Mia is terug met ‘n nuwe enkelsnit, ‘Waterval’, inspireer oud en jonk!

Met die vrystelling van haar debuut-enkelsnit en musiekvideo, Krimineel, het Mia sommer diep in plaaslike musiekharte kom kruip.

Om die nuwe jaar te vier, is hierdie talentvolle sangeres (oorspronklik van Potchefstroom) terug in die kollig met ’n splinternuwe enkelsnit wat vir haar nóg meer bewonderaars gaan inpalm.

WATERVAL, uit die pen van Emil Paul, kan beskryf word as ’n kontemporêre Afrikaanse snit wat aanklank sal vind by oud en jonk.

 “Die doel van die liedjie is om mense te inspireer en is geskep om vir elke luisteraar ’n unieke boodskap te gee,” verduidelik sy. “Ek was van die begin af verlief op die snit omdat dit met my praat en dis presies wat ek wil hê dit met die gehoor ook moet doen. Buiten daarvoor dat dit paartjies moontlik gaan motiveer om met mekaar te dans, gaan dit ook verskillende emosies ontlok by elkeen wat daarna luister.”

Mia (oftewel Mariska Pretorius) werk al sedert 2008 in die musiekbedryf en het veral naam gemaak met haar deelname aan The Voice SA.

Oor die jare, het dié spontane kunstenaar met haar suiwer stem al by van die land se grootste musiekfeeste opgetree, televisieonderhoude gedoen en vertonings geopen vir groot name soos Jay, Fatman en Nicholis Louw.

Mia het pas Johannesburg toe verhuis en het nog baie planne vir die toekoms, wat onder andere ’n nuwe enkelsnit en album insluit. Sy is ‘n onderwyseres by Laerskool Kempton Park en haar vakke sluit Afrikaans, EAT en Kuns in. “Ek geniet onderwys verskriklik baie – al wat ek wil bereik is om net een kind se lewe te verander, of as hulle net een goeie wenk kan onthou wat ek in die klas gee, dan sal ek gelukkig wees,” sê sy. Sy het ook onlangs verloof geraak aan Sean Peens (rekenmeester by Kruger en Kie) met wie sy al 5 jaar in ‘n verhouding is. Hulle beoog om in September 2022 te trou. Wanneer jy vir haar vra hoe dit is om in Johannesburg te bly? “Ek geniet dit vreeslik baie in die besige stad – ek moet nog net gewoond raak aan die verkeer!!,” skerts sy.

Sy vertrou nie sommer net enigiemand nie en werk hard vir dit wat sy uit die lewe en haar musiekloopbaan wil hê.

Om die regte musiek, met waardevolle boodskappe en lewenslesse, te kies was nog altyd vir haar baie belangrik en met WATERVAL het sy nie net ’n besonderse liedjie deel gemaak van haar arsenaal nie, maar ook lewe gegee aan ’n treffer wat nog lank oor die radio gehoor sal word.

WATERVAL is nou beskikbaar op alle digitale platforms. Kry dit hier: https://distrokid.com/hyperfollow/mia8/waterval

 

 SOSIALEMEDIASKAKELS:

Facebook: https://www.facebook.com/miaartistfanpage/

Instagram: @miaartist_official

Twitter: @MiaSangeres

SoundCloud: https://soundcloud.com/mia-louw-artist

 

Luister gereeld na jou gunsteling radio

Musical Venture Radio

Leave a Reply