Geraldine Scholtz reik splinternuwe musiekvideo uit!

SOMMER is ’n popliedjie uit die pen van Johan Oberholzer en gaan oor ’n meisie wat verlief is op iemand wat haar nie raaksien nie. Die treffer is die perfekte pasmaat vir die nuweling se sterk, helder stem en is beslis iets waarby gehore van alle ouderdomme sal aanklank vind.

Die musiekvideo van die enkelsnit is op die 29ste September 2017 op die gewilde kykNET Top20 program amptelik bekendgestel en kykers is gaande daaroor!

Kyk die video hier:

Die video is by 012 Central in Pretoria deur Gerhard van Rooyen verfilm. “Ek het vandat ek die liedjie vir die eerste keer gehoor het, presies geweet wat ek wou hê vir die musiekvideo. Dit speel in twee vertrekke – lig en donker – af, wat verskillende betekenisse simboliseer. Die ligte vertrek gaan oor die hartseer wat die meisie ervaar omdat die persoon nie dieselfde voel as sy nie, terwyl die donkerder vertrek meer warmte het en die verliefdheid wat sy voel uitbeeld,” verklap Geraldine. “Gerhard en sy span was ongelooflik. Ons het so lekker gelag en ek het werklik elke oomblik van die dag geniet.”

SOMMER is die perfekte kombinasie van treffende lirieke en ’n lekkerluister-wysie, wat haar stem op sy beste laat vertoon. Met dié treffer vestig sy haarself stewig in die musiekwêreld.

SOSIALEMEDIASKAKEL:

Facebook: https://m.facebook.com/GeraldineMusicSA/

Twitter: @geraldineS02

Instagram: @geraldine_scholtz

YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCt28Dxj28HQswt4zdHyTiEw?app=desktop

Pinterest: https://za.pinterest.com/geraldinescholt/ 

Webblad: www.geraldinescholtz.com 

Leave a Reply

%d bloggers like this: