Frans-Kanadese sanger Marc Devigne sing ‘n spesiale weergawe van ‘Ek wil vir jou’ in Frans.

Terwyl daar COVID 19 verligting vir baie lande gekom het, is Suid-Afrika weer onder strenger maatreëls geplaas. Marc Devigne, ‘n Frans-Kanadese sanger het ware “ubuntu” betoon deur ‘n bekende Afrikaanse lied in Frans te vertaal en dit op te dra aan die Kunstebedryf wat tans op sy knieë is.

Marc is n sanger, liedjieskrywer en akteur wat tans in Toronto woonagtig is. Hy het reeds as tiener in 2003 deurgedring as finalis in die “Canadian Idol” sangkompetisie en in die pas afgelope “The Voice Canada” as semi-finalis uitgetree. Marc het reeds wêrelewye erkenning ontvang as professionele sanger met optredes regoor die wêreld, van Mexico City tot Parys, New York en Tel Aviv.

‘n Vriend het hom aan Afrikaanse musiek bekendgestel en hom van die huidige situasie in Suid-Afrika vertel, veral rakende die kunstebedryf as gevolg van die COVID 19 situasie. Hy kon hiermee identifiseer en was diep geraak en het dadelik aan maniere gedink om ‘n bydrae te probeer maak aan die sukkelende bedryf. Omdat hierdie situasie tans wêreldwyd bestaan het hy besef dis tyd dat mense wêreldwyd moet saamstaan en hoop aan mekaar begin bring, ongeag vanwaar jy in die wêreld is. En toe doen hy waarmee hy briljant is! HY SING!

Hy het na verskeie Afrikaanse liedere geluister, en die Afrikaanse lied, “Ek wil vir jou” was vir hom die perfekte tema, melodie en boodskap. “Hierdie lied het homself natuurlik in Frans laat resoneer, en die boodskap, “I wanna be there for you” of in Frans, “Je serai pour toi” was absoluut die geskikte boodskap”, het Marc gesê. Christa Steyn het hierdie lied in 1982 geskryf en die lied is al meer as tien keer deur Suid-Afrikaners opgeneem. Marc het die verwerking en styl van lied aangepas by sy stem, en ‘n aangrypende weergawe in Frans opgeneem.

Marc se entoesiasme het net groter en groter geword en hy het besluit om musikante van verskillende lande te vra om hierdie lied te help bou. Hy het sover gegaan om Russiese dansers te vra om ‘n dans op die lied uit te werk om sodoende nie net musiek by die lied in te sluit nie. Sean Butler, ‘n Suid-Afrikaanse musiekvervaardiger het die verwerking gedoen. Vivere Strykkwartet uit die Oekraiene het al die strykerspartye lewendig opgeneem. En om die boodskap nog sterker te maak het hy vriende en kunstenaars van 20 verskillende lande gevra om die boodskap “ ek wil daar wees vir jou” in hulle eie taal opgeneem. Alles het net skielik bymekaar gekom en almal wat betrokke was het hulle dienste GRATIS aangebied. Emo Adams en Anja Steyn van Media Tribe het ‘n baie spesiale video bymekaar gesit van hoe die lied bymekaar gekom het, terwyl Chameleon Audio die video gereed gekry het vir televisie en ander sosiale media platforms.

Marc se navorsing het hom gelei na die Tribuo Fonds, ‘n nie-winsgewende organisasie en hy het die inisiatief aan hulle voorgelê en aangbeid om die projek onder hulle vaandel te versprei.

Hierdie gebaar om ‘n eg Suid-Afrikaanse lied op so spesiale manier aan Suid-Afrikaners te bied, is net weer n bewys dat musiek universieël is met n kragtige boodskap, ongeag die taal en nasionaliteit”, sê Nita Cronje, Voorsitter by die Tribuo Fonds. “Sukkelende kunstenaars en enige iemand anders in die kunstebedryf kan aansoek doen by die Tribuo Fonds vir finalsiële bystand. Ons is betrokke by verskeie projekte en inisiatiewe om fondse in te samel”, het sy verder verduidelik.

Hierdie lied, ‘Je serai pour toi‘ (Ek wil vir jou) is beskikbaar op alle digitale platforms. Die video wat gemaak is wys presies hoe almal saamgekom het om hierdie poging moontlik te maak. Die idee is dat hierdie video deur soveel as moontlik mense en platforms gedeel word sodat die boodskap om ons kunstebedryf te help ons hele volk sal bereik. “Ons doen derhalwe ‘n beroep op die media, ons publiek, en alle besighede om agter die projek in te klim en hulle harte en beursies oop te maak en sodoende R1miljoen in te samel, sodat ons seker kan maak dat die kunste sal oorleef, regoor alle grense en vorme van die kunstebedryf” vra die Tribuo Fonds.

Bydraes kan gemaak word deur Tribuo se webwerf en sosiale media platforms te besoek.

Vir meer besonderhede besoek

www.tribuo.co.za

Leave a Reply