radio-station
domain was triggered too early. This is usually an indicator for some code in the plugin or theme running too early. Translations should be loaded at the init
action or later. Please see Debugging in WordPress for more information. (This message was added in version 6.7.0.) in /home/lksjumsw/public_html/wp-includes/functions.php on line 6114Wat gebeur wanneer twee gewilde sangers en liedjieskrywers kragte saamspan om oor een van hulle grootste gedeelde passies te sing? \u2019n Hoendervleismooi liedjie kry lewe, wat Suid-Afrikaanse harte net so diep sal raak soos die ongerepte natuurskoon van die bosveld.<\/p>\n
IN DIE BOSVELD<\/em><\/strong> pas Juan Boucher en Neil Somers se diep storievertellerstemme soos \u2019n handskoen en is een van daardie enkelsnitte wat dadelik in jou kop kom vassteek, omdat dit jou onmiddellik laat verlang na \u2019n rustige kuier langs \u2019n kampvuur in die bos.<\/p>\n Hierdie moderne Afrikaanse pop-rocksnit, waaraan Juan en Neil saam getimmer het, weerspie\u00ebl die liefde en passie wat beide kunstenaars vir die bosveld het en kry dit reg om die rustige gevoel van hierdie lappie aarde aan die luisteraar oor te dra. \u201cEk is baie lief vir die bosveld en spandeer baie tyd daar<\/em>, daarom wou ek nog altyd \u2019n ordentelike liedjie daaroor sing,\u201d<\/em> vertel Juan oor hierdie duet wat hom reeds so na aan die hart l\u00ea. \u201cIN DIE BOSVELD<\/em><\/strong> gaan in enige liefhebber van die natuur en die bosveld se kraal val. Ek vermoed dit gaan reuse golwe in die Afrikaner kultuur maak. Die liedjie vang die gevoel vas wat die bosveld in ons almal wakker maak,\u201d<\/em> voeg Neil by.<\/p>\n <\/p>\n Die musikante ken mekaar al \u2019n geruime tyd, maar het eers weer regtig kontak hervat nadat Juan in dieselfde area as Neil ingetrek het. \u201cGedurende die grendeltyd het ons besluit om saam aan \u2019n liedjie te werk en \u2019n tema gekies waaroor ons albei passievol is. Om saam met Neil te werk, was \u2019n baie lekker ervaring,\u201d <\/em>verduidelik Juan, wat glo dat di\u00e9 snit by oud en jonk sal aanklank vind.<\/p>\n Neil het dit net soveel geniet om saam met Juan te werk en beskryf hom as \u2019n uitstekende liedjieskrywer: \u201cDit was regtig lekker om saam te werk. Ons dink dieselfde oor baie goed en dit kom deur in die liedjie. Om saam met iemand anders te skryf en hulle styl te verstaan, is altyd \u2019n goeie leerondervinding en so verbreed jy ook jou eie skryfvernuf en -kennis.\u201d<\/em><\/p>\n Die musiekvideo van die duet word saam met die enkelsnit bekendgestel. Dit is op Stanley van der Burgh se plaas, net buite Groblersdal, verfilm en beeld vir Juan en Neil in die natuur \u2013 tussen die vlaktes, berge en diere uit. Volgens die manne, het hulle hulleself gate uit geniet en moes hulle selfs \u2019n moeilike buffel, genaamd Gebrand, trotseer om die perfekte eindresultaat te kry. \u201cDie spesifieke skote waarop ons besluit het en wat die vervaardigers vasgevang het laat die natuur uitstaan. Die gevoel wat jy kry as jy die video kyk, laat jou onmiddellik verlang na die bos en die mense saam met wie jy dit altyd geniet,\u201d<\/em> s\u00ea Neil.<\/p>\n <\/p>\n Kyk die video hier:<\/p>\n