‘Môregloed’: Nuwe radiostorie gaan jou laat lag, huil en naels kou – Musical Venture Radio

‘Môregloed’: Nuwe radiostorie gaan jou laat lag, huil en naels kou

Môregloed – ʼn verhaal wat swaarbelaai is met temas soos familie-intriges, vasbyt en deernis, ʼn stryd om te oorleef, kinderontvoering en pleegsorg, die vernietigende effek van dwelms en die ewige soeke na môre – alles opgedis met ʼn goeie skoot humor.

‘Môregloed’: Nuwe radiostorie gaan jou laat lag, huil en naels kou. Maroela Media werk skouer aan skouer met Bettie Kemp, een van die land se beste vervaardigers, om Môregloed die lig te laat sien. Joe Kleinhans, bekroonde radiodramaskrywer, is die skrywer van Môregloed.

“Ons wil die storie vertel van armoede, maar ook oorvloed; van sopkombuise en viertrekvoertuie; van familietwis en hartseer, maar ook versoening, vergifnis en vreugde. Ons wil luisteraars laat lag, laat huil en laat naels kou. Hulle moet lief raak vir ons karakters, en ook ʼn bietjie van hulself in elke storie herken.”

“Luisteraars wat hulle verlekker in radiostories se intriges besef selde hoe duur en arbeidsintensief dit is om so ʼn storie te vervaardig,” verduidelik Lombaard. “ʼn 24 weke radiovervolgverhaal soos Môregloed kos sowat R450 000 om te vervaardig, en die vervaardiging duur sowat agt weke. Die goeie nuus is die inspuiting wat so ʼn produksie vir Afrikaans is: heelwat werksgeleenthede word geskep, gemeenskapsradiostasies kry ʼn verhaal van hoogstaande gehalte sonder dat dit hulle ʼn sent kos, en die Afrikaanse gemeenskap kan luister na ʼn drama wat hulle vir ʼn paar minute elke dag laat ontvlug van die werklikheid om hulle. Dis ʼn wen-wen vir almal!

Vir meer inligting besoek gerus die volgende skakels

https://maroelamedia.co.za/goeiegoed/goeie-nuus/moregloed-nuwe-radiostorie-gaan-jou-laat-lag-huil-en-naels-kou/
https://maroelamedia.co.za/

En waar kan jy luister in die buiteland, Of Suid Afrika?

Musical Venture Radio 

Radiospelers

 

Leave a Reply

%d bloggers like this: