moet maak van elke oomblik, want op die ou einde van die dag is jy net so oud soos wat jy voel.

“Ek onthou my een-en-twintigste so goed soos gister, want ek bestempel dit as die ouderdom waarop jy regtig ’n volwassene word. Dan is jy jonk genoeg om dié tyd van jou lewe te geniet, maar oud genoeg om die herinneringe vir altyd te koester. Soms wens ek dat ek net vir ’n dag die horlosie kon terugdraai om weer so te voel. Toe ek 21 VIR EWIG vir die eerste keer hoor, het ek net geweet dit moet deel wees van my volgende album, want die tema is van toepassing op elkeen van ons… jonk en oud,” deel SHARONEY wat baie opgewonde is om haar nuwe musiek met die wêreld te deel.

Fathom Media, saam met wie sy al ’n hele paar projekte aangepak het, was die kreatiewe brein agter die musiekvideo wat vanoggend om 10h00 eksklusief deur Jacaranda FM aanlyn bekendgestel is.  Die video sal ook vanaand om 20h30 op VIA TV se Klink Soos Naweek vir die eerste keer op die kassie te sien wees. Die video spog met ’n vars, moderne aanslag en wys vir kykers ’n hele nuwe kant van die sangeres. SHARONEY was nog altyd gewillig om nuwe dinge te probeer en ek glo dat hierdie ’n groot tree vorentoe gaan wees vir haar en haar loopbaan. Hierdie is net die begin,” sê Fathom Media se Jay Loots.

Kyk die video hier:

 

Volgens SHARONEY was die doelwit van hierdie video om iets in Afrikaans te doen wat nog nie voorheen gesien is nie. Daarom het hulle besluit op ’n dansmusiekvideo wat voldoen aan internasionale standaarde. “Ons sien nie gereeld Afrikaanse musiekvideos wat maande se oefening, doelgemaakte kledingstukke en choreografie met ander dansers insluit nie, wat hierdie een dus baie uniek maak,” sê Jay.

Park Bench Studio was die perfekte plek om lewe te gee aan hierdie idee en SHARONEY en haar vier dansers kwyt hulle skitterend van hulle taak om die kyker deel te maak van die prettige atmosfeer op die skerm. Die enigste boodskap wat hierdie musiekvideo inhou, is om die lewe te geniet en volluit te leef. Om nie een oomblik terug te staan nie, kanse te vat en dapper te wees. Alles word natuurlik uitgebeeld met die gebruik van baie helder kleure en teksture,” verduidelik die kunstenaar.

SHARONEY het beslis geen bekendstelling nodig in die Afrikaanse musiekbedryf nie. Oor die afgelope vyf jaar, het sy nie net diep in die harte van musiekliefhebbers kom kruip nie, maar ook twee Ghoema- en Huisgenoot Tempo-benoemde albums en sewe groot radiotreffers uitgereik.

21 VIR EWIG volg op haar vorige gewilde vrystelling, Crush, wat baie goed deur die publiek ontvang is en steeds gereeld oor die radio gehoor kan word. Die musiekvideo het reeds meer as 40 000 trefslae op YouTube gehad en is baie gewild onder die jongklomp.

Crush was die derde snit vanaf haar album, Skyn, wat in 2018 benoem is vir ’n Ghoema-toekenning vir Beste Popalbum Deur ’n Vroulike Kunstenaar. Die titelsnit het ook die nommer 1-posisie op Lekker FM se treffersparade beklee. Verder was dit ook verskeie weke onder die top 10 op Bosveldstereo se Afrikaanse Top 20, die kykNET Top 20 en VCR se Baanbrekers. Die musiekvideo kan steeds gereeld op die kassie gesien word.

SHARONEY het in 2014 die musiekwêreld amptelik betree toe haar eerste enkelsnit, Een Keer, wat deur ADAM se Hugo Ludik en Reynardt Hugo geskryf is, binne enkele dae die trefferleer begin klim het en sommer vir lank bo-aan, al wat ’n treffersparade is, gekuier het.

Kort daarna is haar debuutalbum, In Ons Fairytale, vrygestel en dit was ook ’n kitssukses wat aan haar in 2015 twee Ghoema-nominasies (Nuweling van die Jaar en Beste Pop-Album deur ’n Vroulike Kunstenaar), asook ’n benoeming vir ’n Huisgenoot Tempo-toekenning (Nuweling van die Jaar) besorg het. Prinses, haar tweede enkelsnit uit die pen van Hugo Ludik en Reynardt Hugo, was ook baie gewild en het dadelik lugtyd gekry oor die radio en ook op televisie. Die derde en vierde enkelsnitte, Fairytale en Wees My Held, het kort daarna gevolg en haar plek in die harte van Suid-Afrikaners verstewig en voortgebou op die sukses wat sy reeds bereik het.

Wanneer sy nie op die verhoog is nie, is sy baie betrokke by liefdadigheidswerk. Verder is sy ’n gereeld gesig by funksies en feeste regoor die land. Tans is sy hard aan die werk met die opname van haar nuwe album, wat in 2020 vrygestel word, en is sy dankbaar vir elke geleentheid en hoogtepunt in hierdie hoofstuk van haar loopbaan.

Alhoewel 21 VIR EWIG ’n sorgvrye tema en ’n moderne aanslag het, getuig dit ook van hoeveel SHARONEY en haar musiek oor die jare gegroei het en dien dit as die perfekte lusmaker van die nuwe en opwindende rigting waarin haar loopbaan beweeg.

Die liedjie is beskikbaar op alle digitale platforms hier:

http://itunes.apple.com/album/id1494695147?ls=1&app=itunes

http://itunes.apple.com/album/id/1494695147

 

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook: https://www.facebook.com/www.sharoney.co.za

Twitter: @Sharoneymedia

Instagram: @sharoney01

Webblad: www.sharoney.co.za

 

Luister gereeld na jou gunsteling stasie

Musical Venture Radio

 

]]>
https://musicalventureradio.com/index.php/2020/01/24/sharoney-is-terug-met-n-nuwe-enkelsnit-21-vir-ewig/feed/ 0
Manie Jackson is terug met ‘n nuwe album, ‘My Beste en meer’ https://musicalventureradio.com/index.php/2019/10/24/manie-jackson-is-terug-met-n-nuwe-album-my-beste-en-meer/ https://musicalventureradio.com/index.php/2019/10/24/manie-jackson-is-terug-met-n-nuwe-album-my-beste-en-meer/#respond Thu, 24 Oct 2019 02:51:37 +0000 http://musicalventureradio.com/?p=3284 [...]]]> Manie Jackson se vokale vernuf en vermoë om met woorde te toor het oor jare heen van hom ‘n gróót gunsteling op die SuidAfrikaanse musiektoneel gemaak. Met sy nuutste vrystelling, “My beste en meer”, lewer hy ‘n terugblik op sy mees suksesvolle snitte en verras met kraakvars nuutskeppings wat jou ore sal laat hunker na meer!

Die album beslaan 20 snitte – nagenoeg ‘n uur en ‘n half se ouditiewe bederf – en plaas Manie se uitsonderlike, klassiekkontemporêre stem in ‘n vertoonkas van juwele wat in ‘n ryke verskeidenheid uiteenlopende, dog uitstekend
komplementerende, kleure pronk.

Momente van diep, treffende monoloë en solo-instrument word uitstekend afgewissel met dié van vol orkes, simfonie, stem en agtergrondharmonie. Hierdie twee uiterstes, en die ryke mengsel van klanke tussenin, sorg vir ‘n luisterryke ervaring – enige iets van goeie Afrikaanse sokkie met polsende ritmes en techno-invloede, ‘n tiksel country, ‘n bietjie jodel en ‘n ballade of twee, tot meer geestelike werke en selfs ‘n wals met ‘n knypie Griekeland in sy hart.

Vir ‘n voet wat sy lyf danser wil hou is daar snitte soos “Waarom het jy nie nee gesê”, “Liefde en genade” en “Julia”, ‘n lekker jive met “Onthou se jodel”, twee meevoerende walse, “Sê nou” en “Bring die sterre nader”, sowel as effens rustiger snitte soos “Onthou my” en “Palms van my hande” wat ruimte maak vir bietjie asem skep.

“Die Hemel weet” – ‘n immergroen en alombekende gunsteling – maak ook sy verskyning op die album.

Manie neem ‘n oomblik om ‘n prag huldeblyk te bring aan legendes van gister wat ons vooruit gegaan het met “Ek, Bles en Gé” – ‘n roerende werk waar ‘n volkleurbeeld van groot name in die musiekbedryf in hul Ewige Woning met musiek geskets word.

Snitte met diepe lewenswysheid, soos “Dorings vir Ma” en “Loop net langs my spore”, sowel as geestelike werke soos “Engele”, “Fire within me” en ‘n pragtig herwerkte weergawe van die Onse Vader – op wysie van die ou bekende Auld lang syne – is ook op die album ingesluit.

Die album lewer presies wat dit belowe en soveel meer. Dis die hoogtepunte van alles Manie Jackson en ‘n pronkstuk van musikale diversiteit vir enige musiekversameling!

Die album is nou landswyd beskikbaar.

Volg hom op Facebookhttps://www.facebook.com/Manie-Jackson-Blad-143626159033190/

 

Skakel ook in na: Musical Venture Radio

om na die lied te luister.

]]>
https://musicalventureradio.com/index.php/2019/10/24/manie-jackson-is-terug-met-n-nuwe-album-my-beste-en-meer/feed/ 0
Musieklegende, Jannie du Toit stel nuwe enkelsnit bekend: ‘Lig en Donker’ https://musicalventureradio.com/index.php/2019/01/23/musieklegende-jannie-du-toit-stel-nuwe-enkelsnit-bekend-lig-en-donker/ https://musicalventureradio.com/index.php/2019/01/23/musieklegende-jannie-du-toit-stel-nuwe-enkelsnit-bekend-lig-en-donker/#respond Wed, 23 Jan 2019 07:37:37 +0000 http://musicalventureradio.com/?p=3139 [...]]]> Met musiekstyle en –tendense wat konstant verander, vat dit ’n merkwaardige musikant om relevant te bly vir byna vyf dekades. Afrikaanse musieklegende, Jannie du Toit, is een van daardie kunstenaars wat die toets van tyd kon deurstaan. Hy het homself oor die afgelope paar jaar daarop toegespits om musiek van sy gunsteling-musikante, soos Jacques Brel, Jules de Corte, Koos du Plessis en Lucas Maree  te sing, maar het besluit dat dit weer tyd is om op sy eerste liefde en passie te fokus – naamlik om Afrikaanse liedjies te skryf en na die verhoog te bring. Die resultaat hiervan, is ’n splinternuwe album: OESJAAR.

Die tweede enkelsnit vanaf dié nuwe album, ’n positiewe en opgeruimde snit – Lig en Donker, dui daarop dat Jannie die natuurlike en mooier dinge in die lewe geniet.

Hierdie album is in November verlede jaar vrygestel. OESJAAR ’n hoogtepunt en viering van agt-en-veertig jaar as ’n Afrikaanse kunstenaar, maar dit bevat slegs materiaal wat hierdie jaar geskryf is. Dit gaan oor wat ek glo, goed waarvoor ek hoop en oor die mense, plekke en dinge wat ’n verskil in my lewe gemaak het en steeds maak. Ek is vol vertroue dat die eindresultaat nie sal teleurstel nie.” sê hy.

OESJAAR bevat ook ’n paar bonussnitte – van vroeëre liedjies uit sy wingerd, waaronder Karen Zoid se opwindende rockverwerking van ’n Liedjie Vir Jou. Dié liedjie is presies veertig jaar gelede deur Jannie geskryf en dit het vanjaar opslae gemaak nadat Karen en Jannie dit opgeneem het vir haar program, Die Republiek van Zoid Afrika. Binne ’n uur na die uitsending, het dié opname bo-aan iTunes se treffersparade gepronk.

Die album is beskikbaar via Vonk Musiek, iTunes asook by uitgesoekte musiekwinkels.

Jannie se sololoopbaan het, byna ’n leeftyd gelede, afgeskop nadat hy sy regs- en taalstudies voltooi het. Gedurende sy studentejare in die 1970’s het hy in ’n pop- en rockgroep gespeel en was ook lid van die Afrikaanse folk-groep, Trilogie, wat reeds op die toetsuitsendings van SATV in 1975 verskyn het. Hy het in 1979 bekendheid verwerf as sanger en liedjieskrywer en het sy eerste solo-album, ’n Liedjie Vir Jou, in 1981 uitgereik. In die tagtigerjare skryf hy musiekblyspele vir Tukkies en in die 90’s bevorder sy JNS Musiek-maatskappy minder kommersiële Suid-Afrikaans musiek. Hy het in 2008 ’n ere-penning ontvang van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, asook – onder andere – in 2012 van Innibos Kunstefees vir sy bydrae tot die Afrikaanse Skryfkuns.

Deur die loop van sy dinamiese loopbaan, het hy verskeie albums vrygestel, waaronder  Drie-Uur In Die Môre (1987), Palet (1990), De Kleine Man (1994), Volgende Winter (1996), Geloof Hoop En Liefde (1998), Leeuspruit (2002), Diepverlange (2007), Onderweg (2011), Ligjare (2013), Doep Is Nie Dood Nie en Grenzeloos Nederlands (2014) en Die Eggo Van Jou Oë (2015). Twee verdere CD’s  is in 2016 uitgereik, naamlik sy Brel-album in vier tale en Kiekies – Lucas se Liedjies saam met Thean Kotzé.

BESPREKINGS & NAVRAE

Jopie Koen

Sel: 072 460 5568

E-pos: jopie@pierneefteater.co.za

 

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook: https://www.facebook.com/JannieduToitBlad

YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCoMAu3dxQnKK-CYJhDR7iFg

Web: www.janniedutoit.com

]]>
https://musicalventureradio.com/index.php/2019/01/23/musieklegende-jannie-du-toit-stel-nuwe-enkelsnit-bekend-lig-en-donker/feed/ 0
Marcato met ‘n nuwe enkelsnit, ‘Jy’s die een’ https://musicalventureradio.com/index.php/2018/04/12/marcato-met-n-nuwe-enkelsnit-jys-die-een/ https://musicalventureradio.com/index.php/2018/04/12/marcato-met-n-nuwe-enkelsnit-jys-die-een/#respond Thu, 12 Apr 2018 01:37:59 +0000 http://musicalventureradio.com/?p=2425 https://musicalventureradio.com/index.php/2018/04/12/marcato-met-n-nuwe-enkelsnit-jys-die-een/feed/ 0 NAGLIGTE verras met nuwe musiek! https://musicalventureradio.com/index.php/2017/10/18/nagligte-verras-met-nuwe-musiek/ https://musicalventureradio.com/index.php/2017/10/18/nagligte-verras-met-nuwe-musiek/#respond Wed, 18 Oct 2017 20:00:10 +0000 http://musicalventureradio.com/?p=2154 https://musicalventureradio.com/index.php/2017/10/18/nagligte-verras-met-nuwe-musiek/feed/ 0 ZULU WEDDING – sy kan nie van tradisie of haar hart ontsnap nie https://musicalventureradio.com/index.php/2017/10/18/zulu-wedding-sy-kan-nie-van-tradisie-of-haar-hart-ontsnap-nie/ https://musicalventureradio.com/index.php/2017/10/18/zulu-wedding-sy-kan-nie-van-tradisie-of-haar-hart-ontsnap-nie/#respond Wed, 18 Oct 2017 19:45:45 +0000 http://musicalventureradio.com/?p=2146 https://musicalventureradio.com/index.php/2017/10/18/zulu-wedding-sy-kan-nie-van-tradisie-of-haar-hart-ontsnap-nie/feed/ 0 Anton Goosen is terug met ‘n PUIK nuwe album ‘padkos’ https://musicalventureradio.com/index.php/2017/10/12/anton-goosen-is-terug-met-n-puik-nuwe-album-padkos/ https://musicalventureradio.com/index.php/2017/10/12/anton-goosen-is-terug-met-n-puik-nuwe-album-padkos/#respond Thu, 12 Oct 2017 17:24:49 +0000 http://musicalventureradio.com/?p=2141 https://musicalventureradio.com/index.php/2017/10/12/anton-goosen-is-terug-met-n-puik-nuwe-album-padkos/feed/ 0 Riaan Grobler met ‘n nuwe CD, ‘Alles’ https://musicalventureradio.com/index.php/2017/06/06/riaan-grobler-met-n-nuwe-cd-alles/ https://musicalventureradio.com/index.php/2017/06/06/riaan-grobler-met-n-nuwe-cd-alles/#respond Tue, 06 Jun 2017 03:55:17 +0000 http://musicalventureradio.com/?p=1937 https://musicalventureradio.com/index.php/2017/06/06/riaan-grobler-met-n-nuwe-cd-alles/feed/ 0 Van der Merwe fliek se amptelike lokprent bekendgestel! https://musicalventureradio.com/index.php/2017/05/17/van-der-merwe-fliek-se-amptelike-lokprent-bekendgestel/ https://musicalventureradio.com/index.php/2017/05/17/van-der-merwe-fliek-se-amptelike-lokprent-bekendgestel/#respond Wed, 17 May 2017 18:15:17 +0000 http://musicalventureradio.com/?p=1876 https://musicalventureradio.com/index.php/2017/05/17/van-der-merwe-fliek-se-amptelike-lokprent-bekendgestel/feed/ 0 Riaan Grobler & Rinél Day met hul nuwe enkelsnit: ‘Ons is liefde’ https://musicalventureradio.com/index.php/2017/03/21/riaan-grobler-rinel-day-met-hul-nuwe-enkelsnit-ons-is-liefde/ https://musicalventureradio.com/index.php/2017/03/21/riaan-grobler-rinel-day-met-hul-nuwe-enkelsnit-ons-is-liefde/#respond Tue, 21 Mar 2017 01:36:52 +0000 http://musicalventureradio.com/?p=1695 https://musicalventureradio.com/index.php/2017/03/21/riaan-grobler-rinel-day-met-hul-nuwe-enkelsnit-ons-is-liefde/feed/ 0 1925Band – Stel nuwe enkelsnit ‘Gedig op jou arm’ bekend! https://musicalventureradio.com/index.php/2017/02/22/1925band-stel-nuwe-enkelsnit-gedig-op-jou-arm-bekend/ https://musicalventureradio.com/index.php/2017/02/22/1925band-stel-nuwe-enkelsnit-gedig-op-jou-arm-bekend/#respond Wed, 22 Feb 2017 03:53:49 +0000 http://musicalventureradio.com/?p=1655 https://musicalventureradio.com/index.php/2017/02/22/1925band-stel-nuwe-enkelsnit-gedig-op-jou-arm-bekend/feed/ 0 RymStoff to rock SuperSport Park with new Titans shake-anthem! https://musicalventureradio.com/index.php/2016/11/24/rymstoff-to-rock-supersport-park-with-new-titans-shake-anthem/ https://musicalventureradio.com/index.php/2016/11/24/rymstoff-to-rock-supersport-park-with-new-titans-shake-anthem/#respond Thu, 24 Nov 2016 16:51:53 +0000 http://musicalventureradio.com/?p=1165 https://musicalventureradio.com/index.php/2016/11/24/rymstoff-to-rock-supersport-park-with-new-titans-shake-anthem/feed/ 0 ’N SKOUSPELAGTIGE VERTONING VAN LIGGIES EN TALENT! https://musicalventureradio.com/index.php/2016/11/18/n-skouspelagtige-vertoning-van-liggies-en-talent/ https://musicalventureradio.com/index.php/2016/11/18/n-skouspelagtige-vertoning-van-liggies-en-talent/#respond Fri, 18 Nov 2016 18:58:45 +0000 http://musicalventureradio.com/?p=835 https://musicalventureradio.com/index.php/2016/11/18/n-skouspelagtige-vertoning-van-liggies-en-talent/feed/ 0 ‘Hoeka Toeka’ het ’n splinternuwe baadjie gekry vir Huisgenoot se eeufeesfliek, ‘Vir die Voëls’ https://musicalventureradio.com/index.php/2016/11/18/hoeka-toeka-het-n-splinternuwe-baadjie-gekry-vir-huisgenoot-se-eeufeesfliek-vir-die-voels/ https://musicalventureradio.com/index.php/2016/11/18/hoeka-toeka-het-n-splinternuwe-baadjie-gekry-vir-huisgenoot-se-eeufeesfliek-vir-die-voels/#respond Fri, 18 Nov 2016 18:49:19 +0000 http://musicalventureradio.com/?p=831 https://musicalventureradio.com/index.php/2016/11/18/hoeka-toeka-het-n-splinternuwe-baadjie-gekry-vir-huisgenoot-se-eeufeesfliek-vir-die-voels/feed/ 0 DIS AMPTELIK: TRIPPEL GOUD VIR REFENTSE! https://musicalventureradio.com/index.php/2016/11/18/dis-amptelik-trippel-goud-vir-refentse/ https://musicalventureradio.com/index.php/2016/11/18/dis-amptelik-trippel-goud-vir-refentse/#respond Fri, 18 Nov 2016 18:24:23 +0000 http://musicalventureradio.com/?p=828 https://musicalventureradio.com/index.php/2016/11/18/dis-amptelik-trippel-goud-vir-refentse/feed/ 0 Hennie de Bruyn & die kitaarkerels – ‘Bosveld Kitare’ https://musicalventureradio.com/index.php/2016/10/28/hennie-de-bruyn-die-kitaarkerels-bosveld-kitare/ https://musicalventureradio.com/index.php/2016/10/28/hennie-de-bruyn-die-kitaarkerels-bosveld-kitare/#respond Fri, 28 Oct 2016 01:34:29 +0000 http://musicalventureradio.com/?p=586 https://musicalventureradio.com/index.php/2016/10/28/hennie-de-bruyn-die-kitaarkerels-bosveld-kitare/feed/ 0