Wynand Breedt met sy debuut album, ‘Gee My Een Wens’

“Deel van my droom is om ander mense se drome ook te bewaarheid!” sê die sanger, musikant en liedjieskrywer Wynand Breedt. Sy debuutalbum heet gepas Gee My Een Wens.

Dié album bevat 13 snitte, waarvan sewe oorspronklike nuutskeppinge is. Wynand het die lirieke van vyf van daardie snitte geskryf, wat deur die musiekvervaardiger getoonset is.

Dit is ‘n eerlike album wat fokus op die mense se feilbaarheid, maar ook op innerlike krag, keuses, groei en hoop.

Dié boorling van Stellenbosch sing al sedert sy agtste verjaardag. In  1988 was hy ‘n seun-sopraan in die Tygerberg-kinderkoor. Teen 1990 het sy stem in ‘n ryk bas verander en is in die Kaapse Jeugkoor benut.

Hy is ‘n talentvolle kunstenaar, wenner van verskeie eisteddfods en musiekkompetisies, aan UNISA geskool in musiekteorie en verskeie instrumente, onderrig by Delycia Malherbe se musiekskool en sedert 2010  vokaal deur die musiekonderwyseres Riana van Wyk geslyp.  Hy het sy Graad 8-eksamen aan die Trinity College of Music in vokale poprock afgelê.  Deesdae bedryf dié olyfboer ook sy eie opname-ateljee op die familieplaas in Nuy Vally, Worcester.

Met dié indrukwekkende musikale agtergrond bied Wynand ‘n luistervriendelike album. In ligte klassieke popstyl.  Die repertoire – wat treffers van Gé Korsten, Bles Bridges, David Kramer, Anneli van Rooyen en Abba insluit, ontgin sy stem en veelsydigheid ten volle.

Sy eie liedjies – Gee my een wens, Die afskeid, Seisoene, Iemand in jou niemand en Second Chance – ontgin die temas van verlies en verdriet, ontwaking en herlewing, afskeid en bepeinsing.

Die klankryke orkestrasie – met ʼn strykerseksie van die Traxtudio Film Orchestra en soomsangproduksie deur Martelize Voigt  – komplementeer Wynand se boeiende stem.

Waardeer musikale gehalte!

 

LIEDJIELYS

1 Laat my lewe, laat my liefhê

2 Net soos nou (Mari Bosman)

3 Wegraak (Mari Bosman)

4 Iemand in jou niemand

5 Gee my net een wens

6 Second Chance

7 Sonder jou

8 Ek mis jou so

9 Die afskeid

10 Skipskop

11 Slipping Though my Fingers

12 Seisoene

13 Soos ou vriende

BONUS

Musiekvideo van Wegraak

 

Vervaardig en verwerk

deur Riaan Steyn

In Maart 2018 uitgereik deur

Traxtudio Worldwide Distribution & Red Revolution

 

Leave a Reply

%d bloggers like this: