Jennifer Zamudio se nuwe enkelsnit, ‘DALK’

Met twee suksevolle duet vrystellings in 2020 – saam met Henri Alant en Riaan Grobler, staan Jennifer Zamudio slaggereed met ‘n splinternuwe solo enkelsnit.

Die liedjieskrywer Tertius BC Pretorius wat verantwoordelik was vir haar Nommer 1 treffer, Altyd Myne wat ingesluit is op Jennifer se album “Goud is my woorde” het weereens dit reggekry om met ‘n allemintige skepping, DALK vorendag te kom.

Nadat Jennifer op 18 April vir 12 ure aaneen om haar huis gestap het, ter ondersteuning aan alle mediesie en ander personeel in die voorste linies van die pandemie, is sy beloon met ‘n gratis opname van haar nuwe enkelsnit. Die vervaardiger Christie Schutte (Startrax Studios) het weereens nie teleurgestel nie en het ‘n puik produksie gelewer en met Jennifer se unieke stem, het hierdie lied behoorlik tot sy volle reg gekom.

Jennifer het in Oktober 2019 ‘n Musiekvideo gewen met komplimente van Dappermedia. Die kompetisieprys verseker sodoende dat daar binnekort ‘n musiekvideo van DALK beskikbaar gaan wees.

Die regte woorde ontbreek om die liedjie DALK ten volle te beskryf. Maar die liedjie raak diep aan jou binneste. Dit roer jou met swaar emosie en terselfdetyd ‘n tikkie opgewondenheid.  Hierdie lied dra ‘n belofte van sukses met hom saam en gaan ongetwyfeld ‘n duidelike merk laat.

 

DALK is beskikbaar op alle digitale platforms vanaf 30 OKTOBER 2020.

Skrywer: Tertius BC Pretorius (Just Imagine Music)

Vervaardig deur: Christie Schutte (Startrax Studios)

 

Volg Jennifer op Facebookhttps://www.facebook.com/JenniferZamudioSA

 

Luister gereeld na jou gunsteling stasie:

Musical Venture Radio

Leave a Reply