Jo Black se nuwe Enkelsnit is hier! ‘Voel Jy Die Genade’

Met meer as 8 miljoen YouTube kyke, 7 Ghoema toekennings, honderde vertonings en ‘n naam wat geen bekendstelling nodig het nie, kondig JO BLACK die vrystelling van sy nuwe album, VOEL JY DIE GENADE, aan.

VOEL JY DIE GENADE is ook die titel van die eerste enkelsnit vanaf Jo se opkomende album en eg aan Jo se musiek inspireer dit tot diep binne jou hart en siel. Daar is ‘n passie in sy stem en ‘n eerlike boodskap in die lirieke van die liedjie.

Ek het regtig my hart en siel in hierdie album gestort. Ek het geweldig hard gewerk aan hierdie projek en my hoop is dat dit mense sal inspireer wanneer hulle daarna luister, net soos wat dit my geïnspireer het terwyl ek dit geskep het”, sê Jo.

Kyk die video hier:

Sy debuut-album, Skepe, het die industrie soos ‘n storm getref en was bekroon met ‘n rekord getal kykNET Ghoema toekennings wat onder andere ingesluit het: Beste Nuweling, Beste album van die jaar en Beste digitale verkope van die jaar. Dié album het trippel platinum status behaal en word beskou as die beste verkoper in die industrie vir die afgelope twee jaar. Jo het ook sy debuut op die grootskerm gemaak met ‘n kameo verskyning in die suksesvolle Afrikaanse fliek, Susters.

Hy is trots daarop om geassosieer te word met Inhoud Huis Musiek en het sy splinternuwe album saam met Johan Vorster voltooi.

Hierdie voorste stem in Afrikaanse musiek is terug en hy hou aan om sy boodskap van hoop en geloof te verkondig met ‘n heerlike rock klank en inspirerende lirieke wat jou laat voel asof jy die wêreld kan oorwin wanneer jy daarna luister.

VOEL JY DIE GENADE sal beskikbaar wees op alle digitale platforms vanaf 15 Februarie 2019 en kan nou reeds vooraf bestel word op iTunes.

 

SOSIALEMEDIASKAKELS:

Facebook: https://www.facebook.com/JoBlack8/?ref=br_rs

Instagram: @JoBlack8

Twitter: @JoBlack_BTG

 

Luister op

Musical Venture Radio

Leave a Reply