‘Van der Merwe’ besprekings nou oop!

Suid-Afrikaners kan vanaf 26 Julie 2017 via Ster Kinekor en Nu Metro kaartjies bespreek VAN DER MERWE, wat vanaf Vrydag 28 Julie 2017, in fliekteaters landwyd te sien sal wees.
Besoek die volgende skakels om jou kaartjies nou te bespreek:

STER KINEKOR https://movies.sterkinekor.co.za/Browsing/Movies/Details/h-HO00000456
NuMetro: https://www.numetro.co.za/#/movie/5580

Kyk die lokprent hier:

Die huishoudelike naam, vriend, en buurman, VAN DER MERWE, is eersdaags op die silwerskerm. Die rol van Van der Merwe word vertolk deur die welbekende en talentvolle Rob van Vuuren.
Rob sê hy het ‘n fantastiese tyd op stel gehad en dit was ‘n wonderlike ervaring. “Dit was ‘n onvergeetlike ervaring en geleentheid om so ‘n ikoniese karakter te vertolk. Ek dink mennse gaan lekker lag om te sien hoe Van lewe kry op die grootskerm en ek hoop hulle kan hulself in sekere situasies vereenslewig met die karakter. Ek het dit baie geniet om Van te speel en ek hoop die kykers geniet,” voeg Rob by.

Vervaardigers Craig Jones, Bruce Macdonald, Murray Macdonald en Bruce Lawley bring ’n splinternuwe, tong-in-die-kies familiekomedie na die grootskerm, ten volle toegerus met sy wanopvattings, vooroordele en kenmerkende onvermoë om suksesvol te wees. Die film speel af op ’n plaas in Suid-Afrika.
Die film vertel die verhaal van Van se dogter, Marike, wat terugkeer na ’n oorbruggingsjaar in England. Maar sy is nie alleen nie. Haar verloofde, George, ’n Britse mediese student is aan haar sy. Dit skep die perfekte geleentheid vir talle probleme en uitdagings…

VAN DER MERWE is ’n goedvoel-fliek. Ons wil hê dat mense die teater moet verlaat met ’n glimlag en die positiewe boodskap dat alles oukei sal wees, ongeag van jou omstandighede of tekortkominge. Maar dan moet jy vir jouself kan lag. Jy kan die lewe nie te ernstig opneem nie. Bly getrou aan wie jy is, moenie moed opgee nie en hou altyd aan met glimlag,” meen Lawley.

Behalwe vir van Vuuren se uitmuntende vertolking van Van, sluit die rolverdeling ‘n hele reeks bekende name in soos Ian Roberts, Chanelle de Jager,  Reine Swart, Adrienne Pearce, André Jacobs, Rika Sennett, Erica Wessels, Louw Venter,Benedikt Sebastian, Matthew Baldwin, Neels van Jaarsveld en Melt Sieberhagen om maar net ’n paar te noem. Kurt Darren maak ook ’n gasvertoning as ’n sanger by die troue en Barry Hilton speel die rol van Freddie, die kroegman en Van se beste vriend.

VAN DER MERWE beloof om kykers te laat skaterlag met skreeusnaakse familie- en kultuurkonflik, ongemaklike situasies, en katastrofes wat die Van der Merwe-titel meer as gestand sal doen. Dié rolprent word versprei deur Ster-Kinekor Entertainment en word op 28 Julie 2017 vrygestel.

 

 

LYS VAN TEATERS

SterKinekor Teaters (32)
Northcape
Baywest
Tygervalley
Cape Gate
N1 City
Bayside
Blueroute
Somerset Mall
Eikestad
Promenade
Garden Route Mall
Maerua Mall
Mimosa
Gateway
Northgate
Matlosana
Wonderpark
Centurion City
Brooklyn Comm
Forest Hill
Kolonnade
Rustenburg
Irene Mall
Rosebank Zone
Sandton
Cresta
Mall at Carnival
East Rand Mall
Greenstone
Riversquare
Festival Mall
Northmead

NuMetro (10)
Canal Walk
Clearwater
Galleria
Key West
Loch Logan
Menlyn Park
Parkview
V&A Waterfront
Welkom
Worcester

Onafhanklike teaters (8)
Atlanta Cinema
Epic Mall @ Reds
Epic Northridge
Maxi Cineplex
Movies @ Emnotweni
Movies @ Monte
Movies @ Silverstar
Movies @ The Ridge

SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebookhttps://www.facebook.com/vandermerwefilm/
Twitter: @vandermerwefilm

Leave a Reply

%d bloggers like this: