Hugo Nieuwoudt en Lianie May laat ‘ou gevoelens’ weer opvlam.

Die sanger Hugo Nieuwoudt, wat verlede jaar sy splinternuwe album, Net soos die sneeu vrygestel het is terug met ’n nuwe enkelsnit wat beloof om ‘ou gevoelens’ weer te laat opvlam.Ou Gevoelens, Hugo se deut met die pragtige Lianie May, is ’n kontemporêre-popliejie uit die pen van Werner Beukes en vertel hoe al die ou gevoelens opnuut weer vlam vat tussen ou skool liefdes wat mekaar na soveel jare weer raak loop.

Hugo sê dat hul op die enkelsnit as sy volgende radiotreffer besluit het juis omdat dié liedjie ’n groei in digitale verkope getoon het. “Ek hoop die publiek word verras en hou daarvan. Dis vars en ’n lekker saamsing liedjie waarop ’n mens kan dans ook,” vertel hy.

Op haar beurt voeg Lianie May by: “Ek het dit so geniet om saam met Hugo aan die liedjie te werk en sien uit om te hoor wat die publiek daarvan dink.”

’n Musiekvideo vir die liedjie is ook in die pyplyn, maar hieroor wil Hugo nie te veel verklap nie.

Hugo, wat in KwaZulu-Natal gebore is, is reeds vyftien jaar besig in die musiekbedryf. Hy sonder veral die werk van Bobby van Jaarsveld, Juanita du Plessis, APPEL en Elvis Blue uit.

Hugo skryf musiek wat met hom praat en waarmee hy kan assosieer. “My geliefdes inspireer my asook die alledaagse lekker en gebeure van die lewe my om te skryf,” vertel Hugo.

Hugo sonder sy jongste album as een van sy hoogtepunte uit en is druk besig om die bemarking van die enkelsnit te voltooi. Verder word daar beplan aan ’n toer vir die jaar met stoppe in Noord-Wes, Gauteng en die Vrystaat.

Kliek op die name wat geonderstreep is, dit vat jou direk na iTunes, waat jy die album of lied digital kan koop.

 

Ondersteun en volg Hugo Nieuwoudt op:

Facebook: Hugo Nieuwoudt            

Twitter: @HugoNsing

 

Jy kan ook na hierdie duet en sy vorige enkelsnit luister hier op Musical Venture Radio

 

 

 

Leave a Reply