DECA stel ‘n nuwe album bekend: ‘Naturally’

Net soos die album se naam (Naturally) getuig, bring die populêre instrumentale duo, DECA, ’n splinternuwe album en stuur dit hulle repertoire in ’n meer natuurlike en organiese rigting. Douw Steyn en Herman Steyn, is weer aan die stuur van die viool– en kitaarpligte.

DECA se eerste album, Black Sails, was taamlik organies, maar met die nuwe album wou hulle dit ’n stappie verder neem. “Daar is heelwat meer organiese klanke soos perkussie, mandolien, dwarsfluit en penniefluit. Die titelsnit, Naturally, lê vir ons na aan die hart, asook Hilltop Jig wat baie divers in musikale struktuur is. Ons hoop ook dat ons weergawe van Ed Sheeran se Perfect, die hartsnare sal roer,” vertel Douw.

Daar is ook iets vir die jonger gehoor – Shut Up and Dance With Me is ’n populêre treffer op die nuwe album en met die groot oplewing in die musiek van Queen as gevolg van die film, Bohemian Rhapsody, sal die liedjie The Show Must Go On ook baie aanklank vind by gehore.

Die herinneringe en nostalgie leef voort met DECA se weergawe van André de Villiers se Memories – baie mense sal dit herken as die snit wat jare gelede in die klassieske Volkswagen-advertensie gebruik is.

Douw is die uitvoerende vervaardiger van die album en William de Bruin is die medevervaardiger.

Herman Steyn sal eersdaags ’n operasie ondergaan vir ’n paar maande buite aksie wees waartydens die baie begaafde Siobhan Lloyd-Jones vir ’n tydperk sy vioolskoene sal volstaan.

DECA se nuwe album, Naturally, is nou op alle digitale platforms beskikbaar.

Kry die album hier: https://itunes.apple.com/za/album/naturally/1447511608

LIEDJIES OP DIE ALBUM

Naturally

Perfect

Shut Up and Dance With Me

This Is Me

Hilltop Jig

Shallow

Sound of Silence

Swallowtail Jig

The Show Must Go On

It ain’t Me

Memories

 

SOSIALE MEDIA-SKAKELS

Facebook: https://www.facebook.com/decabandsa/?fref=ts

Twitter: @decaband

Instagram:  @decabandsa

 

BESPREKINGS

Herman Steyn

Sel: 079 505 2011

E-pos: johanhermansteyn@gmail.com

Leave a Reply