radio-station
domain was triggered too early. This is usually an indicator for some code in the plugin or theme running too early. Translations should be loaded at the init
action or later. Please see Debugging in WordPress for more information. (This message was added in version 6.7.0.) in /home/lksjumsw/public_html/wp-includes/functions.php on line 6114Len Muller<\/strong> is \u2019n veelsydige en talentvolle musikant, wat bekend is vir sy hoendervleismooi musiek, wat direk met die hart te praat.<\/p>\n Sy nuwe kortspeelplaat (EP) is vandag bekendgestel en die sanger is baie opgewonde hieroor omdat dit hom die geleentheid gegee het om \u2019n meer organiese produk, wat nie oorvervaardig is nie, op die rak te sit. Die album bestaan uit vyf van sy bestaande treffers, waarvan sy nuutste hartroerende enkelsnit \u2013 Oorgenoeg<\/em> \u2013 een is. \u201cEk wou al baie lank van my musiek lewendig en akoesties laat opneem, met net die regte instrumente soos die tjello, banjo, ukelele, akoestiese kitaar ensovoorts,\u201d<\/em> vertel hy. \u201cHulle s\u00ea dat masjiene musiek in die toekoms perfek gaan maak en dat mense nie meer sal nodig wees nie. Maar ek voel dat menslikheid en emosie in musiek dit juis besonders maak, al breek daar \u2019n snaar \u00earens in die middel \u2013 want net soos wat ons foute maak, is daar ook foute in musiek.\u201d <\/em><\/p>\n Hy deel verder: \u201cDis nou sewe jaar vandat ek die besluit gemaak het om voltyds in musiekbedryf te werk. Twee solo-albums later, weet ek nogsteeds nie altyd of dit die regte besluit was nie. Wat ek wel glo, is dat hierdie deel van my passie en roeping is. Om musiek te maak om in die kommersi\u00eble mark te pas werk nie vir my nie, want ek kom agter dat luisteraars my eie werk en styl meer waardeer. Ek wil nie voel dat ek met ander kunstenaars moet meeding vir die spreekwoordelike kollig nie. Elkeen moet tog \u2019n plekkie h\u00ea sonder om in kompetisie te wees, omdat dit nie eintlik oor die individu gaan nie. Ek wil help bou aan die onderstebo-koningkryk waar die laaste eerste is, die kleinste die grootste of belangrikste is en wie die minste het eintlik die meeste het… In hierdie koningkryk het almal \u2018oorgenoeg\u2019.\u201d<\/em><\/p>\n Oorgenoeg<\/em>, di\u00e9 blondekopster se nuutste enkelsnit en musiekvideo wat spesifiek vir sy kortspeelplaat opgeneem is en gedurende Mei 2019 uitgereik is, is \u2019n treffende Afrikaans-Akoestiese verwerking wat sy vaardighede as liedjieskrywer en sanger behoorlik ten toonstel en selfs die kieskeurigste luisteraar tevrede sal stel.\u00a0 Hierdie enkelsnit kan reeds gereeld oor die klankgolwe van radiostasies landswyd gehoor word!<\/p>\n Die snit kan beskryf word as rou en eerlik en kom uit \u2019n baie spesiale plek in die sanger se hart uit. \u201cVandat ek baie klein was, het ek \u2019n diep hartseer oor die armoede in ons land en het baie gehuil oor mense wat op straat moet bly. Ek kon nog nooit vertaan hoekom \u2019n sekere groep mense meer het as wat hulle nodig het, terwyl ander doodgaan van die honger nie. Die liedjie het dus ontstaan uit hierdie frustrasie met geldgierigheid\u201d, <\/em>verduidelik Len. \u201cEk het gevoel dat ek self nie veel finansieel kan doen om \u2019n verskil te maak nie, maar wat ek wel het is musiek. As ek een persoon kan kry om anders te dink of meer mededeelsaam te leef, dan is dit die moeite werd<\/em>. Die lirieke is baie rou en eerlik en dit is seker een van die eenvoudigste liedjies wat ek al geskryf het, maar tog die naaste aan my hart<\/em>.\u201d<\/p>\n Oorgenoeg<\/em>, wat deur Theo Crous van Bellville Studios vervaardig is, is ook die eerste liedjie wat hy saam met sy sussie, Miemie Blaauw<\/a>, opneem en haar stem vul syne perfek aan in die laaste koorgedeelte van die enkelsnit. \u201cSy het my laat huil in die ateljee. Dit was baie spesiaal,\u201d<\/em> deel hy.<\/p>\n