Armand Steenkamp met ‘n nuwe enkelsnit: ‘Lekker Mens’

Wat het Armand Steenkamp met wyle soos Worsie Visser, Zirk Bergh en Zak van Niekerk in gemeen? Hulle was almal LEKKER MENSE en se musiek lig jou gemoed! Vir die eerste keer in ‘n lang tyd verskyn daar ‘n lekker album, vol lekker liedjies, wat jou laat lekker voel. Selfs al gaan van die lirieke oor die swaarkry van boerdery, maar Armand draai die probleme en swaarkry op sy kop en laat jou lekker voel as jy hierna luister. Ek wil amper so ver gaan om te sê hy laat selfs die droogte dan nou lekker voel as jy so na hierdie ritmiese, opgewekte album luister wat opgeneem is aan die Weskus in Wouter van de Venter se bekwame hande en ateljee. Selfs Wouter verras ons hier en wys jy moet hom nie stereotipiseer nie.

Armand het grootgeword in die Boesmanland erens tussen Pofadder, Kliprand en die niet. Die naaste skool was Springbok waar hy wou rugby speel, sing en graag ingels praat. Die kans om ‘n Springbok te word is dus baie groter in die Boesmanland, want daar was engels nie ‘n tweede taal nie, maar ‘n vreemde taal. Hoërskool was hy in die befaamde Boland Landbou. Vandag tree hierdie boer landwyd op by enige funskie en sy konsertgangers sien telkemale die son opkom. “Solank hy net nie ingels hoef te praat nie”, sê hy.

Sy nuutste album, Lekker Mens, laat jou goedvoel sommer oor die slegte dinge van die land. Sy liefde vir visvang en jag tel jy ook so tussen die snitte se lyne op.
In 2016 was hy selfs genomineer deur die Ghoema’s vir Beste humoristiese album.

Armand se nuwe album is gelaai met humor, lekker moderne verwerkings wat jou voete gaan laat jeuk en jou van jou ‘n lekker mens gaan maak.
Met al die negatiewe waarmee ons deesdae omring word, beloof hierdie album om die beste ding te wees wat jy vir jou gemoed kan aanskaf.

Luister na die enkelsnit deur gereeld te luister na jou gunsteling stasie:

Musical Venture Radio

Leave a Reply