Samantha Leonard met haar eerste enkelsnit, ‘Jou hart sal heel raak’

Die gewilde sangeres, Samantha Leonard (wat 3de in die eerste seisoen van The Voice SA geeindig het) het pas haar nuwe enkelsnit Jou Hart Sal Heel Raak, vrygestel.  Die musiekvideo vir hierdie treffende lied sal ook binnekort die lig sien.

“Die liedjie is oorspronklik deur  Vaughan en Nerine Gardiner geskryf. Toe ek hierdie liedjie vir die eerste keer hoor, het ek onmiddellik in trane uitgebars en geweet ek moet hierdie liedjie opneem en deel maak van my solo album. Dit is asof die lirieke direk met my gepraat het en ek het net geweet dit gaan ook vir soveel ander daarbuite wat deur moeilike tye gaan iets beteken, veral vir mense wat net skielik iemand spesiaal in hulle lewe verloor het en wens vir net nog een dag saam daardie persoon. Twee van my baie goeie vriendinne wat ek sussies noem en hulle ma, het onlangs hulle pa skielik aan kanker afgestaan. Ek kan myself nie indink waardeur hulle gaan en die pyn wat hulle elke dag saam hulle dra nie, maar ek wil hê hulle moet weet om dit een dag op ‘n slag te vat en weet eendag sal jou hart weer heel raak,” verduidelik Samantha.

Samantha Leonard se debuut-album album word op 1 Maart 2019 uitgereik en aanhangers kan uitsien na 13 pragtige snitte op haar eerste solo album.

 

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook: https://www.facebook.com/samanthaleonardofficial/

Twitter: @samleonard_1

Instagram: @samanthaleonard_artist

 

Luister gereeld na jou gunsteling stasie:

Musical Venture Radio

Leave a Reply