Jan Blohm vertel ons meer van ‘Jenny’ se verhaal met sy nuwe enkelsnit: ‘Nonnie’

Daar is min musikante wat dit regkry om met die hart te praat soos Jan Blohm. In 2020 het hy ’n konsep-album vrygestel, met die naam Jenny, waarmee hy graag die verhaal wou vertel van twee tieners wat in die 1980’s in die klein konserwatiewe spoorwegdorpie, De Aar, woon en sedertdien geniet bewonderaars om te hoor hoe dié storie ontvou.

Met sy nuutste enkelsnit, NONNIE, val ’n volgende deel van hierdie interessante legkaart in plek. “NONNIE is wat Jenny se ouers haar genoem het en vertel nog ’n stukkie van haar storie. Dit is nog ’n liedjie wat die jongman oorkant die pad vir haar skryf wanneer hy na haar verlang,” verduidelik Jan oor dié liedjie wat deur hom en John Masser vervaardig is en waarvan die produksie deur Vonk Musiek behartig is.

Volgens hom, is die boodskap agter die vierde vrystelling vanaf sy album dat ’n mens moet vashou aan daai gevoel van eerste liefde. “Ek voel dat ’n mens altyd kan teruggaan na daardie gevoelens toe en dat dit net vrees vir seerkry is wat jou daarvan weerhou om met die onskuld van ’n kind na liefde te kyk.”

NONNIE volg in die voetspore van Jenny, Ou Karoo en Levi Jeans wat almal bo-aan die treffersparades gekuier het en steeds oor die radio gehoor kan word.

Jan Blohm draai reeds die Afrikaanse rockwêreld op sy kop sedert hy in 2004 sy debuut gemaak het met sy album, Melkstraat Confessions, en hy het nog geensins opgehou om ’n omwenteling in die musiekbedryf te veroorsaak nie.

Met NONNIE verstewig hy weereens sy plek in plaaslike musiekharte.

 

Laai die liedjie hier af: https://lnk.to/qWJR7gaL

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook: https://www.facebook.com/janblohmfanpage/

Instagram: @janblohm2020

Twitter: @JanBlohm

 

Luister gereeld na jou gunsteling stasie

Musical Venture Radio

Leave a Reply