Wynand Strydom se nuwe enkelsnit en video, ‘Gebed’ – Musical Venture Radio

Wynand Strydom se nuwe enkelsnit en video, ‘Gebed’

Wynand Strydom het oor die afgelope vyftienjaar vir homself ’n stewige plek in die Afrikaanse musiekbedryf gevestig.  Dié oud-Pretorianer het al die verhoog met bekende name gedeel en by die grootste musiekfeeste opgetree.  Sy splinternuwe album, SKIELIK IS JY VRY, is ‘n treffende huldebly aan een van die musiekbedryf se grootste legendes, Koos du Plessis en word amptelik op die 13 Julie 2018 uitgereik.

Die lewe en die draaie wat dit loop, is sy grootste inspirasie wanneer hy musiek skryf en hy het groot bewondering met sangers soos Leonard Cohen, Johnny Cash en Kris Kristofferson.

Wynand is ook besig om die nuwe album te omskep in ’n teaterstuk. “Ek glo dat dit nodig is vir almal om Koos se musiek te ervaar. Om saam met mense te werk wat hom geken het, soos Laurika Rauch en Amanda Strydom, sal ook vir my ’n groot voorreg wees verklap die gewilde sanger.

Wynand het in Pretoria grootgeword, maar het in 2006 na die Weskus verhuis en woon tans saam met sy vrou Chereé en twee dogters in Langebaan. Hulle het reeds drie duet-albums saam opgeneem en ’n nuwe een word vir die nabye toekoms beplan.

Die eerste enkelsnit vanaf hierdie album, GEBED, pas die sanger se diep, hoendervleismooi basstem soos ‘n handskoen en dwing jou tot stilstand en om te luister.

“Ek is my lewe lank al baie lief vir Koos du Plessis se musiek. Dit was nog altyd ’n droom om al my gunstelingliedjies op een album op te neem en GEBED is verseker een van hulle,” verklap die gewilde sanger, Wynand Strydom, oor die inspirasie agter sy agtste solo-album wat oppad is. GEBED is een van Koos se liedjies wat nie vra vir oorbode storielyne in ‘n musiekvideo nie. Dit gaan absoluut oor die lirieke en ek wou nie gehad het dat ‘n besige video afbreek daaraan doen nie.  Dit is ‘n baie gewyde lied en ek dink dit is iets wat die video perfek vasvang. Intiem en eenvoudig soos Koos dit sou wou gehad het,” vertel Wynand.

Die hele album sal bestaan uit snitte uit Koos du Plessis se pen, wat wissel tussen gewilde treffers en ander minder bekende liedjies.

Wynand het in Pretoria grootgeword, maar het in 2006 na die Weskus verhuis en woon tans saam met sy vrou Chereé en twee dogters in Langebaan. Hulle het reeds drie duet-albums saam opgeneem en ’n nuwe een word vir die nabye toekoms beplan.

Die video is vervaardig deur De Wet Wright van DW Creative en is in die pragtige dorpie, Riebeeck Kasteel, in die Kaap geskiet.

Kyk die video hier:

VOLG HOM OP SOSIALEMEDIA

Leave a Reply

%d bloggers like this: