Christiaan Baartman se nuwe enkelsnit, ‘Voor die kerk’, is ‘n buitegewone liefdesverhaal!

In 2020 het die uiters talentvolle sanger, Christiaan Baartman, twee enkelsnitte, naamlik My Vrou en Die Beste Deel, vrygestel. Beide hierdie liedjies is uiters goed deur radiostasies ontvang en pronk steeds landswyd op verskeie trefferparades. Nou volg dié liedjieskrywer dit op met sy volgende enkelsnit, VOOR DIE KERK, ‘n buitengewone liefdesverhaal vir daardie spesiale persoon in jou lewe.

Christiaan Baartman is die seun van ‘n dominee en in sy jeug was daar ’n kêrel wat by sy suster kom aanklop het met sy Honda motorfiets. “My pa was natuurlik nie baie beindruk met die knaap wat so met ‘n 250 cc geraasmaker in die aande voor sy deur stop nie. Eintlik was dit op die einde ‘n baie aangename knaap wat net in iets belanggestel het wat nie in die norm van die kerklewe geval het nie.  En dít, was die inspirasie vir hierdie liefdeslied,”vertel Christiaan.

Die lied is in ‘n “pop folk” styl vervaardig deur die talentvolle Jattie de Beer van Artistry Poductions en gemaak om mense se voete te laat jeuk. Sean Manley van Manley Studios was verantwoordelik vir die finale klankversorging.

Christiaan het teruggedink aan ‘n buitegewone liefdesverhaal in ‘n eenvoudiger tyd… en hom neergepen. Dít, is VOOR DIE KERK.

VOOR DIE KERK  is nou op alle digitale platforms hier beskikbaar. Laai dit hier af: https://distrokid.com/hyperfollow/christiaanbaartman/voor-die-kerk

 

SOSIALE MEDIA SKAKELS:

Facebook:https://www.facebook.com/christiaankrit/
Instagram:@christiaanbaartman
YouTube:https://www.youtube.com/user/ChristiaanRock/featured?view_as=subscriber

 

Luister gereeld na jou gunsteling radiostasie

Musical Venture Radio

Leave a Reply