Fransien Scott met nuwe enkelnit – ‘Die Wind Het Kom Waai’

“Dit gaan oor die ongelooflike ommekeer en oomblik waar ’n hart kon losmaak van iemand wat eens baie spesiaal was, maar so desperaat was vir bevryding daarvan,” verklap Fransien Scott oor die betekenis agter haar nuutste ballade wat pas vrygestel is.

WIND HET KOM WAAI, wat deur dié musikant self geskryf en deur Helmut Meijer van Stonebear vervaardig is, is ’n treffende liedjie wat geïnspireer is deur elke vrou wat alleen kon staan en vorentoe kyk, nadat hulle pyn en teleurstelling in hulle verhoudings en huwelike ervaar het.

“Oor die afgelope paar jaar, het ek deur middel van my vrouebediening, KeeperSoul, ’n pad gestap met vroue wie se oorlewingstories my aangegryp het. Ek wou graag ’n lied skryf waarin ek die belangrikheid van die rol van ander inspirerende vroue in ons lewens benadruk,” verduidelik sy. “Wanneer ons so swaar trek in die lewe, wanneer ons geforseer is om op ons eie voete te staan en wanneer die seer te veel is, is dit wanneer ons vroue vir mekaar weer tuistes kan skep en mekaar kan ondersteun.”

’n Treffende musiekvideo, wat noukeurig saamgestel is om die tema van die liedjie saam te vat, is nou ook op die kassie te sien. Dit is verfilm in haar eie huis en tuin in Portugal en was baie simbolies vir haar, omdat dit ook is waar sy ’n nuwe tuiste vir KeeperSoul gevestig het.

“Ek vertolk die rol van ’n vrou wat soveel verwerping beleef het in haar huwelik en wat ten einde besluit het om haarself weer te gaan vind. Die tema van transformasie wat my vrouebediening, KeeperSoul, fasiliteer word so goed saamgevat in hierdie video wanneer sy met soveel liefde ontvang word in ’n nuwe tuiste wat die vrouens vir haar kon skep,” deel die veelsydige sanger en liedjieskrywer.

Kyk die video hier: https://youtu.be/jAmKW75yiDA

WIND HET KOM WAAI  is haar sesde enkelsnit en volg in die voetspore van radiotreffers soos Koninkryk van Beton, Staan Reg en Roei.

Fransien, wat steeds lief is vir klavier- en kitaar speel, het in ’n musikale huis groot geword en het na skool as ’n onderwyser gewerk voordat sy en haar man oorsee is waar hulle steeds woon.

Sy het onlangs ’n nuwe besigheid, FynBos Interiors, begin wat opknappingsprojekte in die Algarve aanpak en is tans besig om haar eie huis mooi te maak.

Verder skryf sy tussendeur aan nuwe musiek en reël sy vrouekampe vir behoeftige vroue deur middel van haar vrouebediening, KeeperSoul Women. Sy bestuur ook die liefdadigheidsprojek, Hope-fullboxes, waarmee sy ’n verskil in mense se lewens probeer maak.

Haar planne vir die nabye toekoms, is om nog twee nuwe enkelsnitte vry te stel en in Suid-Afrika te kom kuier.

WIND HET KOM WAAI  is ’n inspirerende moderne snit wat spesiaal geskryf is om vroue, en ander mense wat moeilike omstandighede en nuwe beginne in die gesig staar, te bemoedig.

“Ons het almal al seergekry, ons moes almal al iewers in ons worsteling en leiding die besluit neem om te oorleef en om oor te begin eerder as om saam met ons omstandighede te vergaan,” sluit sy af.

Die liedjie is nou aanlyn beskikbaar. Kry dit hier: https://distrokid.com/hyperfollow/fransienscott1/die-wind-het-kom-waai

Youtube Music: https://music.youtube.com/watch?v=D-HPzywA9lo&feature=share

 

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook: https://www.facebook.com/fransienscott

Instagram: @fransienscott

Webblad: www.fransienscott.com

YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCXkdIw3ypRAGrcI2OrcXIGQ

SoundCloud: https://soundcloud.com/user62525715

 

Kom luister gereeld na jou gunsteling stasie

Musical Venture Radio

Leave a Reply