Jezelle stel uiteindelik lankverwagte enkelsnit vry – ‘Plekkie In Die Son’

Hierdie is een van daardie uitsonderlike vrystellings waarvoor die publiek lank gewag het. Na die onverwagte sukses van haar trefferlied getiteld ‘Suidwes’ byna drie jaar gelede het die navrae nie ophou instroom nie. Jezelle het met die onmiddelike publieke belangstelling in die werk uit haar musiekpen gewys dat hier merkwaardige en vermaaklike musiek oppad is. Dit was ‘n lang wag maar uiteindelik is die volgende enkelsnit hier en beloof om nie teleur te stel nie.

Die nuwe enkelsnit getiteld ‘Plekkie in die son’ behou Jezelle se opregte uitkyk in die lewe en vang weer die aardsheid vas wat ‘n mens in Jezelle se werk verwag en waardeer. Die lied praat op die man af met die luisteraar en vra jou reguit oor jou doel in die lewe, jou plekkie in die son, en breek dan deur met opbouende lewenswysheid wat nie doekies om draai nie.

Plekkie in die son’ is nou op alle aanlyn musiekplatvorms beskikbaar en beslis ‘n ‘moet luiter’ vir die Afrikaanse musiekliefhebber.

Daar is te min sulke liedjies daar buite“, sê Jezelle terwyl sy met trots vertel hoe hierdie opwindende liedjie ontstaan het. Jezelle vertel dat sy besig was om te ry in Namibië tussen Swakopmund en Walvisbaai. Die mense wat daardie stuk pad ken sal weet hoe spesiale stukkie aarde daardie is want aan jou linkerkant lê die enorme duine van die oudste woestyn ter wêreld, die Namibwoestyn, terwyl die uitgestrekte koue Atlantiese oseaan aan jou regterkant lê. Woestyn en see kom daar bymekaar. Jezelle besef toe dat daardie reuse duin uit ontsettende fyn sandkorreltjies bestaan. Elke sandkorreltjie is op sy eie niks, maar saam vorm dit die indrukwekkendste duin. Dieselfde met waterdruppels en die uitgestrekte oseaan. Parallel daaraan voel ‘n individuele persoon dikwels maar minderwaardig alhoewel jy deel van ‘n baie groter en belangrike prentjie vorm.

Hierdie lied maak deel uit van ‘n baie besonderse album wat binnekort vrygestel sal word. ‘Plekkie in die son’ is ‘n lied wat opwindend is, met die hart van elke individu praat, en ‘n positiewe antwoord gee op die vrae van duisende daar buite. Die besluit om ‘Plekkie is die son’ op die nuwe album in te sluit was voor die hand liggend, sê Jezelle. “Sommige liedjies word gebore op die regte tyd om op die regte album die regte mense te bereik,” verduidelik sy.

Byna drie jaar gelede het Jezelle behoorlik die internet aan die gons gehad toe ‘n onvoltooide weergawe van haar liedjie getiteld ‘Suidwes’ uitgelek het en soos ‘n veldbrand begin versprei het. Binne enkele ure het meer as 150,000 mense die video begin kyk. Die res is geskiedenis. Van daar af het die video soortgelyke kyke behaal op verskeie platforms en het gesamentlik al meer as ‘n miljoen kyke sonder dat die liedjie al op ‘n album verkyn het of enigsins bemark is.

Jezelle toer Suid-Afrika en Namibië plat en is uiters populêr op veral feeste. Haar musiek is opreg uit haar hart. In haar eie woorde sê sy haar musiek is “vir ons mense“. Daarom behoort dit ook die komende album se titel te wees. Die aardsheid en opregtheid van haar musiek maak haar geliefd onder aanhangers wat reeds haar musiek gehoor het.

Dit is belangrik om nie doekies om te draai nie. Daar is nog baie waar hierdie een van kom, maar ek stel hierdie liedjie vry omdat ek die mense wat my so getrou ondersteun wil beloon met ‘n nuwe liedjie met ‘n positiewe boodskap.”, vertel Jezelle.
Jezelle het in Namibië grootgeword maar woon in Pretoria. Sy skryf al haar musiek en lerieke self en is baie nou betrokke by die vervaardiging van haar musiek in die ateljee. Sy het verlede jaar ma geword en pa en baba toer en vlieg oral saam. “Sy is sommer van kleins af ‘n regte Jetsetter“, lag Jezelle as sy oor ma-wees en haar besige skedule praat.

Plekkie in die son’ is nou op alle digitale newerke soos iTunes, Google Play en so meer beskikbaar:
https://store.cdbaby.com/cd/jezelle5
https://music.apple.com/za/album/plekkie-in-die-son-single/1496319087
https://play.google.com/store/music/album?id=Bflzxnff3hwasvm4i3f5zi2jx7a&tid=song-Tr6gzcyqdamq2ozblt4r2dhtz6u

Sosiale Media:
Facebookhttps://www.facebook.com/jezellemusiek/
Webbladhttp://www.jezelle.co.za/

Ander musiekvideos:
‘Suidwes’:

Vir ons mense‘:

 

Skakel gereeld in om na jou gunsteling liedjies te luister.

Musical Venture Radio

 

Leave a Reply