‘Diep Binne My’, Reynardt Hugo se 2de enkelsnit, bring hoop!

Die veelsydige akteur en kunstenaar, Reynardt Hugo het vroeër in 2020 sy eerste solo-enkelsnit, Die Rivier, vrygestel, en dit het almal en ook sy eie stoutste verwagtinge oortref!  Sy volgende enkelsnit, Diep Binne My, is pas vrygestel en almal is reeds aan die gons oor dìe inspirerende pop-snit.

“Die liedjie gaan oor twee mense wat in ‘n verhouding is en deur ‘n moeilike tyd gaan en by ‘n kruispad kom en moet besluit of hulle aan die verhouding gaan werk en of hulle eerder die verhouding moet stopsit,” vertel Reynardt.

Reynardt en Sean Butler het die lied gekryf en Reynardt vertel dat die lied vir hom baie beteken, aangesien hy homself in soortgelyke omstandighede bevind het. “Ek moes besluit of ek my lewe wil omdraai, vergifnis vra en aan myself werk – om by ‘n plek van waarheid uit te kom. Dit is nie altyd maklik nie, dit is ‘n moeilike pad om te stap, maar defnitief die moeite werd. Ek dink oud en jonk sal daarby aanklank vind, omdat dit ‘n verskillende betekenis vir elkeen kan inhou,” voeg hy by.

Reynardt is ’n gewilde Suid-Afrikaanse akteur, musikant, liedjieskrywer, motiveringspreker en skrywer. Hy was voorheen deel van die groep ADAM en is tans steeds te sien in kykNET se Binnelanders. Hy was ook deel van verskeie teaterstukke en verhoogproduksies en tree gereeld as seremoniemeester op by funksies.

As gevolg van die inperking, moes hy en die liefde van sy lewe,  An-Maré Roothman, ongelukkig eers hul troue opsy skuif, maar hulle is tans besig om te kyk na nuwe datums en reëlings. Hy is ook besig om te skryf aan ’n boek oor sy lewe, wat hy in samewerking met NB Uitgewers gaan uitgee vroeg in 2021.

Die musiekvideo van dié treffer word op 12 Oktober 2020 vrygestel.

 

Laai die enkelsnit hier af: https://linktr.ee/Reynardthugo

SOSIALEMEDIASKAKELS:

Facebook: https://www.facebook.com/ReynardtHugo/

Instagram: @reynardthugo

Twitter: @Reynardthugo

YouTube:Reynardt Hugo

Webblad:www.reynardthugo.com

 

Luister gereeld na jou gunsteling stasie

Musical Venture Radio

Leave a Reply