Saarkie is terug met ‘n nuwe enkelsnit, ‘Vir Altyd’

Na agt suksesvolle jare in die musiekbedryf, het SAARKIE beslis geen bekendstelling nodig nie. Hierdie Ghoema (Beste Rock-Album van die Jaar, Beste Album deur ’n Groep of Duo, Groep van die Jaar)- en SAMA (Beste Rock-Album)-benoemde trio het pas ’n nuwe enkelsnit vrygestel, wat nie net uit die staanspoor positief ontvang is nie, maar ook[…]

DECA stel eerste musiekvideo vry!

Die gewilde musiekgroep, DECA, se treffende snaarverwerkings het sommer uit die staanspoor harte, regoor die land, verower. Die vars, moderne en sjarmante manier waarop hulle nuwe en ou gunstelinge verwerk en interpreteer, is die sleutelbestanddeel agter hulle kitssukses en nou het hulle pas hulle eerste musiekvideo, Black Sails, uitgereik. Kyk video hier: Die duo bestaan[…]

MeZZo met ‘n nuwe enkelsnit, ‘Die Muur’

‘n Skrywer wat ‘n impak maak deur sy liedjies! Alhoewel MeZZo grootgeword het op ‘n dieet van Soul R&B (die glorieryke era van Motown en Philadelphia Soul), was sy vroegste Afrikaanse invloede: Sonja Herholdt se “Ek verlang na jou”, Ge Korsten se “Liefling” en Johannes Kerkorrel se “Hillbrow”. Hy het saam met Ralph Rabie (Kerkorrel)[…]

1925Band met ‘n nuwe enkelsnit, ‘Al te min te veel gevra’

Die populêre broer-trio, 1925Band, het pas hulle derde enkelsnit,  Al Te Min Te Veel Gevra, vanaf hulle langverwagte album, Eintlik Nogal Baie, bekendgestel. Hulle eerste enkelsnit, Eintlik Nogal Baie, wat ook die temalied van die gewilde film, Eintlik Nogal Baie was en in Augustus 2016 bekendgestel is het die nommer een posissie op verskeie radiostasies in[…]

Almarie du Preez met die enkelsnit, ‘Jy vir my’

Almarie du Preez, met haar strelende fluweelstem, het beslis geen bekendstelling nodig in musiek- of vermaakkringe nie. Dié voormalige JAM-aanbieder het oor die afgelope sewe jaar nie net naam gemaak as sangeres, liedjieskrywer, omroeper en verhoogkunstenaar nie, maar ook as aktrise, skrywer en TV-aanbieder. Haar eerste Afrikaanse enkelsnit, Jy Vir My, is pas vrygestel. Dit[…]

Hemelse harmonië met Rudi & Charné se “Miljoene Stemme”

Die samesmelting van ‘n klokhelder mans en vrouestem in duet hou ‘n eiesoortige, magiese bekoring in – iets wat Lieflinge, Rudi Claase en Charné Hugo, se splinternuwe album uitstekend beklemtoon met vokale swier en styl! Die twee het in 2015 ‘n blinknuwe Lieflingeblaadjie omgeslaan met die vrystelling van “Asemrowend” – hulle eerste album saam. Die[…]

Die lokprent van die bekroonde plaaslike film, KROTOA, is gister, 30 Mei 2017, vrygestel!

  Die lokprent van die bekroonde plaaslike film, KROTOA, is gister, 30 Mei 2017, vrygestel! Gaan kyk dit hier: Hierdie merkwaardige drama vertel die storie van ‘n vurige elfjarige Khoi-prinses (Charis Williams), wat van haar stam weggeskeur word om vir Jan van Riebeeck (die eerste goewerneur van die Kaapse Kolonie en haar oom se handelsvennoot)[…]

RymStoff met ‘n nuwe enkelsnit, ‘Gaan nie ophou probeer nie’

Die nuwe groep, RymStoff (Christoff de Beer en Raymond Ray) se eerste enkelsnit, Hartvlinders, het groot opslae gemaak toe dit vroeër vanjaar vrygestel is. Dit het al op die Top20 van verskeie radiostasies se treffersparades – waaronder Bok Radio, Groot FM en East Rand Stereo – gepronk en is tans ook te sien op kykNET[…]

Ruan Wepener se nuwe enkelsnit, ‘Vreemdeling’

  JUNIE 2017 – (PRETORIA, GAUTENG) – ‘Vreemdeling’ is ‘n splinternuwe liedjie wat vrygestel word deur Ruan Wepener.  Vreemdeling is ‘n “hybrid lied” waar mense se stemme meeste van die agtergrond musiek doen wat jy gaan hoor!  Om hierdie te kon regkry het Ruan die acapella groep, The Royal Madness, ingekry!  Hierdie talentvolle groep het[…]

%d bloggers like this: