radio-station
domain was triggered too early. This is usually an indicator for some code in the plugin or theme running too early. Translations should be loaded at the init
action or later. Please see Debugging in WordPress for more information. (This message was added in version 6.7.0.) in /home/lksjumsw/public_html/wp-includes/functions.php on line 6114Chere\u00e9 het pas haar langverwagte album, WILDE WATERS<\/em><\/strong>, vrygestel en nou volg die Country-ster se pragtige musiekvideo van die titelsnit.<\/p>\n Die album het pas die rak getref het reeds die nommer 1 posisie op iTunes behaal. Die album bestaan uit 13 snitte wat deur die kunstenaar self, asook ander gesoute liedjieskrywers soos Rudi Claase, Vaughan Gardiner, Hugo Ludik, Michael Lindt, Tony Ridgway en Roux Cloete, geskep is.<\/p>\n Die titelsnit is saam met die album as enkelsnit vrygestel. Wilde Waters<\/em><\/strong> is \u2019n pragtige kommersi\u00eble popliedjie, uit die pen van die bekende liedjieskrywer Rudi Claase, met \u2019n melodie wat strelend is op die oor.<\/p>\n Dit gaan oor mense se daaglikse worsteling om geluk binne \u2019n verhouding te vind, want partykeer wil iets net nie werk nie al baklei jy hoe hard daarvoor. \u201cHierdie liedjie is definitief nie \u2019n weerspie\u00ebling van my en Wynand se verhouding nie. Ek besef egter dat nie almal so gelukkig is nie en dat hierdie amper perfekte verhouding nie vir almal beskore is nie. Elkeen van ons is tog maar op soek na daardie spesiale persoon wat ons op alle vlakke kan aanvul,\u201d <\/em>vertel Chere\u00e9. \u201cDie liedjie vertel juis van hierdie struweling tussen wat die hart wil h\u00ea en dit wat in realiteit moontlik is. Dit is \u2019n terugblik op mooi herinneringe wat twee mense gedeel het met die hoop dat dinge sal uitwerk, maar dan skop die besef in dat liefde sy eie gang gaan.\u201d<\/em><\/p>\n Die musiekvideo, is deur Christian Wolf verfilm en vervaardig in en rondom Pretoria. In die video sien die kyker wat in twee mense se gedagtes aangaan, terwyl hulle met hulle eie emosies worstel. Die vrou reis deur haar gedagtes na \u2019n ou gunsteling-plek van haar en haar geliefde met die hoop dat alles weer reg sal kan kom. Hulle werk deur \u2019n klomp probleme en dit lyk nie asof hulle tot \u2019n vergelyk sal kan kom nie en miskien uitmekaar gegroei het. \u201cDie storie beeld die reis uit van hulle lewe saam en hoe hulle intussen ook verlore geraak het. Jy sien hoe hulle sukkel om weer bymekaar uit te kom en wonder of dit genoeg sal wees om aan te hou probeer,\u201d <\/em>verklap die musikant. \u201cDie boodskap is dat al is jy hoe lief vir iemand en al probeer jy dit \u2019n duisend keer maak werk, is daar net sommige mense wat nie bedoel is vir mekaar nie.\u201d<\/em> Hare, grimering en stilering vir die video en albumomslag is deur Suna Robberts van Image by Suna<\/a> behartig.<\/p>\n Kyk video hier: <\/strong><\/b><\/p>\n