Hugo Nieuwoudt met sy enkelsnit, ‘Net Soos Die Sneeu’ – Musical Venture Radio

Hugo Nieuwoudt met sy enkelsnit, ‘Net Soos Die Sneeu’

“Net soos die sneeu weer op die berge sal lê, is my verwagting dat jy my sal sê; sien ons weer môre, sien ons dan weer, en dit is al wat ek vandag in hierdie hart begeer…”     weergalm die treffende refrein van Hugo Nieuwoudt se nuwe enkelsnit, Net Soos Die Sneeu, wat pas vrygestel is.

Net Soos Die Sneeu handel oor ’n man wat steeds vasklou aan die belofte, wat sy Pa aan hom as seuntjie gemaak het; dat hy sal terugkeer na die oorlog. ’n Klein seuntjie, wie se pa op die dag van sy vertrek na die oorlog, voor hom in die sneeu kniel, en met trane in sy oë’n pinky promise aan hom maak dat hy sal terugkeer na die oorlog, wat dan nooit gebeur nie.” vertel Hugo oor dié Afrikaanse pop/kontemporêre snit uit die pen van Werner Beukes.

Hugo hoop dat die publiek die snit goed sal ontvang, aangesien die publiek vra vir goeie lirieke en melodie lyne, iets wat Net Soos Die Sneeu beslis bied. Hugo brei uit: “Dis nuut, vars, ritmies en ’n vreeslik mooi hartsliedjie wat storie vertel. Mense hou van stories. Ek het die liedjie getoets by die onlangse Innibos Fees en wat my geraak het, was die doodse stilte vir n sekonde of 2, na die liedjie stop en dan die applous wat gevolg het. Dit was vir my n teken dat die mense daarvan hou. Mense soek liedjies waarmee hulle kan assosieer of iets met betekenis. ‘n Liedjie met n storie.

Daar is ook ’n musiekvideo in die pyplyn, maar hieroor wil Hugo nog niks verklap nie. “Ons is nog druk besig met ’n hartroerende storielyn,” verklap hy.

Intussen kan aanhangers solank na hul sneusdoekies gryp want jy gaan verseker ’n traan of twee pink wanneer jy na Hugo se nuwe snit luister.

 

Volg hom op sosiale media:

Facebook: Hugo Nieuwoudt

Twitter: @HugoNsing

Instagram: @hugonsing

Leave a Reply

%d bloggers like this: