Henri Arlant is terug met ‘n nuwe enkelsnit, ‘Rose’

DIS ‘N UITGEMAAKTE SAAK… JY GAAN JOU HART OP “ROSE” VERLOOR!

Henri Alant staan verseker uit as energiek, optimisties en altyd positief, maak nie saak deur waste skaduwees hy beweeg nie, daar sal altyd lig aan die einde van die tonnel wees, asook ‘n boodskap van hoop om uit te dra buite toe.

Henri noem “al verander hy net een luisteraar se lewe, sal sy loopbaan volmaak wees”.

Sy liefde asook opregtheid vir musiek tesame met sy wonderlike talent straal uit hom uit en wanneer jy hom ontmoet vir die eerste keer kan jy nie anders as om die omgee vir ander in hom raak te sien nie.

Dít is wie Henri Alant is, wat ook die jaar sy 10de jaar in die Musiek bedryf vier, al veroorsaak Covid ‘n skaduwee oor die groot mylpaal in sy loopbaan, bly hy steeds positief en dankbaar.

Henri wat al sedert die vrystelling van sy eerste enkelsnit, “Cupid”, 10 jaar gelede steeds harte regoor Suid-Afrika verower en diep spore trap in sy volgelinge se harte, is hy in ekstase oor die wonderlike mylpaal wat hy bereik het, en lewer hy alle eer aan God vir sy talente en nou kom bederf hy ons wéér met ‘n 3de opeenvolgende splinternuwe enkelsnit, “ROSE”.

Dié Afrikaanse popliedjie wat pas vrygestel is, is geskryf deur Henri Alant en getoonset deur Pedre Lamprecht en vervaardig deur Christie Schutte en gaan oor ’n liefdesboodskap aan sy Ma en alle Ma’s daarbuite, of hulle nog saam ons is of nie.

Afrikaanse Kunstenaar en Liedjie skrywer Henri Alant het vir 4 jaar lank aan die konsep van “ROSE” vasgehou en kon nie die woorde klaar maak nie.

“My Ma het aan ons kinders gesê sy het moontlik Covid onderlede en gegaan vir toetse”. 

Die 4 kinders het nie geweet of hulle links of regs moes gaan nie want hulle het hulle Ma 5 jaar terug amper verloor as gevolg van die SAMONELA virus.

GOD het haar gespaar vir hulle en daarvoor is hulle almal baie dankbaar.

Henri Alant was in die proses om “Rose” se melodie klaar te bou en gereed te kry vir opname, al wat gekort het was die lirieke.

Die koor gedeelte was 4 jaar terug al geskryf maar die versies wou nie saam werk nie, vertel hy.

Op ‘n Vrydag middag skakel sy ma hom nadat sy vir die Covid toets gegaan het die vorige dag om die nuus te deel dat sy negatief getoets het en net ‘n lelike verkoue opgedoen het met min of meer die selfde simptome as Corona.

Nadat Henri die goeie nuus ontvang het en vir God dankie gesê het, het die lirieke op daai oomblik gevloei soos water deur hom. Henri glo God het die boodskap vir hom neergelê, en hy moes dit net sing.

Binne 5 minute was “Rose” klaar geskryf en perfek in woorde omgesit om die boodskap mooi, sag en duidelik oor te dra.

Die musiekvideo vir die liedjie word beplan om op 27 Februarie 2021 vrygestel te word, meer as dit is hy nie nou reg om te verklap nie.

“Rose” is die derde vrystelling in ‘n reeks vrystellings vanaf Henri se langverwagte komende album, “JY IS LIG”, wat beloof om in 2021 bekendgestel te word en groot dinge word vir hierdie enkelsnit en opkomende album voorspel waarvan die produksie deur die gesoute vervaardiger Christie Schutte hanteer word.

Sy toekoms lyk opgewonde en belowend, wat gepaard gaan met nuwe hoogtes en deure wat oopgaan:

Ek is reeds besig om te beplan aan my volgende enkelsnit waar ek weer sal terugkeer na wie ek as sanger voor bekend is, my bekende engergieke pop aanslag melodië en lirieke asook ’n beplande album toer en verskeie vertonings.

Daar is nie altyd woorde om die liefde en waardering vir ‘n Ma vas te vang en aan haar oor te dra nie, daarom die liedjie “ROSE”.

Ma’s verteenwoordig sag en liefdevolle karakter eienskappe, maak nie saak wat haar agtergrond is nie.

“Eer jou moeder met Rose of enige ander blomsoort waarvan sy hou terwyl sy nog lewe”.

Na reeds 2 suksesvolle liedjies “Daar’s ‘n rede” asook “Jy is lig” wat in 2020 vrygestel is en menigte Nommer 1 posisies losgeslaan het, wou Henri “Rose” uitbring as sy finale klip om te kyk of mense regtig sy siel kan verstaan deur sy musiek.

Mag familie oorloë oorwin word met die liedjie, mag ons, ons Ma’s “vereer” en as jou ma nie meer met ons is nie mag haar gees en liefde deur jou vloei met die liedjie op haar Verjaarsdag, op Kersdag of selfs net op ‘n normale dag waneer jy aan haar dink.

Die liedjie gaan verseker nie vir Henri om ‘n nommer 1 plek op radio te verower nie, alhoewel so iets net nog ‘n seën sal wees vir hom en sy loopbaan, die gaan alles oor ‘n liefdesboodskap aan die mees spesiale persoon in ons lewe, ons Moeders.

 

SOSIALE MEDIA SKAKELS:

Facebook: Henri Alant

Twitter: @Alantofficial

Instagram: Henri Alant YouTube: Henri Alant

 

Luister gereeld na jou gunsteling stasie

Musical Venture Radio

Leave a Reply