Almarie du Preez stel nuwe musiekvideo bekend!

Almarie du Preez se eerste Afrikaanse enkelsnit, Jy Vir My, is gedurende Junie 2017 bekendgestel. Dit is ’n lekkerluister-poptreffer met betekenisvolle lirieke en ’n meesleurende wysie, wat verseker die luisteraars se aandag getrek het.

Die amptelike musiekvideo vir hierdie liedjie word nou, gedurende Oktober 2017 bekendgestel. Soos die liedjie, handel dit oor die ontdekking van ewigdurende liefde, hoewel die musiekvideo ook kyk na die nostalgie wanneer herinneringe in jou bly voortleef, ten spyte van die lewe se gang.

Kyk die video hier: 

Die video is op een van Almarie se gunsteling strande in die Wes-Kaap, Melkbos, verfilm en ekstra spesiaal omdat dié plek haar baie naby aan die hart lê. Gedeeltes van die video is ook op Kampsbaai geskiet en die terugflitse in ‘n hotel by Kampsbaai. Die produksiehuis, Mad Hatter’s Collective was verantwoordelik vir die maak van die video. Steven Brooks en Nelia Joubert het gehelp om die konsep vir die video te verfyn, terwyl Hardus Vermaak dit op kamera vasgevang het. Met die dat beide Steven en Hardus natuurlewe kinematograwe is, was hulle die perfekte keuse vir ’n video wat geskiet moes word in die buitelug. Tessa Barlin het hand bygesit as kamera assistent. “Ons was gelukkig dat die weer saamgespeel het en ons ’n sonskyn dag gehad het om op die strand te verfilm. Ons het die video baie eenvoudig gehou, sodat die boodskap van die lirieke en musiek steeds sterk kan deurslaan”, sê Almarie. “Alles in die video wys deeltjies van my gunsteling dinge: die oseaan, my gunsteling kleur blou, my gunsteling kontinent Afrika (hangertjie om my nek) en my gunsteling manier van lewe: eenvoudig. Want ek glo ware liefde stroop jou van alles wat nie saakmaak nie en vorm jou hart tot dankbaarheid. Dit suiwer jou van die onbenullighede in die lewe en laat jou asemhaal vir ’n doel buite jouself”, gaan sy voort. “Soos mense sal sien, wys ons ook nooit die gesig van die ander party wat teenoor my speel nie, want dit gaan nie oor wie nie, maar oor die gevoel wat ware liefde in ons wakker maak en die voorreg om daardie liefde in jou lewe te ervaar. Ek hoop dat mense dit sal kyk en die liefde wat hulle ontvang en kan uitdeel sal koester en waardeer, in die oomblik, want mens weet nooit wat more bring nie.”

Die span agter die video:

Regisseur: Steven Brooks & Nelia Joubert

Kamera: Hardus Vermaak

Kamera assistent: Tessa Barlin

Vervaardiger: Steven Brooks

Lugfotografie: Hardus Vermaak

Konsep: Almarie du Preez, Nelia Joubert & Steven Brooks

Produksiehuis: Mad Hatter’s Collective

 

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook: https://www.facebook.com/almarie.dupreez?hc_ref=SEARCH&fref=nf

Twitter: @almarieviraltyd

Instagram: @almarieviraltyd

Leave a Reply

%d bloggers like this: