Jan Jan Jan is terug met ‘n nuwe enkelnit/treffer, ‘Die RSA in my DNA’

 

Saam met Jan Jan Jan het jy nou al vleis gewys, mielies gegooi en boer gebly en dit is duidelik dat daar geen keer is aan hierdie groep soos wat een video na die ander ‘n miljoen views wegslaan nie!

Maar nou is dit alle grappies op ‘n stokkie soos die manne vir ‘n oomblik bietjie werklik raak. Om trots te wees op jou taal en jou kultuur en selfs jou land, kan soms in hierdie hedendaagse wêreld ‘n bietjie uitdagend wees, maar hierdie 3 manne stel ons almal gerus in hulle nuutste enkelsnit soos hulle dit duidelik maak dat die RSA in ons almal se DNA is en so ook dan die titel van hierdie lied – ‘Die RSA in my DNA‘.

Dit vertel ‘n storie van ‘n volk wat al vir eeue lank aan die Suidepunt van Afrika saai en bou met moed en vertroue soos hulle al deur vuur en oorloë geteister is maar nie gebreek kan word nie, want met ‘n stam so taai soos die van die waboom en hulle oë na bo vol geloof sal hulle bly voortbou in hierdie land wat hulle liefhet.

Selfs al word daar gesê dat hul herkoms vêr Noord van hier af lê, weet hulle dat hierdie land nou deel is van hulle DNA en dat hulle dit sal beskerm met alles binne hulle vermoë.

DIE RSA IN MY DNA
BESKIKBAAR 30 APRIL 2021

 

Hier is die amptelike video:

https://www.youtube.com/watch?v=SnVdXU4ESfk

 

Luister gereeld na jou gunsteling stasie

Musical Venture Radio

Leave a Reply