Kersfees – Bekoor’ – Die 1 album wat elke huis móét hê hierdie feesseisoen.

Met die Feesseisoen om die draai skitter min albums só helder met Bethlehem Ster glorie soos die splinternuwe album “Kersfees – beKOOR”
– die engelstem-koor samestelling van 10 van SA se gewildste kunstenaars.

Elizma Theron, Nicholis Louw, Ray Dylan, Refentse, Brendan Peyper, Liezel Pieters, Elandré, Sean Butler, Rudi Claase en Charné Hugo is elkeen uitmuntende kunstenaars in eie
reg, maar op hierdie album span hulle hul stemme in vol harmonie saam ter viering van die geboorte van die Koning van konings.

Die album bestaan uit 14 van die mees bekende Afrikaanse Kersliedere, wat keurig deur Sean Butler omtower is in koorverwerkings met aangrypende sopraan-, alt-, tenoor- en baslyne, sowel as uistaande solostukke.

Dit voer ‘n mens mee op ‘n reis terug in tyd, meer as twee duisend jaar gelede, toe God mens geword het, en dra ‘n eeue-oue boodskap met hernude geesdrif en blydskap oor wat die wonder wat Kersfees is weer opnuut in jou hart sal laat vlamvat!

Bekende gunstelinge soos “Stille Nag”, “Dis Kersfees”, “Somerkersfees”, “Bethlehem Ster”, “Al was ek nie daar nie”,
Jerusalem” en “Hierdie Kind” word – soms met ‘n eenvoudige enkel instrument en stem, soms in duet en ander kere in vol koor en -simfonie – in jou hart en siel ingesing.

Kersfees- beKOOR” is ‘n meesterlike verwerking van jou gunstelinge, deur jou gunstelinge – die perfekte klankbaan
vir ‘n gewyde, liefde-gevulde Feestyd saam met jou hartsmense.

Die album is nou landswyd beskikbaar en op iTunes asook Amazon.

Leave a Reply

%d bloggers like this: