Marcato met ‘n nuwe enkelsnit, ‘Jy’s die een’

Marcato, bestaan uit: Pieter Smit (Sang & kitaar), Ben van Zyl (Sang, kitaar, mondfluitjie & klavier), Euan Nel (Tromspeler), Jerry Spangenberg (Elekriese kitaar) en Erik Swart (Elektriese baskitaar).

Hulle een van Suid-Afrika se belowendste musiekgroepe, het diep in gehore se harte gekruip met hulle interessante vermenging van musiekstyle soos folk, country, bluegrass en akoestiese rock.

Marcato, ʼn musiekterm uit Italiaans wat “klem op note” beteken, is ʼn groep van vyf musikante wat daarna smag om betekenisvolle musiek te maak.

Marcato is in 2008 gestig deur ʼn hegte groep vriende en het sedertdien in getalle gegroei en hul kwaliteit verfyn. Die groep het al by verskeie bekende feeste soos Aardklop, KKNK en Innibos opgetree en het ook al by verskeie plekke dwarsoor die land musiek gemaak.

Marcato is bekend vir hul energieke optredes en diverse musiekstyle. Die groep tree ook by private en korporatiewe funksies op en sing oorspronklike liedjies sowel as hul weergawes van bekende liedjies. Maracto is ook betrokke by verskeie huldeblykvertonings soos Simon & Garfunkel, Bob Dylan en AC/DC.

Marcato se debuutalbum When His Whistle Blows is in 2011 vrygestel en spog met 13 oorspronklike akoestiese folk-ballades. Dié Engels en Afrikaanse album bevat ook die lied 100 000 keer wat al op verskeie radiostasies gespeel het. Die liedjie se video is ook gereeld op die kykNET Musiek-kanaal te sien.

Hul nuutste almum, Vrede vir Almal is egter hulle eerste volledige Afrikaanse album. Die album is wel onlangs vrygestel, maar trek reeds baie aandag en die terugvoer is baie positief! Die liedjies vir hierdie album is gebore tydens ‘n toer en op ‘n plaas in Kuruman. “Elke aand wanneer net die maan die plaas verlig, was die silhoeëtte van die berge en maan duidelik” – Marcato

Vrede vir Almal is beskikbaar by alle digitale musiekwinkels, asook Marcato optredes.

Sosiale media:
Facebook: https://www.facebook.com/Marcatoband/
Instagram: @marcatoband
Twitter: @Marcatoband_SA

Vir besprekings: kontak Pieter op 082 567 2792
of stuur ‘n epos na: pieter@legatoartists.co.za

Leave a Reply

%d bloggers like this: